|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet
Akademies
|
Nuusbrief 884
27/01/2022
|
Krities Afrikaans
|
Van
Humpata tot Upingtonia
Skrywer: Nicol Stassen
Uitgewer: Protea
Boekhuis
ISBN:
9781485311959
Nicol
Stassen is die voorste kenner op die gebied van die Dorslandtrekkers en
hul merkwaardige swerftogte na die binneland van Suider-Afrika. In Van Humpata tot Upingtonia vertel
hy op boeiende wyse hoe dit gebeur het dat ’n aantal trekkers in 1885 die
republiek Upingtonia in die noorde van Damaraland gestig het. William
Worthington Jordan, ’n bruin man en een van die merkwaardigste persone
wat gedurende hierdie jare in Suider-Afrika geleef het, het ’n belangrike
rol gespeel in die stigting hiervan. Sy tragiese dood en die ondergang
van die vergete republiek Upingtonia word van naderby belig.
|
|
|
|
Die stert wat die hond swaai
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Maar ons almal weet baie goed dat wanneer
Malema en Nxesi van 'buitelanders' praat, dan fokus hulle nie op die
Duitsers en Britte en Amerikaners wat hier werk nie. O nee, die
'buitelanders' wat hulle teiken, kom almal uit ander dele van Afrika."
|
|
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Jaco Deacon
Freek Robinson, Jaco Deacon
Onderhoude
Wat is die vaardighede wat matrikulante vir die
nuwe eeu en die ekonomie benodig? Hoe floreer ’n skool in moeilike
omstandighede? Watter rol speel moedertaalonderrig? Freek Robinson gesels
met Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van
Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).
|
|
Dit is tyd vir ’n "volkskongres" oor
Afrikaans
Piet Muller
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Net soos wit kinders, is bruin en swart
Afrikaanssprekende kinders vandag letterlik en figuurlik ons volk se
toekoms en daar moet soos kleinode na hulle omgesien word. Hulle moet die
soort onderwys ontvang waarmee hulle suksesvol in die postindustriële
ekonomie kan meeding."
|
|
Hoekom het Lindiwe Sisulu nog ’n werk?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Maar selfs terwyl ons almal weet dis hoe
dinge werk in Suid-Afrika, is Lindiwe Sisulu se politieke voortbestaan een
of ander wonderwerk. Toegegee, sy het die famous van, maar vir hoe lank kan
mens nou eintlik op jou ouers se reputasie ry?"
|
|
Die paartie-tapes
Nini Bennett
Rubrieke
"Vandag se generasie het nie die vaagste
benul van die frustrasies – en vreugdes – wat die musiekliefhebbers van die
sewentiger- en tagtigerjare beleef het nie."
|
|
Emeritusaartsbiskop Desmond Mpilo Tutu as
"messiaanse" figuur gehuldig
Raymond van Diemel
Menings
"Tutu se God is die menslike God – en daarom
ook die laggende God, soos hy dikwels aangevoer het. Hy is die God wie se
beeld ons nie alleen dra nie, maar wat via diegene wat Hom bely die wêreld
(wil) omskep in die ruimte waar ons mekaar vind en as medemense dien."
|
|
Vir prof Jaap: ’n gedig as huldeblyk
Willem de Swyger
In memoriam
"ek roep jou vanmôre voor die gees
ek sien jou weer duidelik
op daardie klassiekgeworde koerantfoto’s
beide swart en wit ..."
|
|
Pieter Uys (1956–2022)
Johann Lodewyk Marais
In memoriam
Die digter, taalkenner, taalpraktisyn en
konseptualiseerder in die reklamebedryf Pieter Uys is op 16 Januarie 2022
in Johannesburg oorlede. Johann Lodewyk Marais bring hulde aan hom.
|
|
Elders gesien: Meat Loaf in Swapo-wêreld
Ben du Toit
Elders gesien
"Ek gaan luister eenkant in ’n hoek. Die
lirieke is vars, uitdagend, rou. Met 'Paradise by dashboard light' kyk die
troepe betekenisvol in my rigting. Soek reaksie. Ek ignoreer dit. Hulle
speel die plaat Bat out of
hell (1977) oor en oor en ek verwonder my al meer oor die slim
en poëtiese woorde en musiek."
|
|
Elders gesien: Uitrysondae
Elise Bishop
Elders gesien
"Ouma het solank ’n haarnet opgesit, ’n
skoon hankey uitgehaal, en gedêb met Potters en Moore, en onder die
horlosieband ingedruk. Sy was reg vir die uitstappie as Oupa van die
sidestoep roep. En vinnig buk sy oor die medisynekassie langs haar bed vir
’n mespunt Mentholathym in die neusholtes, just in case die stof haar hay
fever gee."
|
|
Nachoem M Wijnberg oor Liedjes/Liedjies:
"Vertalen maakt een belangrijk deel uit van wat poëzie is."
