|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet
Akademies
|
Nuusbrief 850
20/05/2021
|
Krities Afrikaans
|
Kunswoordeboek
Redakteurs: Alex Duffey
& Susan Roets
Uitgewer: Protea
Boekhuis
ISBN: 9781485300564
Daar het
’n behoefte ontstaan aan ’n moderne woordeboek vir die beeldende kunste.
’n Verteenwoordigende groep vakspesialiste en -deskundiges uit ’n
verskeidenheid velde en subvelde is genader om termlyste by te dra.
|
|
|
|
Israel en Palestina: Draadsit raak nou ’n luukse
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Die tyd toe ons kon agteroorsit en die
konflik in die Wesbank afmaak as godsdienstige geskille, of ’n probleem van
die Midde-Ooste wat niks met ons te doen het, is verby. Die tyd toe ons kon
oë toemaak is verby."
|
|
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Sakkie
Spangenberg
Freek Robinson, Sakkie Spangenberg
Onderhoude
Sal die konflik tussen Israel en die Palestyne
ooit opgelos word? Freek Robinson gesels met Sakkie Spangenberg, professor
emeritus en navorsingsgenoot verbonde aan die Departement Bybelse en
Antieke Studie aan Unisa.
|
|
Die US het probleembeleid eerder as ’n kommunikasieprobleem
Conrad Steenkamp
Universiteitseminaar | University Seminar
"Hierdie poging weerspieël egter ’n kultuur
van beleg waarin kritici wat die US as 'fundamentalisties' ag, as sinistere
kragte gedemoniseer en gemarginaliseer word. Die verwysings na
kwaadwilligheid en geheimsinnige magte ruik na die paranoia van ’n totalitêre
sisteem en verskyn in die narratiewe van hardkoppige diktators die wêreld
oor."
|
|
Grondwet ná 25 jaar steeds SA se beste waarborg teen
ineenstorting
Christi van der Westhuizen
Menings
Die Grondwet word tans aan allerlei aanslae
onderwerp. In weerwil van pres Cyril Ramaphosa wat haar analise as ’n
"hersenskim" voor die Zondo-kommissie bestempel het, trotseer
Christi van der Westhuizen in haar eerste, gereelde Nuusknars-podsending
tog maar weer die sleurstrome van ideologie, politiek en korrupsie waarin
Suid-Afrika heen en weer gepluk word. Nuusknars analiseer die postkolonie
deur nuusgebeure van verskillende hoeke te bekyk.
|
|
In memoriam: Cecyl Esau
Hein Willemse
In memoriam
"Dit is met groot hartseer dat ek vandag
hulde bring aan my vriend, Cecyl Esau. Cecyl was a loyal friend, someone
who cared deeply and who would go the extra mile for a friend – in my case,
quite literally. The Latin phrase acta
non verba – actions, not words – comes to mind."
|
|
Miniseminaar: Die 2020-Bybelvertaling
LitNet
Seminare en essays
In hierdie miniseminaar bespreek kundiges wat by
die 2020-Bybelvertaling in Afrikaans betrokke was, aspekte waarmee hulle
tydens die vertaalproses te doen gekry het. Die rol van taal en kultuur in
die omgang met brontekste van die Ou en Nuwe Testament, asook die literêre
en taalkundige aspekte van die vertaling, word onder die soeklig geplaas.
|
|
Hoekom die 2020-Bybelvertaling "moes
gebeur"
Christo HJ van der Merwe
Seminare en essays
Christo HJ van der Merwe lewer die tweede bydrae
tot LitNet se miniseminaar oor die 2020-Bybelvertaling in Afrikaans. Hy
verduidelik waarom dié vertaling in die eerste plek nodig was.
|
|
Kom plant ’n boom vir Afrikaans
Willem de Swyger
Menings
"Ek wil ’n dieperige gat grawe in Afrika se
vrugbare aarde en die boompie staan maak in dié rooibruin grond. Op my eie
manier wil ek die boompie voortdurend natlei deur my aksies. My hoop is dat
die boom mettertyd sal groei en sy kroon sal span teen die hemel se wye
blou boog. Dat dit die storms, reën en wind sal oorleef."
