| 
  
   
    |   
    
     
      | 
       
        | Ons vier Tippie-maand!
 “These books are so
        helpful to children. I see how children
 grow by reading them!” – Zelda la Grange.
 
 "Trippe, trappe, Tippie ... Vlak vir vlak, lees met gemak!"
 – Laerskool Trompsburg
Almal se gunstelingolifantjie, Tippie, is terug! Hierdie maand kan jy
        uitsien na 10 splinternuwe titels vir Level 3 van die Learn to Read-reeks.
        Die boekies is ook in ‘n boksstel beskikbaar.
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | Hierdie progressiewe leesreeks fokus op
        natuurlike
        kinderontwikkeling en sluit ’n holistiese benadering vir taalontwikkeling en -geletterdheid in. Kinders leer nie
        meer lees, skryf en spel in isolasie nie, maar binne konteks. En
        die wonderlike ding is, die boeke is nie ouderdomspesifiek nie, jy begin bloot
        lees!
 Tippie is reeds 7 jaar op die rakke en in die 7 jaar het baie dinge
        gebeur. Vlak 1 van die Afrikaanse Leer
        my lees-reeks is al 20 keer herdruk, wat beteken, dié fantastiese produk
        wérk! Hallo,
        Tippie! het nie minder nie as 26 831 huise gekry en daar
        is tot op hede al meer as ‘n halfmiljoen Tippie’s verkoop. Dit is
        uitsonderlik.
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | Omrede
        die produkte so goed verkoop en so 'n merkbare verskil maak in duisende
        kinders se leesvermoë, het LAPA besluit om die produkte ook in Zoeloe
        en isiXhosa te
        ontwikkel. Die eerste boeke sal reeds in Oktober beskikbaar wees. Kyk
        ook in Oktober uit vir Leer my Lees Vlak R / Learn to Read Level R se onderskeie boksstelle, en maak ‘n nota van Learn
        to Read Level 4 wat in November verskyn. |  |  |      
    
     
      | 
       
        | Onthou, daar is ook stapels vol gratis materiaal beskikbaar.José en Reinette werk kliphard en daar is al oor die 400
        aktiwiteite wat uitgedruk kan word en meer as 110 opvoedkundige
        videos’s beskikbaar! Gaan loer ook gerus op Afrikaans.com vir
        addisionele gratis materiaal.
Koop hierdie maand al
        die Tippie-bokstelle
        teen 10%-afslag!Maak ook seker jy skakel op 7
        Julie op ons sosialemediabladsye in –
 ons gee 'n Level
        3 box set en ‘n Tippie-pop weg!
 
 |  |  |  |  | 
No comments:
Post a Comment