Willem de Vries, Daniel Hugo, Nachoem M Wijnberg
Interviews
Die poësie van Nachoem M Wijnberg het vir die
digter Alfred Schaffer die deur na die skryf van poësie geopen. Só het
Schaffer gesê toe hy gevra is na wat Wijnberg, een van die belangrikste
eietydse digters in Nederland, vir sy eie skryfwerk beteken, en die nuus
dat Daniel Hugo Wijnberg se bundel Liedjes
in Afrikaans as Liedjies
(imprimatur) vertaal het. Willem de Vries gesels met Wijnberg en Hugo oor
die pasverskene bundel vertaalde poësie Liedjes/Liedjies.
|
|
Staalkaart van actuele taalkunde
Ingrid Glorie
Taaldiscussie
"Op 1 augustus 2021 nam Nicoline van der
Sijs (1955) afscheid als hoogleraar Nederlandse Taalkunde aan de Radboud
Universiteit. Ter gelegenheid van haar emeritaat verscheen het omvangrijke liber amicorum Wat gebeurt er in het Nederlands?! Deze
bundel laat goed zien hoe relevant en veelzijdig taalkunde kan zijn. Vooral
als je bij het onderzoek gebruikt maak van de nieuwe mogelijkheden van het
digitale tijdperk."
|
|
Verstekelinge, vlugtelinge, verraaiers, voëlgriep en
vokale protes
Milton Webber
In het nieuws
"’n Verstekeling is op Schiphol in die
neuswiel van ’n vragvliegtuig uit Suid-Afrika aangetref; omstredenheid oor The voice of Holland
kring verder uit; die Switserse Anne Frank-fonds het die bevindings van die
ondersoekspan oor die beweerde verraaier van Anne Frank en haar gesin skerp
gekritiseer; gewelddadige betogings wil stem verleen aan diegene wat
skynbaar nie gehoor word nie; en voëlgriep rig groot skade in die landbou
aan."
|
|
Wêreldbekende Robbeneiland word glo verwaarloos en
wanbestuur
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Daar word al maande in die media berig dat
hierdie historiese erfenis van Suid-Afrika gruwelik verwaarloos word,
vervalle is en in ’n toestand van wanorde verkeer. Toeriste wat die eiland
besoek, kla ook oor die buitensporige prys wat hulle moet betaal om
daarheen te gaan. Die eiland is een van die land se belangrikste post-1994
erfenissimbole."
|
|
Wes-Kaap spog met van die wêreld se gewildste
bestemmings
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"TSI gebruik die nuutste tegnologie om die krag
van kunsmatige intelligensie toe te pas om sentimente van mense se
voorkeure te ontsyfer. Dit is die eerste keer ooit dat bestemmings regoor
die wêreld op so ’n wyse gerangskik word om die plekke te ontdek wat
werklik die mees geliefd is."
|
|
Covid-kenners meen maskers en ramptoestand is
uitgedien
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Hy glo wel dat diegene wat weier om ingeënt
te word, die gevolge moet dra. Hy sê sulke mense sal moet aanvaar dat
sekere deure vir hulle gesluit sal word soos wat met die tennisspeler Novak
Djokovic in Australië gebeur het."
|
|
Weerstand teen verpligte COVID-19-inentings bou op
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Ten spyte van ’n oorwig getuienis dat
inenting teen COVID-19 help om die verspreiding van die virus te bekamp en
help voorkom dat mense ernstig siek word of sterf as gevolg daarvan, is
daar hewige teenstand onder baie Suid-Afrikaners wanneer dit by verpligte
inentings kom."
|
|
Graad 1: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Bewerkstellig ’n aptyt by jou graad 1-kind vir
Wiskunde, soveel as vir roomys – deur aan hierdie lekker vraestelle van
Lee-Ann West te proe. In hierdie vraestelle word aandag gegee aan die werk
waarmee die kinders nou, aan die begin van die jaar, besig is.
|
|
Graad 3: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Help jou graad 3-kind om al die Wiskunde-balle in
die lug te hou met hierdie nuttige oefenvraestelle, opgestel deur Lee-Ann
West. Die vraestelle is toegespits op die gedeeltes van die werk waarmee
die kinders nou besig is.
