Wednesday, February 23, 2022

NUUT: Ongeskonde deur Alwyn Uys

 

Chart

Description automatically generated with medium confidence

NUUT

 

 

Ongeskonde deur Alwyn Uys

 

 

Ongeskonde

 

Alwyn Uys is gebore om 'n Springbok-rugbyspeler te word, maar word verlam in 'n motorongeluk op 24-jarige ouderdom. Na intense rehabilitasie gaan Alwyn huis toe, en niks is soos dit was voor die ongeluk nie. Hy vertel deernisvol en eerlik hoe hy met genade van Bo opgestaan het en besluit het om aan te gaan met sy lewe. Die ongeluk het hom kans gegee om dinge te doen wat hy nooit voorheen sou gedink het hy sou kon doen nie. In 2019 word hy die eerste paraplegiese atleet wat 'n Ironman-kompetisie in minder as sewe uur te voltooi. Op 11 Desember 2020 word hy die eerste parapleeg ooit wat van Robbeneiland na Eden on the Bay (Bloubergstrand) swem. Met vele ander terugslae en teleurstellings in sy vroeë lewe, ontvou 'n verhaal van ontembare deursettingsvermoë wat ander sal inspireer.

 

Oor die skrywer

Alwyn Uys het grootgeword in die Oos-Kaap en studeer op die Universiteit van Stellenbosch. Op 24-jarige ouderdom verloor hierdie kranige rugbyspeler die gebruik van sy bene in ’n motorongeluk. Hy is deesae ’n gestremde atleet en neem onder andere aan driekamp deel. Hy is ook ’n aktiewe vlogger.

Sy lewensverhaal word ook oorvertel in ’n dokumentêre film wat in April op M-Net uitgesaai sal word.

Publikasiedatum: 1 Maart 2022
Prys: 
R210
Bladsye : 
176
Formaat: 198mm x 130mm
Bindstyl: 
Sagteband
Kategorie: Niefiksie
ISBN-13: 
9780796322135


* Prys onderhewig aan verandering

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

www.nb.co.za

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment