| No images? Click
  here | 
 | |
| BOEK VAN DIE MAAND Wanneer Harry asemskep
  tussen sy omswerwinge deur Afrika, kom kuier hy by sy geliefde ma in
  Johannesburg. Gusta is veral na aan sy hart ná sy pa haar vir 'n jonger pop
  gelos het. Gelukkig weet Harry sy is veilig daar bo in haar luukse penthouse
  in Ponte Towers. WAS R310 - NOU R248   
     Die wenners van die jaarlikse  ATKV-WOORDVEERTJIES is onlangs aangewys. Hartlike gelukwense aan
  al ons skrywers! 20% afslag op al die wenboeke. PROSAPRYS Aan die
  Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in 'n tegnologies
  gevorderde slimhuis, 'n huis wat praat in 'n halfbekende stem. Op die
  horison, 'n olietenkskip.   
 PRYS VIR SPANNINGSLEKTUUR Ella Neser
  is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms.
  Haar nuwe opdrag, nou as private speurder, is 'n bisarre een. Donna Maas,
  huisvrou en eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het
  'n skelmpie. En dit is Ella se taak om met die bewyse vorendag te kom.   
 PRYS VIR LIEFDESROMAN Kan hierdie
  liefde se prys betaal word?   
 PRYS VIR NIEFIKSIE Sulke
  vriende is skaars. Die briewe van Anton Hartman en Arnold van Wyk bevat die
  geannoteerde briefkorrespondensie tussen twee seminale figure in die
  Suid-Afrikaanse Westerse kunsmusiek. Dit is die eerste keer dat
  briefwisseling binne die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenisskrywing gepubliseer
  word en is 'n publikasie wat 'n noemenswaardige bydra tot die dissipline van
  Suid-Afrikaanse musiekhistoriografie, asook tot Afrikaner- en
  apartheidshistoriografie, sal maak. Dit toon die belangrikheid aan van
  verdere navorsing oor die geïnstitusionaliseerde posisie van wit kunsmusiek
  in Suid-Afrika. Benewens die briewe, word belangrike foto's, afskrifte van
  faksimilees, telegramme en ander vorme van korrespondensie geplaas en groot
  klem geplaas op die visuele voorkoms van die boek.   
 PRYS VIR POËSIE Die meeste sterre is
  lankal dood is die
  bekroonde digter Johann de Lange se dertiende bundel. Dit bestaan uit ses
  verskillende afdelings, deurgaans gewy aan vlietende oomblikke vasgevang in
  'n vers ("om met woorde die onsegbare te sê"). Die bundel het
  'n elegiese toonaard, en word oorheers deur 'n bewustheid van verlies &
  verganklikheid, van "inskaduwings van die lig". Verse
  oor die skryfproses figureer as teenvoeter vir die verbygaande aard van
  mens wees. Dit is verse vir "my mooi dooies". In "Oggendmusiek"
  beskryf die digter 'n vroegoggendkoor van voëls voor sonsopkoms, elders 'n
  koorddanser, voetjie vir voetjie oor die spantou. Soos in sy vorige werk is
  die erotiese verse 'n hoogtepunt in die bundel, bv in "Ode aan die
  mielie": "Nét so, nog aan die oggend -- tussen die syige bene van
  die dag -- staan hy, volryp, pittig & reg." Bloed op sneeu is ’n pasgebore rooi,   
 PRYS VIR ROMANSES Kan hulle
  mekaar vertrou ten spyte van alles wat gebeur het?   
 PRYSE VIR KINDERBOEKE VOORLEESKATEGORIE  SKRYWER - JACO JACOBS GRAAD RR - 1 Mamma stuur vir Mila en Pappa winkel toe om melk te
  gaan koop. Wat gewoonlik 'n vervelige en voorspelbare uitstappie is, word 'n
  onvergeetlike avontuur. Hulle ry op 'n eenhoring, vlieg in 'n ruimtetuig,
