| 
  
   
    |   
    
     
      | 
       
        | LAPA se Jeugromankompetisie wat elke tweede jaar
        aangebied word, lewer van die héél beste jeugverhale wat in Afrikaans
        beskikbaar is. Hierdie boeke is ook gewoonlik perfek vir die klaskamer – soveel so dat ons
        moeite doen om studie- en leesgidse vir die meeste van
        die wenboeke (en ander inskrywings) te laat skryf. Die studiegidse maak
        natuurlik jou werk as onderwyser baie makliker! Ons kry nét kenners om
        ons hiermee te help en hulle ervaring in die klaskamer maak hulle die
        beste kandidate vir dié werk..jpg?v=1633601717211)
 |  |  |    
    
     
      |  | 
       
        | Ek was hier,Nanette van
        Rooyen
 Frankie
        is mal oor skaatsplank ry en kunsflieks. Sy wonder oor Milan, die
        geheimsinnige, stil ou in haar klas met die swart hare en bleek vel. En
        sy wonder oor die papier-rot en die Banksy-boek wat sy een oggend buite
        haar venster kry. Milan neem kitaarlesse, hou van flieks, old
        school-musiek soos Pink Floyd en Led Zeppelin en maak snags stensils.
        Hy wonder wat deesdae met hom aangaan – is hy siek of verlief? Wat dit
        ook al is, dit het begin die oomblik toe hy Frankie by die Waterfront
        gesien het ...
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | Permanente Ink,Carina
        Diedericks-Hugo
 Kaapstad word deur 'n reeksmoordenaar geteister. Die
        Romeo-en-Juliet-moordenaar se slagoffers is almal tieners. Verliefde
        paartjies. En almal word op dieselfde manier gevind: die lyke langs
        mekaar neergelê, hul hande inmekaargevleg. Die meisies het 'n steekwond
        aan die bors en die seuns is vergiftig. Terwyl die polisie probeer om
        die moordenaar vas te trek, beland 'n groepie niksvermoedende tieners
        in 'n gevaarlike web wat al stywer span ...
 |  |  |  |      
    
     
      |  | 
       
        | Betower: die
        drama,Fanie Viljoen
Die
        drama is verwerk uit Fanie Viljoen se Betower, die 2011-naaswenner van
        LAPA se Jeugromankompetisie.Die drama is nasionaal voorgeskryf vir Afrikaans EAT Graad 10 (Drama).
 Dit bevat agtergrondinligting oor die skrywer, pre- en
        postlees-aktiwiteite en -vrae, asook volledig uitgewerkte antwoorde.
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | Asem,Jan Vermeulen
 ’n Aangrypende grootwordverhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit
        beteken om jouself waarlik te vind. ’n Kragtoer van ’n boek wat nooit
        die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op
        elke tiener se boekrak.
 |  |  |  |      
    
     
      |  | 
       
        | Afkop,Fanie Viljoen
 Trent
        se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná ’n rowwe
        partytjienag saam met sy vriende wat met ’n wilde jaagtog en ’n
        motorongeluk eindig, word Trent met ’n moeilike besluit gekonfronteer:
        Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het?
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | Al wat ek weet,Marita van der
        Vyver
 ’n Eg Suid-Afrikaanse tienerverhaal oor ’n sukkelende
        pa-en-seun-verhouding en die reddende krag van woorde. Van der Vyver
        skryf oortuigend oor die wêreld van performance poetry en die
        hoofkarakter, Gabriel, se pogings om ná sy ma se dood sin te maak van die
        lewe.
 |  |  |  |      
    
     
      |  | 
       
        | As mens geluk
        kon proe,Zelda
        Bezuidenhout
 Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit
        sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te
        herskryf. ’n Nuwe dorp en ’n nuwe skool is die perfekte geleentheid om
        haarself te herontwerp. Ongelukkig loop haar planne sommer uit die
        staanspoor skeef. ’n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis,
        wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | 
 Ons het natuurlik vir vele van ons
        ander boeke ook studiegidse. Van Jaco Jacobs se boeke tot Carina Diedericks-Hugo se aksiebelaaide
        Thomas@-boeke. En die beste van alles? Hulle is byna almal gratis
        aflaaibaar!
 Gaan loer gerus na ons ander studiegidse deur op die onderstaande
        knoppie te klik!
.jpg?v=1633614492812)
 .jpg?v=1633613311372)
 Het jy dalk 'n jeugboekmanuskrip in jou laai wat jy
        nog altyd brand om uit te gee? Wil jy deel word van LAPA se stal
        uitstaande skrywers? Is jy dalk die nuwe Nicola Yoon of Jan Vermeulen? Nou is jou kans.
        Stof daai storie af, skryf dit in en wen lekker pryse! Die
        sluitingsdatum is 31 Oktober 2021..jpg?v=1633614743775)
 |  |  |  |  | 
No comments:
Post a Comment