|
|
Van monarge en monumente gepraat
Nini Bennett
Rubrieke
"Megxit
is ’n gelaaide nuutskepping: Dit verwys na prins Harry, die hertog van
Sussex, en sy vrou, Meghan Markle, wat op 8 Januarie 2020 op Instagram
aangekondig het dat hulle gaan uittree as senior koninklikes en finansieel
onafhanklik gaan word."
|
|
Met rooi skoene anderkant die reënboog
Deborah Steinmair
Rubrieke
"Kobus het op laerskool opgemerk dat vir
iemand wat haar nie steur aan klere nie, ek darem baie verknog was aan my
rooi kerkskoene. ’n Mens het maar net een paar kerkskoene gehad, maar dit
was waar. In daardie skoene het ek soos Dorothy in The wizard of Oz gevoel.
Hy weer het esse gegooi op sy swierige pers Chopper-fiets. Ek dink nie ons
het toe al vermoed dat ons op die reënboogspektrum is nie."
|
|
Vuurpyllanseerders en vals poskodes oorheers die
Covid-nuus in België
Izak de Vries
Meningen
"Daar is inderdaad antivaksers in België;
die man met die vuurpyllanseerder is dalk ’n ekstreme voorbeeld. Die
regering probeer tans baie hard om oorreding te gebruik, nie strafmaatreëls
nie. Almal wil tog 'zodat we stukje bij beetje weer het gewone leven kunnen
oppikken'."
|
|
De geheimzinnige gedichten van Herman Leenders
Hendrik Carette
Literatuur
"De nieuwe dichtbundel van Herman Leenders
heeft als titel Overstekend
wild. Al in de tweede versregel van het eerste gedicht valt de
naam van Adriaan Roland Holst. Maar de dichter Herman Leenders (Brugge,
1960) die op de grens van Oost- en West-Vlaanderen woont is zeker geen
epigoon. Hij leeft en schrijft in zijn eigen taalcocon: schijnbaar
koudbloedig en onbetamelijk stil bevat elk mooi gedicht en elk in memoriam
een goed bewaard soms zelfs zeer geheimzinnig geheim."
|
|
Die lang messe in die ANC is uit
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die lang messe in die ANC is nou behoorlik
uit vir mekaar. ’n Bloedige regstryd waarin die verskillende faksies mekaar
in die hof gaan beveg is op hande na die tydelike skorsing van Ace
Magashule. Intussen het Jacob Zuma die afgelope week gedreig om sekere
'diep geheime' van die ANC te verklap as daar nie opgehou word hom te
'teiken' nie."
|
|
Solidariteit hof toe oor Kubaanse ingenieurs
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die vakbond Solidariteit glo egter die
regering speel nie oop kaarte met die publiek oor waarom Suid-Afrikaners
kwansuis nie die werk kan doen nie."
|
|
Plaasmoorde neem toe en word al hoe wreder
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"In 22% van die aanvalle is slagoffers wreed
gemartel deur hulle met strykysters te brand, dood te slaan of dood te
skop, of herhaaldelik met ’n skerp voorwerp te steek."
|
|
Wiskunde: graad 9, tweedekwartaal-vraestel en -memo
Lee-Ann West
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 9 en wil jy hierdie kwartaal
wiskunde baasraak? LitNet het gratis hulp. Klik op die skakels en laai ’n
oefenvraestel en memo vir die tweede kwartaal af.
|
|
LitNet-blokraai: Massamedia
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle
Die ontploffing van
digitale-kommunikasie-tegnologie in die laat 20ste en vroeë 21ste eeu het
die volgende vraag prominent gemaak: Watter vorme van media moet as
"massamedia" geklassifiseer word? Jonk en oud kan hierdie
blokraai geniet, by die huis of in die klaskamer.
|
|
LitNet-blokraai: Inligtingstegnologie
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle
Inligtingstegnologie is die studie van data, die
verwerking van data tot bruikbare inligting en die bestuur, aanbieding en
verspreiding daarvan. Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word,
of vir die pret by die huis.
