| 
  
   
    |     
    
     
      | 
       
        | 
 Skerwe - Sally PartridgeSes vriende woon
        ’n musiekfees in die Cederberg by. Net vyf kom terug.
 Vir haar sewentiende verjaarsdag nooi Demi Crowley haar vyf beste
        vriende saam met haar na ’n musiekfees vir die partytjie van die
        dekade. Maar wat veronderstel was om die beste nag van hulle lewens te
        wees, verander in ’n nagmerrie wat nie een van hulle ooit sal vergeet
        nie.
 Skerwe
        is ’n holderstebolder, weghol-verhaal oor liefde, verlies en vriendskap
        wat jou lank gaan bybly.
 
 Skerwe
        is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn.
 
 
 
 |  |  | 
       
        | 
 Flippie word ’n vlieg - Fanie ViljoenWaarskuwing: Een van die hoofstukke in hierdie boek is superjiggie!
 
 Sal jy daarvan hou om plekke te ruil
 met ’n VLIEG? Natuurlik nie.
 
 DIT SAL AAKLIG WEES!
 
 Maar dis presies wat met Flippie Visagie gebeur. So, moet liewer nie
        die boek lees nie.
 Dit gaan jou NAAR maak. Rêrig-êrig naar!
 
 Flippie word ’n
        vlieg is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en
        aanlyn.
 
 
 
 |  |  |    
    
     
      |  | 
       
        | Tania Brink-Omnibus 1Lees nou drie van Tania Brink se gewildste tienerliefdesverhale in een
        lekkerlees-liefdesomnibus!
 
 My hart is vol
        graffiti
 Lara het die perfekte ou. Maar wanneer sy en haar beste vriendin,
        Vanessa, ’n artikel vir ’n tienertydskrif moet skryf oor graffiti,
        ontmoet hulle ’n regte graffitikunstenaar wat hulle aan ’n opwindende
        nuwe wêreld bekend stel ...
 
 My eerste soen en
        ander dinge wat jou uit die bloute kan tref
 Toe Reza op haar blog vertel van haar rampspoedige afspraak met ’n ou
        van die seunskool, het dit onverwagte gevolge. Skielik kan sy uit
        honderde ouens kies – en een van hulle sal die kans kry om haar op ’n
        droom-date te vergesel ...
 
 Ouens is nie pizzas
        nie
 Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in ’n pizzarestaurant.
        Hulle ontmoet twee aantreklike boeties … en dinge raak warmer as
        ‘n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!
 
 Tania Brink-omnibus
        1 is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn.
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | Vuil Ferdie-reeks - Geskryf deur Alan MacDonald
        & vertaal deur Jaco JacobsBurp!
 Ontmoet vir Vuil Ferdie, ’n seun wat daarvan hou om in sy neus te grou!
        Hy voer wildvreemde planne in die mou en is gereeld in die moeilikheid.
        Lees in hierdie storie hoe Ferdie ’n aaklige skoolete hou; sy hond vir
        honde-opleiding vat en seker maak sy sussie se partytjie loop verkeerd
        ...
 
 Eeuw!
 In hierdie boek kan jy lees hoe Vuil Ferdie sy stinkerige hond probeer
        bad; vir sy juffrou groot laat skrik op ’n skooluitstappie en hoe
        Ferdie dit skelm regkry om self hand by te sit in die ontwerp van die
        nuwe skooluniforms.
 
 Kieme!
 Vuil Ferdie is terug met nog planne! In hierdie boek probeer Ferdie om
        sy sussie se siekte aan te steek; saam met Ouma by ’n kompetisie te
        dans en om kragte te meet met die nuwe kinderoppasser wat selfs
        grilleriger as hy is.
 
 Die Vuil Ferdie-reeks is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel en
        aanlyn.
 
 |  |  |    
    
     
      | 
       
        | 
 Volg ons op sosiale
        media |  |  |  |  | 
No comments:
Post a Comment