Thursday, February 3, 2022

Februarie is moedertaalmaand … en Afrikaans.com vier dit met mening!

 

 

 

 

3 Februarie 2022
Persverklaring

 

 

Februarie is moedertaalmaand …
en Afrikaans.com vier dit met mening! 

 

 


Dalk vra jy nou: Al weer? Dis tog holrug gery? By Afrikaans.com sê ons: Ja, al weer, want ons skuld ons kinders dit. Ons mag nie laat slap lê nie. Moedertaalonderrig is belangrik as ons wil hê ons kinders moet sukses behaal en ook as ons met die res van die wêreld wil saampraat.   

*So sê twee leerders wat gesamentlik 24 onderskeidings  in 2021 se matriekeindeksamen ingeryg het: 

“Dit is veral belangrik in die laerskool, omdat n mens dan vinniger verstaan en makliker nuwe werk leer. En juis omdat ons Afrikaans so goed onder die knie gehad het, het ons goed reggekom in die hoёrskool waar party van ons vakke en handboeke in Engels was. Buitendien voel n mens net soveel gemakliker in jou moedertaal en is dit makliker om deel te neem aan gesprekke of kennis oor te dra.”
Christiaan en Carla Botes, Helpmekaar Kollege  

Nou ja … het 'n mens beter redes nodig as die woorde van twee uitsonderlike jongmense? Daarom plaas Afrikaans.com vanjaar weer eens die kollig op die belangrikheid van moedertaalonderrig. Jy kan uitsien na interessante inhoud op die webtuiste, soos artikels en luister- en kykinhoud, wanneer ons met ’n paar interessante mense gesels oor die sukses wat hulle in en deur hulle moedertaal bereik het.   

*Lees gerus die artikel oor die Botes-tweeling op ons webtuiste – ons laai hom binnekort. 

Verfris jou geheue 

As jy jou geheue wil verfris, gaan kyk gerus na ons bestaande moedertaalaanbod op die leerhulpafdeling. Dit sluit in:  

Jy is welkom om die inligting met erkenning aan Afrikaans.com op jou platforms te deel. Hou ook ons sosialemediablaaie dop vir meer oor moedertaalonderrig.  

Hoe vier jy Internasionele Moedertaaldag? 

Afrikaans.com ondersteun graag sodanige inisiatiewe en nooi jou uit om jou program en beplande Internasionale Moedertaaldagvieringe met ons te deel sodat ons dit verder aan die groot klok kan hang.   

Só skryf ons saam aan die toekoms van Afrikaans, maar veral ook aan die toekoms van moedertaalonderrig.  

-Einde

Kopiereg 2021 | Bepalings en Voorwaardes

Ons e-posadres is:
myafrikaans@afrikaans.com

Hersien profiel of Teken uit.

E-pos voorsien deur Afrikaans.com

 

No comments:

Post a Comment