|
|
Op soek na Saartjie: In gesprek met Langenhoven se agterkleinkind
Willemien Brümmer, Izak de Vries
Onderhoude
"Nie ek of my pa óf, glo ek, die Langenhoven
Gedenkfonds, het enige probleem daarmee dat daar moontlik ’n kind kon
gewees het nie. Dit maak Langenhoven trouens net interessanter. Maar daar
is helaas ’n baie groot verskil tussen feite en verdigsel."
|
|
Shaping Addo by Mitch Reardon: reader impression
Louise Viljoen (JBay)
Books and writers
"I thoroughly enjoyed reading Shaping Addo. Reardon
writes both knowledgeably and entertainingly about the history of the park
as well as its current endeavours."
|
|
Lockdown recipes & stories: ’n lesersindruk
Louise Viljoen (JBay)
Lesersindrukke
"Dié kookboek is tjokkenblok vol resepte en
motiverende stories deur bekendes, sjefs en tuiskokke. Dit is ’n viering
van ons Suid-Afrikaners se veerkragtigheid en hoopvolle gesindheid
gedurende en ten spyte van die nasionale grendeltyd."
|
|
First sip: Our
long walk to economic freedom
by Johan Fourie
LitNet
LitNet Eerste Slukkie | First Sip
"The Atlantic slave trade not only shaped
the futures of the New World countries that these slaves would later come
to call home but also irrevocably hurt the economic prospects of the
continent they left behind."
|
|
Skinner, verdigsel en die GJ
Crito
Blogs
"Wat ek wegneem uit hierdie literêre
episode, is hoe skinderstories aanleiding kan gee tot wilde dinge."
|
|
Spiritualiteit: ’n gesprek tussen Abel Pienaar en
Estelle Kruger
Estelle Kruger, Abel Pienaar
Geestelik
"Ek verstaan spiritualiteit as ’n reis en
nie ’n bestemming nie. Daarom is dit vir my en my medereisigers so
belangrik om ’n lewe van verwondering en eerbied voor die groot en
onpeilbare Geheim, wat ons die goddelike noem, te leef en te sterf."
|
|
Naaldekokers en sjokolademuffins
Karen Hart
Kos en wyn
"My naaldekoker het my weer die betowering
om my laat raaksien. Hy het my hart lig gemaak. Die lekkerte van dans-dans
deur die lewe gaan, is dat jy die vrugteskommel en muesli van die tafel kan
vee om plek te maak vir ’n sondige espresso en ’n dekadente sjokolademuffin
wat jou van kop tot tone met gesmelte sjokolade besmeer."
|
|
Museums herverbeel | Museums reimagined
LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
Die klem sal val op hoe die instellings se
aanbiedings herbedink en hul kubervoetspore uitgebrei kan word. | The
emphasis will be on how the institutions’ offerings can be reimagined.
|
|
Bleddie dokters
Steyn Kleynhans
Fiksie
"Boet het daardie jaar die hardste gebid
ooit, toe die prostaatkanker hom gevat het. Hy was nog altyd, as dit by
geloofsake kom, ’n agterbanker. Letterlik en figuurlik. Geloofsake was nie
hoog op sy agenda nie. Maar kanker laat jou na strooihalms gryp."
|
|
Jy kan nie tyd vashou nie
Johannes van der Merwe
Poësie
"hy is niemand se maat nie
jy kan nie met hom praat nie
hy is die meester van môre
van gister en eergister"
|
|
Dis weer herfs in my tuin
Susanne Pretorius
Poësie
"die boomtakke vonk in vlammerooi
teen ’n skemerlug ongelooflik mooi
wat is daai liedjie wat Piaf heserig sing
van herfsblare wat herinneringe bring"
|
|
Noudat jy weg is
Johanette Pretorius
Poësie
"Noudat jy weg is, is my oë –
my ruite
aanhoudend
wasig oor jou"
|
|
Elders gesien: Hout is nie ’n goedkoop speelmaat nie
Frederik de Jager
Elders gesien
"Die meubelstuk beur so ver moontlik weg van
sy uiterlike bestaan as boom. Hy wil die innerlike van die boom
veruiterlik, die versteekte kleur en vlamme. ’n Nuwe bestaan word vir die
hout verwesenlik, ’n lewe in ’n ander dimensie ná die afsterwe van die
boom."
|
Konklusie of
gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil
navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.
|
|
No comments:
Post a Comment