Thursday, February 17, 2022

GROOT PRESTASIE IN AFRIKAANS!

 



Afrikaans en sy sprekers het verlede jaar ʼn groot slag beleef toe die uitgewer van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Pearson South Africa, aangekondig het dat die digitale weergawe van die woordeboek nie verder aan gebruikers beskikbaar gestel sou word nie. Slegs die bestaande papiereksemplare van die bron sou voortaan vir kopers beskikbaar wees.

Verskeie rolspelers in die Afrikaanse taalgemeenskap het met Pearson in gesprek getree om die uitgewer tot ander insigte te bring, en VivA kan vandag bekend maak dat Pearson ingestem het om die e-weergawe van die bron weer te laat herleef. 

Dit beteken dat die eHAT voortaan weer in VivA se Woordeboekportaal beskikbaar sal wees. Gebruikers kan toegang tot die bron verkry deur in ons winkel op die bron in te teken en dan op ons webblad of in ons aanlyn slimfoontoepassing, VivA-app (Aanlyn), met die soekfunksie die inskrywings in die eHAT op te spoor.
Dit is vir skole ook moontlik om ʼn skoollisensie op die bron te bekom. So ʼn lisensie beloop R9000 per jaar, en dit verskaf onbeperkte toegang tot die bron vir elke lid van die skoolgemeenskap. 

VivA betuig ook hiermee ons dankbaarheid teenoor die uitgewer en al die ander organisasies en maatskappye wat vir Afrikaans en die Afrikaanse taalgemeenskap in die bresse getree het. Ons hoop is dat die taalgemeenskap die werk wat gedoen is om die bron te skep en aan die lewe te hou, sal ondersteun deur kwistig van die bron gebruik te maak.
 

 

 


Jy kan nou VivA se Januarietaalwenke gratis aflaai. 
Hierdie kreatiewe plakkate is netjies ontwerp vir enige klaskamer of kantoor en kan tot en met A2-grootte gedruk word.
 

 

Twitter

Facebook

Website

LinkedIn

 

 

 

Ons e-posadres is:
navraag@viva-afrikaans.org






This email was sent to bekkieburger777@gmail.com
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
VivA · Cnr Surrey and Dover street · Randburg · Johannesburg, Gauteng 8000 · South Africa

No comments:

Post a Comment