|  Dit
            is tyd om ’n lekker koppie koffie te maak, ’n dik kombers nader te
            trek en die klank harder te sit vir die tweede episode van
            Afrikaans.com se Padkampstories.   
 Suid-Afrika het oor baie jare sy padstelsel geskep met projekte wat
            die werkers naby aan die projekte laat woon het met groot
            ontwrigting vir gesinne. Die skeppende, kleurvolle debuut van
            Amanda Greeff, wat self in ’n padkamp grootgeword het, Padkampstories,
            is kultuurhistories spesiaal. Dit kom uit die tyd van Dippety-Do en
            Vitalis, vis-en-tjips-kafee-etes, inryteaters en die padkampkultuur
            van reguitbane en kronkelpaaie, brûe-bou en leegtes sleep.
 
 Op haar unieke manier het Amanda gerelativeer en die basiese
            roetine, groot vrese en klein vreugdes van padkampkindertjies oor
            die hele wêreld heen, beskryf. Amanda Greeff se boek, Padkampstories, is
            deur Cordis Trust Publikasies uitgegee en word deur Johan Allers
            voorgelees.
 
 Klik hier
            om na die eerste twee episodes te
            luister.
 | 
          
No comments:
Post a Comment