  koop kos vir Mila se troeteldraak koop en kom soos wafferse superhelde tot
  die redding toe 'n reuse-toring blikkieskos amper omval. Daar is net een
  probleem - hulle het sowaar die melk vergeet!   
   VOORLEESKATEGORIE  ILLUSTREERDER - LINKI BRAND GRAAD RR - 1 ʼn Stadshoender wat geraas
  maak!   
 SELFLEESKATEGORIE  SKRYWER - ANDRE TRANTRAAL GRAAD 2 - 3 Keegan, Samier en Samia
  gaan speel sokker in die parkie. Daar kry hulle vir Ghielie en sy nefies en
  saam speel hulle 'n heerlike spel. Samia is 'n uitstekende sokkerspeler! Maar
  dan kom Brent Petersen daar aan - en hy wil glad nie saam met 'n meisie
  sokker speel nie! Sal hulle nog steeds almal kan sokker speel of gaan Brent
  die hele dag bederf?   
 SELFLEESKATEGORIE  ILLUSTREERDER - TUMI K. STEYN GRAAD 2 - 3 Minki het twee beste maats
  - Natalie en Lara. Natalie is mal oor ponies en gaan aan 'n perdrykompetisie
  deelneem waar die ruiters en hul ponies soos sprokieskarakters moet aantrek.
  Lara neem danslesse en eendag as sy groot is, wil sy 'n ballerina of 'n
  hiphop-danser word. Wanneer sy hoor van 'n danskompetisie by die
  winkelsentrum, skryf sy dadelik in.   
 SELFLEESKATEGORIE  SKRYWER - JACO JACOBS  ILLUSTREERDER - THEODORE KEY GRAAD 4 - 5 Alex se oupa het grys hare
  en vals tande en hou daarvan om reisprogramme op televisie te kyk. Maar dan ontwikkel
  hy skielik 'n belangstelling in ... BREINNNSSS!   
 SELFLEESKATEGORIE  SKRYWER - DE WET HUGO GRAAD 6 - 7 Vanessa se ouers was eens
  skatryk, maar wanneer haar pa alles verloor moet hulle trek na 'n piepklein
  huisie op 'n skrootwerf waar haar pa as bestuurder van 'n insleepwa gaan
  werk. Die motorongeluk waarin Vanessa betrokke was, spook steeds by haar. En
  al die gruwelike motorwrakke in die skrootwerf gee haar die horries. Wanneer
  sy die eienaardige Wayne ontmoet, vind sy boonop uit dat die skrootwerf meer
  as een spokerige geheim wegsteek . . .   
 SELFLEESKATEGORIE  SKRYWER - FANIE VILJOEN GRAAD 8 - 10 Op sewentien, toe ons by
  Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie
  dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lê, het iets in
  my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie...   
   Met Kersfees om die draai, is daar 'n
  magdom nuwe boeke om van te kies!    BOEKE IS GETEKEN DEUR
  IRNA VAN ZYL Met Louw Roodt se
  verdwyning ná 'n werkgeselligheid word Kristien Liebenberg se grootste vrees
  bewaarheid: Haar lewensmaat kom nie huis toe nie.   
 NOG MEER NUWE
  VRYSTELLINGS Dertig jaar gelede is Johan Botha lewenslank tronk toe
  gestuur vir die moord op drie tienermeisies. Terminaal siek en pas vrygelaat,
  vra hy misdaadjoernalis Ami Prinsloo om hom te help om sy onskuld te bewys.   
   
   
   
   
   
   
   
   
 | ||
 
 
| Ons is gedurig op soek na winskopies om
  jou sak te pas.  Klik hier om te kyk na die boeke op uitverkoping.  Fiksie vanaf R49, kinderboeke vanaf R20,
  niefiksie vanaf R79. Hieronder is 2 van die ongeveer 600 titels
  op uitverkoping. WAS R360 - NOU R109 WAS R290 - NOU R79 | 
 
| KOM KUIER SAAM MET SKRYWERS OP GRAFFITI SE FACEBOOKBLAD. HIER IS NET 'N PAAR BEKENDSTELLINGS WAARNA
  JY KAN UITSIEN. VOLG ONS OP FACEBOOK OM OP
  HOOGTE TE BLY VAN NUWE BEKENDSTELLINGS. | 
 
 
|     | 

















 
No comments:
Post a Comment