|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet
Akademies
|
Nuusbrief 848
06/05/2021
|
Krities Afrikaans
|
US-taal:
Drie studente praat
|
Dinge van
’n hond
Skrywer: SP Benjamin
Uitgewer: Penguin
Random House
ISBN: 9781485903314
Aan die
einde van elke jaar word daar op Gatlek, Dawid Fourie se plaas,
feesgevier. ’n Soort danksegging, kan jy sê. Dawid beloon sy werkers vir
hul harde werk, en hulle betoon hul dankbaarheid op ’n manier waaroor
daar ná die tyd nie veel uitgewei word nie. Dit was tydens die nag van
die laaste groot vleisbraai dat dinge vir Dawid en Gatlek begin skeefloop
het.
|
|
|
|
William Sezoe gesels met Open Stellenbosch en
StudentePlein
William Sezoe, Ashwin Afrikanus Thyssen, Frederik Rudolph van Dyk
Universiteitseminaar | University Seminar
"Open Stellenbosch is nie anti-Afrikaans
nie, ons is antidiskriminasie." US-student William Sezoe praat met
Open Stellenbosch se Ashwin Afrikanus Thyssen en Frederik van Dyk van
StudentePlein.
|
|
Afrikaans: die groter prentjie
Menán van Heerden, Ernst Kotzé, Quentin Williams, Elvis Saal
Onderhoude
Waar pas Standaardafrikaans /
"akademiese" Afrikaans as gebruiksvorm vir spesifieke doeleindes
in? Menán van Heerden praat met linguiste Ernst Kotzé, Quentin Williams en
Elvis Saal.
|
|
Die aanloop tot die val van die Berlynse Muur
Freek Robinson
Menings
"Aan die begin van Mei 1989 het die
geskiedenis sy loop geneem wat binne maande ’n nuwe wêreldorde ingelui het.
Ek was in daardie stadium in Londen gebaseer as Europese korrespondent van
die SAUK. Die Suid-Afrikaanse ambassade in Wene, Oostenryk, het my gebel en
gesê daar is groot dinge aan die gebeur en ek en my kameraman moet ons
soontoe haas."
|
|
US-taaldebat 2021: Die wat en waarom van die
Maties-Taalbeleid
Lia Snijman
Universiteitseminaar | University Seminar
"Stellenbosch is gereeld die plek waar
Afrikaanse taalkwessies bespreek word en waar konflik kop uitsteek. Hierdie
.... kwessies het al vele menings ontlok, maar daar is nog min gepraat oor
wat presies die US-Taalbeleid (2016) behels en hoe volledig en doeltreffend
dit is."
|
|
US-taaldebat 2021: "Taalverkragter", ’n
gedig
David C Jantjies
Universiteitseminaar | University Seminar
Danie van Wyk, voorsitter van DAK Netwerk, het op
9 April 2021 ’n protesoptog deur Stellenbosch se strate gelei om DAK se
verontwaardiging met die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid te kenne
te gee. Lees ’n gedig wat David C Jantjies tydens die geleentheid voorgedra
het.
|
|
Brandende biblioteek
Jitsvinger
Universiteitseminaar | University Seminar
"Boodskappers is fakkels wat die donkerte
van onkunde binnedring. Die verfrissers van die verhaal. Ons moet die
informasie lééf en nie net stoor in fisiese banke en argiewe nie."
|
|
Wat zou Marius ervan gedacht hebben? Een herinnering
aan Marius de Waal
Frank Judo
In memoriam
"Een informele kennismaking leidde tot een
aangename samenwerking en tot versterking van de academische banden tussen
Zuid-Afrika en de Lage Landen. Niet dat De Waal behoefte had aan een
internationaal netwerk – het zijne was indrukwekkend. Hij doceerde in
Parijs, deed onderzoek in Berlijn en publiceerde in Oxford, met een gemak
dat velen verbaasde."
|
|
Niks verkeerd met hartseer wees nie
Jacques le Roux
Menings
"Sy was siek aan COVID-19 en in die
hospitaal met longontsteking en sou by die huis gewees het vir haar
verjaardag. Niks berei jou voor vir daardie oproep wat sê dat jou moeder
besig om te sterf en jy weet jy gaan dit nie betyds maak nie."
|
|
Elders gesien: Moerig, die uwe
Clinton V du Plessis
Elders gesien
"In die stemseisoen
in die tyd van blatant witvoetjie soek
die kruis en die vloek
die loslaat van die lekhonde
die gatkruipers en die bekruipers"
|
|
Roman North Africa: Environment, society and medical
contribution deur Louise
Cilliers: ’n resensie
André Wessels
Resensies
"Kennis van die Klassieke tale, geskiedenis
en kulture verryk en verruim ’n mens se leefwêreld. Dit plaas van ons
eietydse vraagstukke in historiese perspektief, en verskaf insig op talle
terreine. Die Romeins-Hollandse regstelsel het immers ook aan die suidpunt
van Afrika ’n voetspoor gelaat, en van die tale wat in Suid-Afrika gepraat
word, is direk of indirek deur Latyn beïnvloed."
