| 
       
        | 
 IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN DIE ALLERHOOGSTEdeur Stephan
        Joubert
 
 In die
        teenwoordigheid van die Allerhoogste is geskryf vir mense
        wat op soek is na die rus wat die Here gee, al leef ons in ’n gejaagde
        wêreld. ’n Lewe van innerlike vrede is vandag nog moontlik. Daardie
        vrede wat jou elke dag soos ’n tevrede kind in die teenwoordigheid van
        jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. Hierdie
        jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na ’n meer gedissiplineerde
        lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir
        maand begelei deur ’n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde
        van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar.
 
 In die
        teenwoordigheid van die Allerhoogste is beskikbaar by jou
        naaste boekwinkel en aanlyn.
 |  |  | 
       
        | 
 GOM VIR JOU STUKKENDE WÊRELDdeur Jan
        Vermeulen
 
 Met dekades se ervaring in die geestelike- en jeugbediening en ’n hele
        paar jeug-verhale agter sy naam skryf Jan Vermeulen hierdie
        insiggewende, Bybelse gids vir tieners. In die stukkende wêreld waarin
        ons lewe ervaar baie mense trauma en verwarring. Hierdie gids gee
        tieners die hulpmiddels wat hulle nodig het om hul wêreld weer heel te
        maak.
 Dit bevat antwoorde op belangrike vrae, ruimte vir self-refleksie en
        vrae om die leser verder te laat dink en antwoorde in die Bybel te
        soek. Dit alles maak hierdie boek ideaal vir alleen gebruik vir ’n
        tiener, sowel as ’n waardevolle hulpbron vir die jeugbediening en
        Sondagskool.
 
 Gom vir jou
        stukkende wêreld is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en
        aanlyn.
 |  |  | 
    
No comments:
Post a Comment