Friday, March 12, 2021

LAPA/PRHSA stel bekend: LUCA! 📚

 

PRHSA STEL NUWE DRUKNAAM VIR
CHRISTENMARK BEKEND

 

Penguin Random House Suid-Afrika het pas ’n nuwe Christendruknaam genaamd LUCA bekend gestel. Die naam is afgelei van die Latynse woord ‘lux’ wat ‘lig’ beteken en weerspieël hoe LUCA lesers sal help en lei om hoop, inspirasie en antwoorde te kry in ’n wêreld waar dit al hoe moeiliker word om gelowig te wees en te bly.
 
Veronica Scholtz, uitgewer van LUCA, sê die druknaam se aanbod sal modern wees en leesstof aan alle ouderdomme bied, van kinders tot volwassenes, met ’n wye verskeidenheid genres van fiksie tot nie-fiksie. “Ons is toegewyd en opgewonde om nuwe inspirerende stories en boeke oor die Christelike lewe en die studie, begrip en genot van die Bybel te publiseer,” sê Scholtz.
 
Lesers kan uitsien na:

  • Opbouende en inspirerende boeke wat gesonde spirituele groei aanwakker.
  • Vermaaklike kinderboeke met ’n geloofgebaseerde tema deur geliefde skrywers.
  • Plaaslike stories deur Suid-Afrikaners wat maniere gevind het om terugslae deur hul geloof te bowe te kom.
  • Boeke wat die leser lei tot ’n dieper verstaan en toepassing van die Bybel.

 
Die eerste publikasie, wat in April bekendgestel word, is die fiksieboek vir volwassenes getiteld Arendsvlerke vir Siebert deur die bekroonde skrywer Elsa Winckler. Dit is ’n aangrypende en boeiende verhaal oor liefde, oorwinning, Christelike waardes, en die impak van dwelmmisbruik op ’n gesin. Winckler sê: “Ek is trots om die eerste skrywer te wees wie se boek by LUCA uitgegee word! My boek gaan oor die vernietigende gevolge van dwelmmisbruik op ’n geliefde. Ek het Arendsvlerke vir Siebert geskryf om hoop te gee aan almal wat al moes saamleef met verslawing of emosionele ondersteuning gebied het aan verslaafdes.”
 
LUCA se boeke sal vanaf April aanlyn en landwyd by boekwinkels beskikbaar wees.
 
Vir meer inligting besoek www.lapa.co.za.

Volg ons op sosiale media:
Facebook - @LucaLife.LucaLewe
Instagram - @LucaLife_LucaLewe

 

 

 

Facebook

Instagram

Website

 

 

Copyright © 2021 LAPA Uitgewers, All rights reserved.
As een van ons gewaardeerde intekenare stuur ons graag hierdie LAPA nuusbrief aan jou.

Our mailing address is:

LAPA Uitgewers

Bosmanstraat 380

Pretoria, Gauteng 0002

South Africa


Add us to your address book



Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

No comments:

Post a Comment