Wednesday, February 23, 2022

Die Rakkers is hier

 

 

 

MEER OOR DIE RAKKERS

Die eerste vrystelling getiteld, Die Rakkers Is Hier! word vandag digitaal bekendgestel op Internasionale Moedertaaldag. Die FAK, Afrikaans.com, AfriForum Teater en CO Productions het kragte saamgesnoer om hierdie projek te loods.

 

Die eerste vrystelling Die Rakkers Is Hier! sluit in ou FAK-gunstelinge soos Hoedjies Van Papier, Hansie Slim, Wielie Wielie Walie, Dis Heerlike Lente en Saai Die Waatlemoen. Die snit sal 21 Februarie op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar wees asook verskeie sosiale media platforms.

 

Die Rakkers is… Nadia Beukes, Lee Scott, Hendri Myburgh en Pulane Nel-Sekepe en elke lid van die groep verteenwoordig ook ‘n kleur – rooi, groen, blou en geel – wat bydra tot die opvoedkundige deel van die projek.

ONTMOET DIE RAKKERS

 

 

 

 

Die rooi rakker, NADIA BEUKES het geen bekendstelling nodig nie – Getroud Met Rugby aktrise, Boer Soek ‘n Vrou-aanbieder, stemkunstenaar en ma van twee pragtige seuns.

 

 

 

 

Die blou rakker, HENDRI MYBURGH het jou oggend meer draaglik gemaak op kykNET se Die Groot Ontbyt tot hy einde 2021 as aanbieder gegroet het. Hy was ook deel van die musiekfliek, As Jy Sing en is ‘n pa van twee kleuters.

 

 

 

 

Die groen rakker, PULANE NEL-SEKEPE het harte gesteel op die klankgolwe van JacarandaFM en ook as TV-aanbieder. Sy het ook hope ervaring in kinderteater en werk gereeld agter die skerms as vervaardiger.

 

 

 

 

Die geel rakker, LEE SCOTT is seker een van ons land se beste manlike stemme en het begin as lid van die sanggroep, Hi-5 voor hy ‘n solo loopbaan aangepak het en nou ook stemafrigter by sy eie sangskool is.

 

AGTER DIE SKERMS

Die bekroonde internasionale vervaardiger, Vaughan Gardiner – ook pa van twee woelwaters - is verantwoordelik vir die musikale- en stemverwerkings asook finale meng van Die Rakkers vanuit Dubai terwyl Ferdinand Skead plaaslik die stemme opgeneem het.

 

Afrikaans is die taal waarin ons praat, droom, stories vertel en musiek maak. Afrikaans is nie net 'n skatkis van woorde en gesegdes nie, maar 'n diskoteek van musiek - musiek wat Die Rakkers vir hul nageslagte wil bewaar. Dit is tyd om nuwe asem in die ou-bekende Afrikaanse treffers te blaas en dalk selfs nuwe treffers vrystel om vir ‘n volgende generasie na te laat terwyl ons deur dit alles, selfs net vir ‘n oomblik vergeet van dit wat swaar en seer is en na 'n ander wêreld ontsnap…

 

VENNOTE

“Meer as 85 jaar nadat die FAK-Sangbundel die eerste keer tuis geraak het in die klaskamers, huise en harte van Afrikaanssprekendes met liedjies soos Hansie Slim, Wielie Wielie Walie en Saai Die Waatlemoen, maak Die Rakkers dit weer plesierig vir oud en jonk om saam te kan sing,” sê Johan Jansen van Vuuren, bemarkingsbestuurder van die FAK. “Die projek word met trots deur die FAK as kultuurvennoot ondersteun om onder andere die 85ste verjaarsdag van die Sangbundel te vier,” vertel hy.

 

“Ons is opgewonde om deel te wees van hierdie projek wat vermaak en inspireer – in en deur Afrikaans. Moedertaalonderrig is vir ons van groot belang en ons glo dat deur te skep in Afrikaans op ‘n wyse waarby die jong generasies kan aanklank vind, ‘n groot bydrae lewer in die voortbestaan en bevordering van Afrikaans,” sê Milanie Vosloo Afrikaans.com Projekbestuurder.

 

“Die AfriForum Teater het sonder skroom besluit om deel te word van dié opwindende nuwe projek wat goeie gehalte Afrikaanse kindervermaak skep,” vertel Carien Bloem die bestuurder van AfriForum Teater. “Ons voel saam met die kunstenaars sterk oor die nalatenskap wat ons vir ons kinders in ons pragtige taal Afrikaans los. Om ou bekende FAK-liedjies af te stof en nuut te maak vir die jongspan was in die kol. Die voortbestaan van Afrikaans, ongeag die genre, sal altyd vir AfriForum Teater belangrik wees,” voeg sy by.

 

“Dis so lekker om saam met kunstenaars en rolspelers te werk wat so ‘n onblusbare passie vir hul taal het en wil seker maar dat die jongspan ook in Afrikaans vermaak kan word vir jare wat kom,” vertel Corné Oosthuizen van CO Productions. “Ons hoop dat Die Rakkers ‘n vars nuwe asem in die vermaakkringe sal wees vir alle platforms van feeste tot kinderpartytjies,” sê hy.

 

 

corne@coproductions.co.za

 

 

 

 

 

 

 

 

S

LUISTER NOU DIGITAAL

 

View this email in your browser
You are receiving this email because of your relationship with CO Productions. Please reconfirm your interest in receiving emails from us. If you do not wish to receive any more emails, you can unsubscribe here.

 

This message was sent to bekkieburger777@gmail.com by info@coproductions.co.za
CO Productions - Wapadrand - Pretoria - 0081


Unsubscribe from all mailingsUnsubscribe | Manage Subscription

No comments:

Post a Comment