Monday, November 8, 2021

'n November vol nuwes! 🎈

 

 

 

Tel jy al die slapies?
Die jaar is besig om teen ’n geweldige tempo einde se kant toe te staan. Ma is dalk al lus om die kersboom te versier, ouma het reeds ’n krismiskoek gebak en kleinboet het klaar sy emmertjies en grafies vir die strand reggesit. Maar voor die jaar heeltemal om is, is daar eers ’n eindeksamen om af te handel en natuurlik kersgeskenke om te koop. Met laasgenoemde kan ons help! Ons het wonderlike nuwe boeke op die rak en later in die maand kan jy uitkyk vir ’n paar vuurwarm Swart Vrydag-winskopies.

Ons skop af met paniek in Parys!
Dienkie het in die wêreld se moeilikheid beland in
Losprys in Parys … en in Per ongeluk Parys lyk dit of die drama haar stééds agtervolg. Nerine Ahlers se nuutste boek bevat ’n aksiebelaaide storielyn asook ’n boeiende romanse wat tienerlesers enduit aan die lees sal hou. Dit is natuurlik die opvolg van trefferboek wat in 2020 verskyn het.

 

 

 

Ons gunstelingolifant! 
Tippie die olifant help duisende kinders om te lees en die reeks brei teen rasse skrede uit. Jy kan nou uitkyk vir die volgende splinternuwe titels:

 

Maak ook ’n knoop in jou oor vir al die nuwe hulpmiddels wat volgende jaar verskyn. Tippie gaan ook begin Wiskunde doen!

 

 

Dierbare Magriet
Die eerste twee boeke in die Magriet-reeks,
Magriet die stadshoender en Magriet hou konsert, het in 2020 verskyn en elkeen het reeds meer as 1 000 kopieë verkoop.

Hierdie dierbare hoendertjie is terug met twee nuwe titels, genaamd
Magriet en Billie en Magriet se eierbesigheid. Magriet se avonture is gebaseer op ‘n ware verhaal en is perfek vir die jongspan van so 5+ wat al self begin lees.

 

Hou ook ons Facebook- en Instagram-bladsye dop en staan 'n kans om die Magriet-boekies en 'n Herman Lensing-kookboek te wen.

 

 

As lusmakertjie vir Swart Vrydag gee ons sommer die hele maand afslag op van ons heel lekkerste boeke. Lea Lief is ’n besonderse reeks oor ’n dogtertjie wat, nes haar ma, graag eendag ’n veearts wil word. Sy beleef ’n spul interessante avonture met ’n spul interessante diere! Koop die reeks teen 15%-afslag! Vertel my ’n grappie en Vertel my nog ’n grappie is ook in ons afslagmandjie teen 10%-afslag!

 

 

 

Pop-up Peekaboo: Dragon

Ages 0-3

Go on a magical adventure with five special dragons through the Dragon Kingdom in this fun pop-up book.

 

 

Ten Minutes to Bed: Baby Unicorn
Ages 3-6
Written specifically with the aim of calming little ones before bedtime, this adorable, heartwarming story is perfect for sleepy unicorns.

 

 

Peppa Pig: Peppa Gets a Vaccination
Ages 3-6

Peppa is visiting Dr Polar Bear for her health check and to get a vaccination. Vaccinations protect us and those around us. At the end of the health check Peppa will get a lovely sticker - but who else will get one, too?

 

 

I See a Buffalo
Ages 3-6

I See a Buffalo tells the tale of a buffalo who is distressed by her size. She wants to join the other animals at play, but her bulk and ungainliness make her self-conscious. But when a huge storm creates a sudden flood, Buffalo realises she can save the day. By the end of the day, everyone understands that it is not the shape of your body that counts, but the size of your heart.

 

 

Helpful Hannah Hippo
Age 6-9
“Does anyone know who this little chick belongs to?” Hannah sets out to help a friend who is lost and on the way learns about the world around her. She meets lots of different creatures while on a journey at the hippo pools.

 

 

Daughter of the Deep
Ages 9-12
An epic undersea adventure from global bestselling author, Rick Riordan. Featuring a brand-new female hero and inspired by Jules Verne's Twenty Thousand
Leagues Under the Sea.

 

 

Dagboek van 'n Wimpy Kid 16: Kolskoot

Ouderdom 9-12
Greg Heffley en sport is nie maats nie. Na ’n rampspoedige atletiekbyeenkoms by die skool
besluit Greg hy is eens en vir altyd klaar met die sportwêreld. Maar nadat sy ma hom aanpor om
sport nog een kans te gun, stem hy onwillig in om vir basketbal in te skryf.

 

 

Taking Selfies with a Sheep
Young Adult

A troublemaker about to get kicked out of school.
An eccentric grandmother with a canary yellow Land Rover and a camera.
A girl who loves books.
A sheep that turns into an internet sensation overnight.
A long dusty road.
An unforgettable journey.

 

 

You'll be the Death of Me
Young Adult

Ivy, Mateo, and Cal used to be close - best friends back in middle school. So, when Cal pulls into campus late for class, and runs into Ivy and Mateo, they decide to ditch school. Just like old times.

But they're not the only ones skipping school that day. When the trio spot classmate Brian 'Boney' Mahoney acting suspiciously downtown they follow him into an empty building, and walk straight into a murder scene.

 

 

The Hawthorne Legacy
Young Adult

With nonstop action, aspirational jet-setting, family intrigue, swoonworthy romance, and billions of dollars hanging in the balance, The Hawthorne Legacy will thrill Jennifer Lynn Barnes fans and new readers alike.

 

 

No comments:

Post a Comment