|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet
Akademies
|
Nuusbrief 853
10/06/2021
|
Krities Afrikaans
|
Skoolleierskap
en die skep van
produktiewe leerruimtes
in skole
Skrywers: Johann Burger en
Aslam Fataar
Uitgewer: African
Sun Media
ISBN: 9781991201119
Hierdie
boek dien as ’n hulpbron of roetekaart vir enige student, opvoeder,
onderwysdistrikspersoneellid of enige ander persoon wat by die onderrig
en opvoeding van mense betrokke is en na verbeterde leeruitkomstes
streef.
|
|
|
|
Stemme:
LitNet se monoloogprojek met Suidoosterfees, KKNK en NATi
LitNet
Menings
Stemme, LitNet se monoloogprojek, word in samewerking
met die Suidoosterfees, KKNK en NATi aangebied. Tien Afrikaanse dramaturge
is genader om kort, kragtige monoloë te skryf wat op 19 Junie 2021 vanaf
17:00 in die Iziko Slawemuseum in Kaapstad opgevoer en verfilm sal word.
|
|
In memoriam: Shaleen Surtie-Richards
Danie van Wyk
In memoriam
"Shaleen, jy het met oorgawe geleef en ons
almal se lewens op een of ander manier geraak. Die Suid-Afrikaanse
vermaaklikheidsbedryf het iemand groots verloor. Die gordyn het finaal en
vir oulaas gesak."
|
|
Shaleen Surtie-Richards, my hart is seer
Karen Hart
In memoriam
"Vir my sal Shaleen die enigste Fiela
Komoetie bly. Daar sal nooit weer ’n Nenna wees nie. En ek het my smaak vir
die oorspronklike fliek verloor nadat ek Shaleen op die verhoog in Shirley Valentyn gesien
het."
|
|
Die ATR huldig Shaleen Surtie-Richards
Hendrik Theys
Die Afrikaanse Taalraad-portaal
"Rus sag, ikoon, sepiester, toneelspeler,
ontvanger van verskeie toekennings en bowenal, allemansvriendin."
|
|
Staatsvoogdyskap van grond: ’n realistiese voorstel
vir effektiewe grondhervorming?
Juanita Pienaar
Seminare en essays
"Behalwe dat dit teenstrydig is met basiese
beginsels van investering in eiendom en in die land om individuele en
kollektiewe vooruitgang en groei te bewerkstellig, om armoede te verlig en
werkskepping te bevorder, herinner dit sterk aan die ou
apartheidsbenadering waar grond dikwels in trust gehou is en
privaateiendomsreg vir die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners ongeoorloof
was."
|
|
Inentingsapartheid en die EVDS
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Daar word soveel gepraat van
inentingsongelykhede, met die klem op die verskil tussen Westerse lande en
ontwikkelende lande. Dit vertel nie die helfte van die verhaal nie.
Ongelykhede is ook binne ons eie land aanwesig, selfs voor die entstof
beskikbaar is. Dis alreeds met die registrasieproses sigbaar."
|
|
Hennie van Coller: effe "stadiger" deesdae,
maar niks minder polemies
Melt Myburgh, Hennie van Coller
Onderhoude
"Ek het koppe gestamp met Jan van der Merwe
(ANC-lid); JC Kannemeyer oor ’n boel onwaarhede in sy Leroux-biografie; ’n
hele reeks rektore oor Afrikaans as onderrigtaal, veral Jonathan Jansen, wat
verantwoordelik was vir die nekomdraai van Afrikaans by die UV; oor die
verskuiwing van die Steyn-standbeeld, ens."
|
|
Só benader mens die transgender-gesprek sensitief en
sinvol
Pieter GR de Villiers, Elma de Vries
Onderhoude
Elma de Vries: "Dit is beter om te dink oor
gender as ’n spektrum eerder as twee pole. Omdat daar meer openheid is, is
dit ook nou meer moontlik vir niebinêre persone om uitgesproke te wees oor
hulle genderidentiteit."