|
|
Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Al is jy in graad 7, onthou jy sekerlik dat
Sneeuwitjie sewe dwergies in die sprokie leer ken het. Onthou ook om jou
Wiskunde sommer vroeg te begin oefen – met hierdie nuttige vraestel en memo
wat deur Wilhelm du Toit opgestel is.
|
|
Persverklaring: Jan H Maraisprys – nominasies vir
2022 ingewag
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en
Kuns wag nominasies in vir die Jan H Maraisprys vir 2022. Die doel van die
prys is om erkenning te gee vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as
wetenskapstaal. Nominasies sluit op 25 Februarie 2022.
|
|
SA Akademiepryse 2022: nominasies ingewag
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die SA Akademie wag nominasies in vir die
toekenning van Akademiepryse in die kategorieë wat in 2022 aan bod kom. Die
finale sluitingsdatum vir nominasies is 15 Februarie 2022.
|
|
Eet my woorde: Inskrywings (10)
LitNet
Skryfkompetisies
Die skottelgoed kan wag tot later – dis nou eers
leestyd! Hier is die 10de groep inskrywings wat vir LitNet se
skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie het
reeds gesluit.
|
|
Eet my woorde: Inskrywings (11)
LitNet
Skryfkompetisies
Die lekkerste lekker wat jou nie gaan vet maak
nie. Lees die 11de groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie
"Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.
|
|
Eet my woorde: Inskrywings (12)
LitNet
Skryfkompetisies
Breek ’n broodjie, maak ’n koppie drinkgoed en
geniet die 12de groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie
"Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.
|
|
Eet my woorde: Inskrywings (13)
LitNet
Skryfkompetisies
Van die hand tot die mond ... Hier is die 13de
groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my
woorde" ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.
|
|
Eet my woorde: Inskrywings (14)
LitNet
Skryfkompetisies
Die woorde is nog lank nie koud nie – hier is die
14de groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my
woorde" ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.
|
|
Eet my woorde: Inskrywings (15)
LitNet
Skryfkompetisies
’n Dag sonder ’n gedig is soos ’n dis sonder
sout. Hier is die 15de groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie
"Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.
|
|
Buigbreek
deur Margaret Cordier: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe
Lesersindrukke
"Die oorhoofse tematiek van Buigbreek is dié van die
mens as nomaad, ewig op reis deur die hoogtes en die laagtes, die stiltes
en die storms van die lewe."
|
|
Abraham H de Vries (1937–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Die verskil tussen waarheid en leuen,
tussen werklikheid en verdigsel is – wat stories betref – nie ter sake
nie." Lees oor Abraham H de Vries se lewe en werk.
|
|
Probleme probleme
Crito
Blogs
"Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport
het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie
..."
|
|
Sampioene
Karen Hart
Kos en wyn
"Maar daardie sampioene ... Kyk, as ’n
Karookind jou sê jy kan maar die vleis los en net van die sampioene gee,
dan moet jy weet – dis blerrie lekker."
|
|
Ekstasis
and the intricacy of intimacy
Ashlin Winckler
Lifestyle and entertainment
"From water drops cascading down the skin to
the smell of naartjie juice on your fingertips, this stunning study of the
interconnectedness of identity is perhaps the gentle reminder we all need
to savour the human experience and all its delicious complexities."
|
|
Liedjieskrywers! Oudisies binnekort vir
ATKV-Crescendo
LitNet
ATKV-Portaal
Enige iemand met ’n hart vol lirieke en ’n
notaboekie vol deuntjies kan nou aansoek doen vir die
ATKV-Crescendo-program. Jy kan dalk in die musikale voetspore van die
Suid-Afrikaanse supersterre soos Anneli van Rooyen, Whaden Johannes en Jodi
Jantjies volg, deur aan te sluit by die ATKV-Crescendo-gesin.
|
|
Desember
Willem de Swyger
Poësie
"ek maak my oë toe
sê stil dankie
raak bewus
van hierdie goue oomblikke"
|
|
Weesmens
Melandi Loots
Poësie
"ek stap deur ’n huis
waarvan die mure
behang is met geraamde drome"
|
|
Terug tot niks
Pieter Loots
Poësie
"waar die mens
soos ’n kers
homself verteer om te leef"
|
Konklusie of
gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil
navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.
|
|
No comments:
Post a Comment