| 
  
   
    |     
    
     
      | 
       
        | 
 KRY VIR JOU deur François
        Bloemhof
 Terug na 1981. Februarie, warmste maand in die Kaap. Op ’n wynplaas
        buite Stellenbosch woed ’n vernietigende vete tussen die broers
        Christiaan en Jacobus de Wet. Watter een van hulle is dit wat die
        vlamme so aanblaas? Ludo Labuschagne, die onverskrokke (soms baie
        verskrokke) held, is net die man om dié tergende raaisel op te los en
        geregtigheid te laat seëvier. Sal Ludo betyds uitvind wiedoenit?
 |  |  | 
       
        | 
 DROOMBOOMdeur Marie
        Spruyt
 Wanneer sy skrywersverblyf in Killaloe, ’n klein Ierse dorpie,
        aangebied word, gryp Mariaan die geleentheid aan. Nadat haar vriend in
        die studenteopstande dood is, is Suid-Afrika vir haar sinoniem met
        geweld. Ierland, met sy magiese landskap, legendes en kleindorpse
        rustigheid, oorrompel haar en sy verloor haar hart – nie net op die
        plek nie, maar ook op Declan. Om werklik te kan lééf, sal sy eers
        met haarself en haar verlede moet vrede maak.
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | 
 MEER AS NET ’N NAGdeur Dina Botha
 Ná Sureya haar loopbaan as plusgrootte model prysgegee het om haar eie
        reis-agentskap te begin, wys sy vir haar verloofde ook sommer die deur.
        Nou begelei sy ’n groep ouer dames op ’n seereis aan boord die
        legendariese skip, Botanical, onder leiding van die bekwame en
        begeerlike kaptein, Chris Chandris.
 |  |  | 
       
        | 
 DIE HART SOEK WAT HY SOEKdeur René van
        Zyl
 Elizma Victor werk baie hard om vir haar jong seun, Luka, ’n goeie
        ma te wees en om hom te beskerm. Hulle huisie by die see behoort hom
        veilig te hou van die lelik in die wêreld wat haar al vir jare teister.
        Sy sal seker maak hy word nie blootgestel aan hartseer of swaarkry nie.
        En Luka gaan nooit, ooit sy pa ontmoet nie.
 |  |  |    
    
     
      | 
       
        | 
 IN DIE NAAM VAN LIEFDEdeur Frenette
        van Wyk
 Ná tien jaar daag Romain weer op by Kleinroos-boom, die plaas waar
        Fleur met haar stiefma en twee stiefsusters bly. Fleur is steeds
        verlief op hom, maar Romain wil skynbaar net die magiese bos hê waar
        Fleur nou al jare bly, en hy is bereid om met enigeen van die drie
        dogters te trou om dit te kry.
 |  |  | 
       
        | 
 SOETER AS TJOKLITSdeur Lizelle von
        Wielligh
 Cecile se ma het altyd gewaarsku teen haar avontuurlustigheid, maar sy
        gaan beslis nie hierdie vreemdeling soen bloot omdat hy vra nie.
        Bygesê, die ongeluk was tegnies haar skuld, maar steeds, ’n dame het
        haar perke. Nou verwag Blackie van haar om hom op sy plaas te kom
        rondkarwei terwyl sy been herstel.
 |  |  | 
       
        | 
 KLEUR EN KARAMELdeur Analize
        Viljoen
 Wanneer ’n gebroke verhouding vir Hanri terugdryf na haar tuisdorp
        Swellendam, begin sy huise verf, vasberade om vrou-alleen ’n
        suksesvolle verfbesigheid staan te maak. Op ’n projek ontmoet sy vir
        Lily, ’n nuweling op die dorp wat ’n koffiewinkel en bakkery kom
        oopmaak.
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | 
 KLANKGRENSdeur Maretha
        Maartens & Magda Slabbert
 Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die
        verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog
        se weer-magvroue oop te vlek. Uit die oogpunt van die vrouens wat moes
        agter-bly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou,
        leer ken ons vir Jo en haar kinders.
 |  |  | 
       
        | 
 LEEF IN VOLKLEURdeur Johan Smith
 In hierdie wonderlike boek delf Johan Smith diep in Bybelse waarhede
        oor die kern van verhoudings. Hy wys vir ons dat God ’n God van innige
        verhoudings is, en daarom moet ons in sy voetspore volg en weer
        passievol oor verhoudings raak. Hierdie is ’n boek wat elkeen moet
        lees! Also
        available in English as Colour
        your life with relationships.
 |  |  | 
       
        | .jpg?v=1643719089699)
 DIE NET IS GEBREEKdeur Chris van
        der Merwe
 Die blydskap oor die gebreekte vangnet kan slegs ervaar word deur
        diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie
        self kan ontsnap nie. Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en
        nederigheid is ook die gevolg van ’n gesonde gebedslewe. Also available in English as The
        broken snare.
 |  |  |    |  | 
No comments:
Post a Comment