| 
   
    | 
     
      | 
       
        | Die Virtuele Instituut
        vir Afrikaans het begin as ʼn enkele navorsingsprojek. Daarvandaan het
        VivA gegroei na ʼn inhoudskepper vir Afrikaans, in die werksplek, in die
        klaskamer, in die huis. Ons staan volledig in diens van Afrikaans en
        die taalgemeenskap, en ons enigste oogmerk is die oopbreek van die taal
        van ons hart vir almal wat dit wil gebruik. |  |  |      
   
    | 
     
      | 
       
        | Ons werk op
        die oomblik aan die volgende:1. ʼn Afrikaanse grammatika vir universiteite en skole
 2. ʼn Reeks taalboeke vir universiteite en skole
 3. Klaskamermateriaal vir Afrikaansklasse, van graad R tot graad 12
 4. ʼn Stelsel waardeur ons ondersteuning kan bied vir leerders van
        Afrikaans TAT
 5. ʼn Reeks werkwinkels vir taalonderwysers
 6. ʼn Reeks werkwinkels vir taalpraktisyns
 
 Daarbenewens hou
        ons al ons bestaande projekte aan die gang:
 1. Woordeboekportaal, wat toegang bied tot meer as 55 woordeboeke en
        woordelyste
 2. Adviesportaal, waar enige gebruiker taalnavrae aan ons voltydse
        taaladviseur kan rig
 3. Korpusportaal, waar navorsers kragtige soektogte doen in ’n
        groeiende versameling korpusse
 4. Taalportaal, ʼn vergelykende grammatika van Afrikaans, Nederlands en
        Fries, toeganklik vir internasionale navorsers
 5. Ons lees-en-luisterbiblioteek, waar enige gebruiker tekste kan lees
        wat terselfdertyd voorgelees word
 6. Inligtingsportaal, waarin ons weekliks blogs oor Afrikaanse kwessies
        publiseer
 |  |  |      
   
    | 
     
      | 
       
        | Ons bied ons
        dienste en produkte gratis aan die taalgemeenskap, en die werk word
        deur ʼn klein groepie mense verrig om ons koste so laag moontlik te hou.Met hierdie
        veldtog doen ons ʼn beroep op Afrikaans se mense om ons werk vir
        Afrikaans te ondersteun.
 Ons glo onwrikbaar dat elke kind wat Afrikaans wil leer praat en skryf,
        die vermoë moet hê om dit te doen. Ons glo dat elke onderwyser wat
        Afrikaans aanbied, toegang moet hê tot betroubare vakinhoud. Ons glo dat
        elke student en dosent wat Afrikaans verder wil ondersoek, die kennis
        moet hê om dit te kan doen. Geld moet nooit die rede wees waarom hulle
        sukkel nie, daarom wil ons die vakinhoud wat ons skep, so ver moontlik
        gratis beskikbaar stel. Maar dis ʼn droom wat tot aan die wolke reik.
 |  |  |      
   
    | 
     
      | 
       
        | Ons bou elke
        dag daaraan, hier onder op die grond met ons hande in die sement en die
        modder, maar met ons oë op die wolke. Jy kan ons droom en ons werk
        ondersteun deur een baksteen op ʼn slag te finansier.Jou R50 of
        R100 lyk dalk vir jou min, maar saam met die res van die taalgemeenskap
        bou jy aan  ʼn wolkekrabber.
 VivA is ook vir Artikel 18A-vrystelling geregistreer, wat beteken dat
        enige individu of maatskappye se skenking van belasting afgetrek kan
        word.
 Selfs ʼn wolkekrabber bou ʼn mens een baksteen op ʼn slag. Bou saam met
        ons aan Afrikaans, een baksteen op ʼn slag.
 |  |  |    | 
 
No comments:
Post a Comment