|
|
God Is daar ’n ander antwoord? deur Ben du Toit: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe
Lesersindrukke
"Ben du Toit se argumente is deeglik. Hy
skram nie weg van die moeilike vrae nie. Daarby is hy ook ’n deurwinterde
teoloog en kerkman wat waarskynlik nog boekdele sou kon skryf oor die
werkinge en die intriges van kerksake."
|
|
Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud
met Faeed Amardien
Naomi Meyer, Faeed Amardien
Skrywersonderhoude
"Ek dink daar word nie genoeg erkenning
gegee aan Kaapse Afrikaans nie. Dis ’n storie wat handel oor die narratief
op die Kaapse Vlaktes, dus het ek gedink dis meer eg en outentiek om in Kaaps
te skryf. Dit pas in die verteller se mond en maak dit baie meer persoonlik
terwyl jy lees."
|
|
Frederik de Jager: ’n Herd wat knetter met stories
Melt Myburgh, Frederik de Jager
Skrywersonderhoude
Frederik de Jager: "Ek skat ek is bloot lief
vir die tasbare wêreld en ek hou die hele tyd ogies op steeltjies, sodat
wanneer ek iets skryf, die gepaste waarnemings hulleself aanmeld."
|
|
The African Library ‒ Timothy Ogene: The day ends
like any day (2017)
Annie Gagiano
Books and writers
"This debut novel by acclaimed poet Timothy
Ogene bears the traces of the author’s lyrical talent, his Nigerian
origins, his expansive reading of world literature and his life-cherishing
attentiveness to natural and human phenomena, both physical and spiritual.
The text is, nevertheless, unpretentious in every way; as a narrative,
perhaps a bildungsroman, the predominant tonal quality is a sort of
quietness, a retrospective serenity."
|
|
First sip: It’s
not about the bats by Adam
Cruise
LitNet
LitNet Eerste Slukkie | First Sip
"We recognise when our pets are happy or
sad, we understand the happy expression of an elephant wallowing in a muddy
waterhole or a tired lion yawning under the shade of a tree at midday. But
the mannerisms of bats, fish and mosquitoes, no."
|
|
Verstaan jy?
Crito
Blogs
"Komaan, liewe broeders en susters, laat die
ope gesprek oor boeke herleef. Om te weet dat daar boekresensies is, is
goed. Maar ons moet wys ons verstaan ook."
|
|
Vonkfiksie-kompetisie: Vuur in die argief
LitNet
Skryfkompetisies
Hartseer oor vuur in die argief? Woed daar ook
vuur in jou gemoed? Daar is nog tyd om in te skryf vir die kompetisie.
Sluitingsdatum: Donderdag 13 Mei 2021.
|
|
LitNet se Skole-skryfkompetisie met Fanie Viljoen
LitNet
Skole
As jy op hoërskool is, kan jy R3 000 wen! Kyk na
ons video, skryf jou indrukke daaroor neer en wen kontant of ’n boekprys.
Die kompetisie sluit op 2 Junie 2021. Hier is al die inligting.
|
|
Wesens:
R15 000 in prizes to be won
LitNet
Film
Film students and lovers of the genre can win big
cash prizes. We’re asking for more than a conventional movie review.
Analyse the movie for us.
|
|
Drama in ANC na Magashule se skorsing
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die tweespalt in die ANC het gister ’n
dramatiese wending geneem toe die geskorste sekretaris-generaal van die
ANC, Ace Magashule, begin terugveg het teen sy skorsing. Magashule het sy
skorsing in ’n laataand-verklaring betwis en na berig word aangekondig dat
hy Cyril Ramaphosa uit die party skors."
|
|
Ramaphosa sê media moet korrupsie aanhou oopvlek
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"President Cyril Ramaphosa het vir die
tweede keer binne ’n week ’n lansie gebreek vir die media. Hy het
joernaliste aangemoedig om sonder vrees verslag te doen en voort te gaan om
korrupsie en ander vergrype aan die kaak te stel."
|
|
Regering verdedig Kubaanse hulp om waterkrisis te
help red
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Intussen is daar al hoe meer berigte van ’n
water- of rioolkrisis by etlike munisipaliteite in die land. Volgens
inligting van die Emalahleni-raad verloor die munisipaliteit sowat 3,66
miljoen kiloliter (3,66 miljard liter) water per kwartaal weens gebarste en
lekkende pype, gesteelde watermeters en onwettige waterkoppelings."
|
|
Promoveren in twee landen tegelijk? Dat kan!