|
|
Miniseminaar: Die 2020-Bybelvertaling
LitNet
Seminare en essays
In hierdie miniseminaar bespreek kundiges wat by
die 2020-Bybelvertaling in Afrikaans betrokke was, aspekte waarmee hulle
tydens die vertaalproses te doen gekry het. Die rol van taal en kultuur in
die omgang met brontekste van die Ou en Nuwe Testament, asook die literêre
en taalkundige aspekte van die vertaling, word onder die soeklig geplaas.
|
|
Die 2020-Bybelvertalingsproses as avontuur vir die taalkundige
Ernst Kotzé
Seminare en essays
"’n Belangrike uitdaging was die geleentheid
en vereiste om met nuwe oë te kyk na wat die bronteks wil sê en die
Afrikaanse kloutjie by die oor te bring, of dit nou Hebreeus, Aramees of
Grieks was. In dié opsig was dit ’n strategie om verskille in tyd, kultuur
en wêreldbeskouing te weerspieël, maar ook deur die medium van Afrikaans
toeganklik te maak."
|
|
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Helen Zille
Freek Robinson, Helen Zille
Onderhoude
Helen Zille skiet uit die heup in hierdie
onderhoud met Freek Robinson. Sy maak regse identiteitspolitiek af as ’n
front vir die ANC en beweer die ANC is ’n kriminele sindikaat. Voorts
beskuldig Zille ook vir Cyril Ramaphosa dat hy ruggraatloos is.
|
|
Skoon wasgoed: Vetkoek en ’n paleisrevolusie
Frederik de Jager
Boeke en skrywers
"Kookboeke is ’n gespesialiseerde veld. By
groot uitgewerye is daar hele afdelings voor. Dit is duur produksies, want
volgens die konvensie moet die foto’s in volkleur wees, die stilering
professioneel en die kos onweerstaanbaar lyk."
|
|
2021 Sanlam Prize for Youth Literature shortlist: an
interview with Lwazi Msimango
Naomi Meyer, Lwazi Msimango
Books and writers
"Well, HIV/AIDS has plagued South Africans
for decades now and claimed many lives, but every time people speak about
the virus, they always talk about the promiscuous/irresponsible adult and
never about the kid who was born with it; I had a burning desire to tell a
tale of a kid who maternally contracts the virus and has no say in the
matter."
|
|
Af en op
Crito
Blogs
"As daar nou een onderwerp is wat my die
horries gee, is dit die ene oor die voor- en nadele van emigrasie. Dis soos
’n Rorschach-toets waarvan die ink begin skif terwyl jy daarna kyk."
|
|
Eerste slukkie: Verhale van hoop
LitNet
LitNet Eerste Slukkie | First Sip
"Ek is nie ’n kenner van die verskillende
psigiatriese siektes nie, maar ek is ’n ma en ek het ’n kenner geword om my
dogter te kan verstaan. Sy vertel graag dat ek voor haar weet wanneer sy ’n
maniese episode gaan hê."
|
|
First sip: Nation
on the couch by Wahbie Long
LitNet
First Sip | LitNet Eerste Slukkie
"For much of the apartheid period –
characterised by that special type of colonialism imposed from within – the
German shepherd was, statistically speaking, the nation’s most popular
breed. The white public wanted large, aggressive dogs to allay widespread
fears of a black deluge overwhelming them."
|
Op
die redakteur se lessenaar
|
|
#cocreateSANL: Die ontwerp van voedselsekerheid
Izak de Vries
Meningen
"In die tydperk September 2020 tot Desember
2020 was daar 9,34 miljoen Suid-Afrikaners wat nie geweet het of hulle
genoeg kos sal hê om te eet nie. COVID-19 en die grendelregulasies het die
reeds ongelyke situasie in die land verder vererger. Kan ons stelsels
ontwerp om te sorg dat minder mense honger ly?"
