Dit
is tyd om ’n lekker koppie koffie te maak, ’n dik kombers nader te
trek en die klank harder te sit vir die tweede episode van
Afrikaans.com se Padkampstories.
Suid-Afrika het oor baie jare sy padstelsel geskep met projekte wat
die werkers naby aan die projekte laat woon het met groot
ontwrigting vir gesinne. Die skeppende, kleurvolle debuut van
Amanda Greeff, wat self in ’n padkamp grootgeword het, Padkampstories,
is kultuurhistories spesiaal. Dit kom uit die tyd van Dippety-Do en
Vitalis, vis-en-tjips-kafee-etes, inryteaters en die padkampkultuur
van reguitbane en kronkelpaaie, brûe-bou en leegtes sleep.
Op haar unieke manier het Amanda gerelativeer en die basiese
roetine, groot vrese en klein vreugdes van padkampkindertjies oor
die hele wêreld heen, beskryf. Amanda Greeff se boek, Padkampstories, is
deur Cordis Trust Publikasies uitgegee en word deur Johan Allers
voorgelees.
Klik hier
om na die eerste twee episodes te
luister.
|
No comments:
Post a Comment