Friday, January 7, 2022

Huisgenoot Wenresepte: Heerlike koekies wat jy saam met jou kleingoed kan bak + maaltye wat jy saam met jou kinders kan maak 

  

 

 

Deur Edna Ellman, vertaler

 

RUBRIEK

Bakpret in die kombuis met my kleinding

2021 was ’n jaar van uiterste hoogtepunte en laagtepunte, en ek het lanklaas so uitgesien na ’n blaaskans soos vanjaar s’n. Een van my gunstelingmaniere om heeltemal te de-stress is om koekies saam met my driejarige dogtertjie te bak. Dis ’n uitstekende oefening in letting go vir my perfeksionistiese self, want jy gaan beslis nie ’n Pinterest-worthy baksessie met ’n kleuter hê nie. Daar sal gemors word! Toe ons die eerste keer saam gebak het, het sy meel van die vloer af gelek, die mannetjie se kop afgeruk, en ons het dus een onthoofde koekie in die batch gehad. Haar absolute vreugde om vir my te kan help en te kan mors en om te sien hoe trots sy op haarself is wanneer sy iets doen, maak die gemors oor en oor die moeite werd. My dogtertjie is baie lief vir sterretjies en daardie sterretjie-koekiedrukker werk omtrent oortyd wanneer sy dit beetkry! My gunsteling is ’n doodgewone botterkoekieresep waaroor ons agterna versiersuiker strooi. Daardie opwinding van voor die oond sit en wag tot dit uitkom, is goud werd. En daar is niks so lekker soos die reuk van varsgebakte koekies wat heelmiddag die huis vul nie. Dis g’n wonder nie dat eiendomsagente dit inspan om ’n huis wat op die mark is aanlokliker vir kopers te maak. Ek sien uit daarna om my bestanddele aan te vul sodat ek en my kleinding behoorlike bakpret in die kombuis kan hê. Wie weet, dalk maak ek ’n klein bobaasbakster groot . . .

 

9 soorte koekies wat jy met jou kleingoed kan bak

Dié koekieresepte is maklik en jy kan selfs die kleingoed inspan om hand by te sit. Dié heerlike koekieresepte kan jy stoor of enige tyd van die dag die hele gesin mee bederf. 

 

10 maklike resepte waarmee jy jou kinders kan leer kosmaak

Maak kinders van jongs af speel-speel vaardig in die kombuis en leer hulle om gesonde koskeuses te maak met dié maklike resepte.

 

5 heerlike resepte met bakmengsels uit ’n boks

Wie sou nou kon dink 'n mens kan soveel wonders verrig met bakmengsels uit ’n boks? Ons omtower eenvoudige wortel- en vanieljekoek, skons, muffins en kolwyntjies in spoggebak vir teetyd.

 

6 oulike Disney-verjaardagkoeke wat jy self kan bak

Doen moeite en bederf jou kind met ’n verjaardagkoek van ’n gunsteling-Disney-karaktertjie.

 

Vinnige resepte

 

 

VENNOOTSKAPPE

HG se nuwe tydskrif deel als oor CBD-produkte – die nuwe gesondheidsgier waaroor almal gons!

Is jy nuuskierig oor CBD? Hierdie splinternuwe tydskrif vertel jou alles wat jy oor dié nuwe gesondheidsgier moet weet.

 

 

Teken nou by al Huisgenoot se opwindende nuwe nuusbriewe in!

Registreer maklik met slegs jou e-posadres en ontvang ons gratis nuusbriewe. Boeiende nuus- en mensestories, weeklikse resepte, inhoud wat die lewe vir ouers en skoolkinders makliker maak, heerlike stories oor hartsake en bekendes, leesstof vir ons boekklub, en wenke oor mode, skoonheid, dekor en jou leefstyl. Kry dit als in ons daaglikse, weeklikse en maandelikse nuusbriewe.

 

“Die lewe is 'n kombinasie van towerkrag en pasta.”



- Federico Fellini

 

No comments:

Post a Comment