| Erik Holm is ‘n Suid-Afrikaanse
          akteur wat bekend is vir sy rol as Riaan Malherbe, 'n kwadrupleeg. Hy
          speel die unieke karakter al sedert 2008 in die gewilde kykNET reeks, Binnelanders.   Sedert sy spinale besering 14 jaar
          gelede, het hy 'n loopbaan in die publieke oog nagevolg. Hy speel
          rolle in verskeie flieks en het selfs al die regie behartig. Sy
          lewenspassie het hom ook betrokke gemaak by uitreikingsprojekte,
          motiveringspraatjies, musikale optredes, komedie en verskeie
          avontuurlike sportaktiwiteite.   Nadat hy sy honeurs in drama by Tuks
          in 2006 voltooi het, het hy sy loopbaan in teater en film begin. In
          2007, terwyl hy die rol van Benjamin Komoeti in die bekende
          verhoogproduksie Fiela
          Se Kind vertolk het, het sy lewe drasties verander. Hy
          het sy nek gebreek in 'n frats duikongeluk terwyl hy vlugbal saam met
          sy mede akteurs gespeel het.   Met die hulp van sy familie en
          vriende, asook as sy positiewe uitkyk op die lewe, het hy sy selfvertroue
          teruggewen en sien homself vandag as die gelukkigste kwadrupleeg in
          die geweste.   In 2010 was hy mede skrywer en
          assistent regisseur van die gewilde Afrikaanse fliek, Liefling Die Movie,
          waarin hy ook self verskyn het. Hy was ook assistent regisseur vir
          die fliek, Pretville
          in 2013.  Hy vertolk rolle in teaterproduksies soos Dogma, deur
          Christiaan Olwagen, die eenman vertoning Blou-Blou, deur Jan Groenewaldt, Plant Vir My ‘n Boom deur
          Deborah Steinmair en Henry Milne se Vrou Uit Die See.     Verder was hy ook ‘n nuusleser vir
          die Afrikaanse nuus op SABC2,
          sowel as DStv
          nuus vir 3 jaar. | 
No comments:
Post a Comment