|
|
Nuus uit die Lae Lande: Koronakorrupsie, repatriasie,
vliegtuie en klaprose
Milton Webber
In het nieuws
"In Nederland het die 30-jarige politieke
kommentator Sywert van Lienden na wat verneem word nie minder nie as €9
miljoen, sowat R148 miljoen, uit die sogenaamde mondkapjesdeal verdien. Vroue-aktiviste wil
graag terugkeer na België. Die hof by Schiphol het Maandag uiteindelik met
die hofsaak van vlug MH17 begin. ’n Vrou het aan boord van ’n vlug vanaf
Nairobi na Amsterdam geboorte geskenk. Die papawers, of klaprose soos hulle
hier bekend staan, is vanjaar ’n lus vir die oog."
|
|
Wêreld frons oor "bisarre ontwapening" van
boere
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Agri SA sê in hulle verklaring in ’n land
met een van die hoogste moordsyfers in die wêreld is dit ondenkbaar dat
gemeenskappe nie toegelaat sal word om hulle reg op selfbeskerming uit te
oefen indien die voorgestelde wysiging in die wet goedgekeur word nie."
|
|
Press release: Park Dances #2 in Durban’s Botanic
Gardens ‒ Flatfoot Dance Company
Voertaal
Cultuur
After Park Dances #1 saw local audiences loving
being back in a "theatre" environment, Park Dances #2 sees
Flatfoot collaborate with Durban’s Kathak maestro Manesh Maharaj in a
dancing encounter with the haunting poetry of Jalaluddin Rumi as they
celebrate the seamless confluence of ancient and contemporary African and
Indian rhythms.
|
|
LitNet-blokraai: Liggaamsopvoeding (Graad 7–9)
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle
Liggaamsopvoeding moedig leerders aan om deel te
neem aan ’n wye verskeidenheid aktiwiteite wat met die ontwikkeling van ’n
aktiewe en gesonde leefwyse vereenselwig word. Hierdie blokraai kan in die
klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.
|
|
LitNet-blokraai: Skolesport
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle
Sport en ontspanning in al sy vorme bied fisieke,
emosionele en verstandelike voordele wat elke mens benodig om ʼn gesonde en
gebalanseerde lewe te handhaaf. Hierdie blokraai kan in die klaskamer
gebruik word, of vir die pret by die huis.
|
|
Persverklaring: Op Jeugdag neem die Suidoosterfees
jou terug skool toe
LitNet
Suidoosterfees
Op Jeugdag 2021 neem die Suidoosterfees, KKNK en
NATi teaterliefhebbers terug skool toe. Die
klaskamer is ’n reeks kort plekspesifieke produksies wat in
verskillende ruimtes van Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad aangebied
word. Vertonings vind op 16 en 19 Junie om 11:00 en 15:00 plaas.
|
|
Persverklaring: Die voordele van eierwit – aanlyn
LitNet
Teater
Margit Meyer-Rödenbeck en Marion Holm. Twee name
wat jou klaar laat lag, al lees jy dit net. En wanneer laas het jy die kans
gehad om hulle op ’n verhoog te geniet? Kaartjies kos R100 en kan by
webtickets bespreek word.
|
|
Ontvlugting
Christo Meyer
Poësie
"arms gevou
kop omlaag
gesig sonder uitdrukking
haar binneste ’n oseaan
vol opgekropte seer"
|
|
Daughters
Heidi Henning
New writing
"You are the learners of landscape,
Listeners of the berg wind,
Its strong voice shouting through dark nights"
|
|
Mag ek?
Anzel van den Berg
Poësie
"ek wil vir jou die sterre
een vir een gaan pluk
om te koester en vas te hou
dit bottel vir geluk"
|
|
Lament
Ferdi Wheeler
New writing
"yet, in my brain
resides another I:
the beauteous lineaments,
of a long forgotten me"
|
Konklusie of
gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil
navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.
|
|
No comments:
Post a Comment