Tuesday, January 18, 2022

Terug skool toe! 🍎

 

 

 

 

Welkom terug! Ons hoop almal van julle het ‘n heerlike blaaskans gehad en dat die nuwe jaar minder drama en meer boeke sal bring; minder pandemies en meer stories sal inhou en oor die algemeen net een groot vreugde sal wees. Mag 2022 jou jaar van Lekker Lees wees!
Die binnelanders is weer terug by die skool – daarom het ons in Januarie ‘n paar heerlike Terug Skool Toe-aanbiedinge om die pyn bietjie draagliker te maak.

 

 

Kry nou jou Goue Uitgawe van die laer- en hoërskool Klasgids teen 'n spesiale prys van slegs R800 per jaar en spaar. Vir R800 ontvang jy 10 uitgawes met toetse, eksamenvrae en take vir elke fase, plus heelwat ekstras soos, onder andere, eerste toegang tot nuwe studiegidse, ekstra visuele tekste, luistertoetse en video’s of skyfies wat taalaspekte verduidelik.


Stuur gerus 'n e-pos aan 
info@klaskameraad.co.za om 'n

kwotasie aan te vra.

 

 

 

 

Kort jy ekstra oemf in jou klas of sukkel jy met jou Afrikaanshuiswerk? Ons het 'n hele paar nuwe studie- en leesgidse van 'n groot verskeidenheid boeke, wat sal help om die lewe vir jou baie makliker te maak. Hou ons sosialemediaplatforms dop om te sien wanneer hierdie studiegidse beskikbaar sal wees.

 

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid ander hulpbronne om jou kind (en alle onderwysers en ouers) te help. Daar is woordeboeke, boeke oor Wetenskap, boeke wat jou kan help om beter te skryf, boeke wat jou leer terwyl jy speel en van die beste taalgidse in die land. Kyk veral uit vir Afrikaans + en Afrikaans + chop-chop, dit is elke taalonderwyseres se droomhandboek!

 

 

 

Jy kan 'n hele jaar se gratis Klasgidse én 'n Afrikaans+ Chop-Chop wen. Of jy nou 'n onderwyser of leerder is, met hierdie hulpmiddels in hand sal jy sommer chop-chop dié jaar se Afrikaansklasse kafdraf. Hou ons sosialemediabladsye dop vir dié kompetisie.

Vir almal wat nog vakansie hou en glad nie aan skool wil dink nie, is daar 'n paar lekker nuwe boeke om jou mee besig te hou.

 

Leer my lees met Tippie, Vlak 5   
is die perfekte oorbruggingsreeks, voordat kinders ’n verskeidenheid tekste met selfvertroue, uitgebreide woordeskat en begrip kan lees. Ons gee later in die maand ‘n paar van hierdie
Vlak 5-stelle weg. Onthou om ons Facebook- en Instragram-bladsye te gaan “like”!

Koop nou die Vlak 5 Boekpak!

Cowboy Koekemoer en sy kameelperd Shorty is baie geliefde karakters onder die 7-plussers.
Hulle stories is nou in ‘n
5-in-1 kleurvolle omnibus beskikbaar, saam met ‘n hele nuwe avontuur genaamd Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die Skobbejakkals.

 

 

Daar is twee nuwe Dolfie Weerwolfie-vertalings op die rak. Silwertand en Weerwolfbos beloof om elke 7-plusser te laat gil van vreugde. Hierdie boeke is wêreldwyd ‘n fenomeen en is al in meer as 10 tale vertaal.
Die eerste twee boeke in die reeks is ook nou teen
10%-afslag beskikbaar.

 

 

No comments:

Post a Comment