Ingrid Glorie
Academisch
Ingrid Glorie voer onderhoude met
Europese/Suid-Afrikaanse akademici oor hul navorsing wat aansluit by
geakkrediteerde navorsingsartikels wat in LitNet Akademies gepubliseer is. In hierdie
onderhoud gesels sy met teoloog Marius Louw (Universiteit Stellenbosch en
Vrije Universiteit Amsterdam).
|
|
Schrijver Hafid Bouazza overleden
Ingrid Glorie
Literatuur
"Met Marlene Dumas verzorgde hij in 2017 een
uitgave van Venus en
Adonis van William Shakespeare; zij maakte tekeningen die
geïnspireerd waren op zijn vertaling."
|
|
LitNet-blokraai: Wieg van die Mensdom
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Leefstyl
Die Wieg van die Mensdom is ’n
wêrelderfenisgebied aan die Wes-Rand, Gauteng, in Suid-Afrika. Hierdie
blokraai is vir die volwasse leser geskep, maar kan ook met vrug gebruik
word in die klaskamer.
|
|
LitNet-blokraai: Geografie
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle
Met die gebruik van geografie kan ons die
komplekse wêreld beter verstaan. Hierdie blokraai kan in die klaskamer
gebruik word, of vir die pret by die huis.
|
|
Wesens:
"Wie was eerste hier?"
Hennie van Coller, Anthea van Jaarsveld
Film
"Uiteindelik is hierdie film ’n
kinematografiese narratief van grond, Suid-Afrika, die mense wat dit bewoon
en die Groot Verhale (mites) waaraan elke groep glo."
|
|
Wesens,
’n kritiese ontleding deur Leoné Prinsloo
Leoné Prinsloo
Film
"Wesens
is ’n dramatiese wetenskapfiksiefilm waarin verskillende
sentraal-onderliggende temas en simboliek met betrekking tot aweregse vrae
oor identiteit, verteenwoordiging en liggingsgeoriënteerde politiek deur
middel van konseptuele metafore, sowel as toepaslike filmtegnieke, vanuit
die postkoloniale teoretiese raamwerk ondersoek word."
|
|
Wesens,
an analysis by Jessica Smith
Jessica Smith
Film
"Careful combinations of cinematic elements
carry a weighty topic with an aesthetically pleasing backdrop – a
masterfully executed film for fans of indie productions and for those who
are undaunted by the truth."
|
|
Vinkel en koljander: Die taal van lap
Helena Opperman
Reis
"Ons wêrelde is regtig so ver verwyder van
mekaar soos die ooste van die weste. Tog, dié middag was borduurwerk vir ’n
stonde ’n brug tussen kulture en kontinente."
|
|
The handmaid’s tale – a roller coaster of the familiar
Reney Warrington
TV
"Luckily, I have seen only the first three
episodes, so there is a glimmer of hope that a twisty, shocking, yet
authentic plot twist will steer the case towards not guilty of becoming Prison break."
|
|
Press release ‒ Programme: ArtFluence Human Rights
Festival
LitNet
Lifestyle and entertainment
The inaugural ArtFluence Human Rights Festival
(5‒8 May 2021) will focus on arts, constitution and democracy. This online
festival, presented by the Centre for Creative Arts (CCA) in partnership
with the Embassy of the Netherlands, will be live-streamed.
|
|
Sampai Jumpa Lagi, Indonesië – Memories van my
2016-trip Indonesië toe
Tasneem Daniels
Reis
"Ek moes lee dat Indonesië ’n Asian land is
net soes enige anner Asian land; dissie net die home van alle Cape Malays
in isolation vannie res van Asia nie. Ek dink as ek Indonesië toe
getravel’t straight vannie Kaap, miskien sou ek baie restricted Kaapse
expectations van Indonesië ve’wag’t."
|
|
Haa’ selfmoo’dbriefie
Christo Meyer
Poësie
"net as djy rêrag wil
of as djy voelit raak te stil
gie ek jou my blessing
om wee’ te date"
|
|
Onthou
Rhoden Saunders
Poësie
"Daar is stukkies vleis
aan die bene van die verlede
waaraan die koninkryk van miere
duisende jaar lank kan kou"
|
|
Divine reason
Steyn Kleynhans
Fiksie
"Behalwe Breggie. Net jonger as Souf en ’n
kerkmens. Rook en drink glad nie. Hare in ’n bolla agter die kop, rok tot
teen die ken toegeknoop, bril op die neus. En die enigste van die sewe wat
nie klink of sy deur ’n toegepakte skoorsteen asemhaal nie."
|
Konklusie of
gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil
navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.
|
|
No comments:
Post a Comment