| 
  
   
    |   
    
     
      | 
       
        | Theresa van Baalen Maand is hier!Theresa van
        Baalen
        is een van LAPA se gewildste skrywers en sy het al verskeie toekennings
        ontvang om dit te bewys! Sy beskou dit as ’n wonderlike voorreg om
        kinderstories te kan skryf, juis omdat dit soveel ruimte vir kreatiwiteit
        bied. Haar boeke loop oor van avontuur, opwinding en fantasie – alles
        elemente wat kinders vasgenael hou!
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | Theresa se nuutste tienerfiksie, 'n Klein bietjie Magic, is 'n pragtige,
        sensitiewe liefdesverhaal wat afspeel in die effens verlate Port
        Nolloth en McDougallsbaai, en tipies van Theresa, is daar hope magic tussen die blaaie
        van die boek. Die titel sinspeel natuurlik dat daar iets meer daar
        buite is - iets magies – en dit laat hierdie verhaal uitstaan. Kyk uit
        vir Koop-'n-Afrikaanse
        Boekdag op 14 Augustus, jy kan hierdie boek teen ‘n afslagprys aanskaf! |  |  |      
    
     
      | 
       
        | Die drie boeke in die Z-A-K-reeks is pure fantasie en
        speel af in die nabye toekoms, en is geskik vir tienerlesers. Dis nie
        nét spannend en aksiebelaai nie, dit speel ook in op doodgewone
        tienervrese- en emosies. En dan is daar natuurlik ook aliens … Koop
        sommer nou die drie boeke en spaar ‘n volle 15%! Onthou, daar is ook
        ‘n studiegieds oor Z-A-K: Die Blou Planeet beskikbaar, so dis
        nog ‘n wonderlike toevoeging tot jou klaskamer. |  |  |      
    
     
      | 
       
        | Vir die lesers van sewejaar en ouer, is
        daar die humoristiese Vakansiepret-reeks. Jana en haar beste vakansiemaat,
        Alisha, hou vakansie op Duinebaai. Hulle maak gedurig
        planne om die vakansie te geniet, maar Jana se kleinboetie, Tiaan, en
        sy beste maatjie, Rudie, is alewig onder hulle voete. Die twee seuns se
        manewales lei elke keer tot hope pret en avontuur! Koop nou die héle
        reeks teen 15%-afslag!
        
         
          | 
           
            | "Vakansiepret"
            is hier beskikbaar! |  |  
 |  |  |    
    
     
      |  | 
       
        |  Justin Fontein-reeks!
 
 Justin en sy ma gaan kuier by sy tannie Mary by die see, en sy bly in
        ‘n ou kasteel. Dié kasteel is vol geheime kamers, spoke en skelms, en
        daar is selfs ‘n pratende papegaai wat baie slimmer is as wat hy
        voorgee om te wees. Justin en sy vriend Liam soek skatte en seerowers,
        en in die proses gebeur daar baie interessante dinge!
 
 Hierdie twee boeke is ideaal vir klaskamergebruik, en daar is twee gratis studiegidse wat jy kan aflaai om
        dinge te vergemaklik!
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | Sanri Steyn Omnibus
 Sanri Steyn en haar
        beste vriend, Markus, beleef allerlei vreemde avonture op die dorpie
        Raaiselfontein – as daar nie ruimtewesens oorkant die straat intrek
        nie, probeer iemand die hele skool se kinders in zombies verander! Die
        aweregse humor en lekker grillerige avonture in die reeks sal
        seuns en meisies aan die lees hou! Al die titels in die Sanri Steyn-reeks
        is nou in 2 omnibusse saamgevat, en is geskik vir lesers van 9-jaar en
        ouer.
 |  |  |  |    
    
     
      | 
       
        | 
        
         
          | 
           
            | Bekyk die
            "Sanri Steyn"-reeks! |  |  |  |  |    
    
     
      |  | 
       
        | Nog 'n Theresa-treffer! 
         Karla Krullebol, tans deel van die Vat 5!-versamelbundel, het byna 10 000
        kopieë verkoop! Dit is ‘n prettige geïllustreerde storie vir
        vyfplussers. Karla Kriel met haar krullebol hou glad nie van hare was
        nie.. Karla se ma is moeg gepraat. Daarom besluit sy Karla hoef
        nooit weer haar hare te was of te kam nie. Karla is natuurlik baie in
        haar noppies! Maar dan gebeur iets vreesliks …
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | Hou ons sosialemediabladyse
        dop vir lekker afslag, kompetisies en nuus oor ons nuwe boeke en
        skrywers!14 Augustus is
        Koop-‘n-Afrikaanse-Boekdag, en ook die begin van ‘n massiewe
        promosie – jy kan tussen 10%- en 70%-afslag op uitgesoekte titels kry.
 Lekker lees!
 |  |  |  |  | 
No comments:
Post a Comment