|   Hy was niks minder of meer as
      ek nie. Bang. Siek. Verlore. Nietige mens. ’n Flikkerende vuurhoutjie
      teen die duisternis.  Sollie Mthembu se huwelik lê aan skerwe. Nyandi het die kinders
      gevat en is sak en pak terug Lesotho toe. Terwyl hy in ’n Bloemfonteinse
      gastehuis lê en tob oor waarom Nyandi hom sou wantrou, brand ’n
      kunsgalery op Parys tot op die grond af. Die wêreldberoemde kunstenaar
      Aretha Hattingh se oeuvre – en tuiste – nou ’n hoop as. En in die middel
      van die ruïne: die oorskot van ’n vrou, vermoedelik dié van Aretha.
 In Parys ontmoet Sollie ’n handvol verdagtes:
      ’n kunsagent, ’n prokureur, ’n slagter, ’n bouer en ’n koerier. Voeg
      hierby ’n venynige aanneemkind, ’n jaloerse, skatryk eksman, die dorp se
      sprankelvrou én ’n stasiebevelvoerder wat die septer na haar eie reëls en
      tyd swaai, en jy het die wenresep vir ’n intrige gevul met hoogdrama. Is
      dit moord? Selfdood? Of bloot ’n fratsongeluk? Nog ’n blitsblaaier deur Sidney Gilroy.
      Middernag, die skrywer se tweede roman, is in 2021 met die
      kykNet-Rapport-filmprys bekroon.   “’n Lekkerlees-speurverhaal met
      interessante kinkels” – Karin Brynard   Oor die skrywer Sidney Gilroy is 1 Junie 1980 op Virginia
      gebore. Later verhuis hy saam met sy ouers na die Oos-Vrystaat. Sy
      debuutroman, Klikbek, verskyn in 2019 by H&R. In 2020
      verskyn die opvolg, Middernag, wat in 2021 met die
      kykNET-Rapport-filmprys bekroon word. Sidney is ’n projekbestuurder in
      die ingenieursbedryf en woon tans op Hartenbos.   
   Publikasiedatum: 01 Februarie 2022Prys: R290,00*
 ISBN-13: 9780798182188
 Digitale-uitgawes
 Prys R232,00*
 Epub ISBN: 9780798182195
 * Prys onderhewig aan verandering   ANTWOORD OP HIERDIE E-POS VIR
      ’N RESENSIEKOPIE, ONDERHOUD, UITTREKSEL OF MEER INLIGTING   | 
No comments:
Post a Comment