Friday, February 18, 2022

Ons vier François Bloemhof

 

 

 

François Bloemhof is ’n obsessiewe skrywer – al vir meer as vyf-en-twintig jaar skryf hy in al wat ’n genre is, vir enigeen wat wil lees. Sy publikasies vir volwassenes, tieners en kinders is al herhaaldelik bekroon deur onder meer De Kat, FNB, die ATKV, Kagiso en Sanlam. Sy belangstellings is wyd en sy nuuskierigheid groot – vandaar sy vermoë om soos ’n verkleurmannetjie in die vel van bykans enigeen te kan klim.

 

KRY VIR JOU
Terug na 1981. Februarie, warmste maand in die Kaap. Op ’n wynplaas buite Stellenbosch woed ’n vernietigende vete tussen die broers Christiaan en Jacobus de Wet. Watter een van hulle is dit wat die vlamme so aanblaas? Ludo Labuschagne, die onverskrokke held, is net die man om dié tergende raaisel op te los en gereg-tigheid te laat seëvier. Sal Ludo betyds uitvind wiedoenit?

DIE DUIWEL MAAK MY HART SO SEER
Dis 1981 en die maand is Januarie. Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte – maar het reeds met die eersgeborene se dood begin. Dis ’n hartseer saak. ’n Saak van gebed. En dit is ’n saak vir Ludo Labuschagne, die anti-held wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels op te klaar.

 

DIE DUISEND EN EERSTE NAG
Wanneer Herman Swart se tweelingsuster Herma onverwags sterf, val ’n deel van hom weg. Hy raak toenemend eensaam en onttrek in ’n wêreld van ou films. Hy sien haar in sy eie spieëlbeeld en hoor haar op ongeleë tye. ’n Bykomende traumatiese ervaring versplinter sy wêreld finaal en Herman verval in ’n diep koma.
Hy bevind homself binne-in ’n avontuur, ’n nagmerrie, ’n wêreld waarin droom, fantasie, film, vervolgverhale, musiek en die gotiese ineenvleg. In hierdie vreemde, magiese realisme beweeg hy tussen plekke, ontmoet verskeie karakters en word weggelok deur die prinses, ’n meisie wat baie aan Herma herinner.

 

 

Volg ons op sosiale media

Facebook

Twitter

Instagram

 

No comments:

Post a Comment