| 
       
        | 
 'n Liedjie vir Anine -
        Elsa WincklerBekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat. Die helder
        ligte van die verhoog het hul glans verloor, en dit klink asof die
        suiwer melodieë in sy kop vervang is met ’n droewige klaaglied.
 
 Boonop is daar sy nuwe skoonsus, Anine Vos, ’n joernalis, ’n spesie
        waarvoor hy nie baie ooghare het nie. Hy moet haar gedoog, al maak sy
        dit duidelik dat sy nie tyd het vir ’n popster soos hy nie. Tog, om een
        of ander rede begin die note weer helder deur Zander se gedagtes klink
        wanneer sy naby is.
 
 'n Liedjie vir Anine
        is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn.
 |  |  | 
       
        | 
 25 Trappe na benede - Madelein RustWanneer Renée Verster-Roux haar swart gewaad, donker grimering en
        skarlaken
 lipstif aansit, klim sy trap vir trap af na die wêreld van haar
        alterego. As Lisbé is sy
 nie meer die swartskaapdogter van die ryk Versters nie, maar ʼn bedrewe
        knoeier
 wat haar voordoen as ʼn waarsêer om haar trust fonds aan te vul. Vir
        haar is Janine Oosterhuis, ʼn doktersvrou wat oortuig is haar man wil
        haar vermoor, presies die tipe kliënt wat sy soek: skatryk en
        paranoïes. Maar die dag toe dié vrou met die groot diamante en bang oë
        haar huis binnestap, het alles verander.
 
 25 Trappe na benede is
        beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn.
 |  |  | 
    
No comments:
Post a Comment