| 
  
   
    | 
    
     
      | 
       
        | 
 In die Kaap sien ’n mens nogal dikwels ’n eekhoring. En
        die laaste tyd, met die somer wat einde se kant toe staan, is die
        meeste van dié knaagdiertjies besig om gereed te maak vir die winter.
        Oral dra hulle kos aan om hulle deur die koue maande aan die gang te
        hou. Hierdie nuusbrief is bedoel om jou winterleeslys aan die gang te
        kry – wanneer die kaggel brand en die aande is lank, sal jy tog te
        dankbaar wees dat jy betyds genoeg leesstof begin bymekaar maak het! |  |  |      
    
     
      | 
       
        | .jpg?v=1643111220624)
 DROOMBOOMdeur Marie
        Spruyt
 Wanneer sy skrywersverblyf in Killaloe, ’n klein Ierse dorpie,
        aangebied word, gryp professor Mariaan die geleentheid aan. Só kan sy
        Suid-Afrika en die trauma van die studenteopstande agterlaat. Ierland,
        met sy magiese landskap, legendes en kleindorpse rustigheid, oorrompel
        haar en sy verloor haar hart.
 |  |  | 
       
        | .jpg?v=1643111209463)
 KRY VIR JOU deur François
        Bloemhof
 Terug na 1981. Februarie, warmste maand in die Kaap. Op ’n wynplaas
        buite Stellenbosch woed ’n vernietigende vete tussen die broers
        Christiaan en Jacobus de Wet. Watter een van hulle is dit wat die
        vlamme so aanblaas?
 Sal Ludo betyds uitvind wiedoenit?
 |  |  | 
       
        | 
 BLOEDBANDEdeur Jeanette
        Stals
 Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellen-bosch polisiediens word
        gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van ’n kwekery
        en sy vrou te ondersoek. Om antwoorde te kry sal Luna die donkerte
        en als wat daarin skuil moet trotseer.
 |  |  |    
    
     
      | 
       
        | 
 SPIEËLTJIE, SPIEËLTJIEdeur Jan
        Vermeulen
 Olaf Demeyer probeer ’n normale, rustiger lewe bou, maar sukkel om sy
        identiteit buite werk te vind. Wanneer jong skoon-heidskoninginne op
        die bodem van ’n swembad gevind word, skop sy beskermingsdrang in.
 |  |  | 
       
        | 
 DIE DUISEND EN EERSTE NAGdeur François
        Bloemhof
 Wanneer Herman Swart se tweelingsuster Herma onverwags sterf, val ’n
        deel van hom weg. Hy raak toenemend eensaam en onttrek in ’n wêreld van
 ou films.
 |  |  | 
       
        | 
 OP ’N MOOI DAGdeur Irna van
        Zyl
 Met Louw Roodt se verdwyning ná ’n werkgeselligheid word Kristien
        Liebenberg se grootste vrees bewaarheid: Haar lewensmaat kom nie huis
        toe nie.
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | 
 SO LYK ’N VROU ...deur Ilse
        Verster
 So lyk ’n vrou...
        vertel die verhaal oor hoe 'n vrou die emosionele en fisieke
        mis-handeling van haar alkoholiese narsis-man oorleef het.
 |  |  | 
       
        | .jpg?v=1647241046287)
 MY HACKS VIR DIE LEWE deur Leandie du
        Randt
 Die boek bevat al Leandie se rituele vir haar liggaam, mind, siel
        en werk.
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | .jpg?v=1647606112518)
 INA: 'N VERHAAL VAN GENADE EN GENESINGdeur Ina
        Bonnette
 Hierdie boek sal lesers inspireer om bo die verlede uit te styg, selfs
        al is dit vol tragedie en onnoembare lyding.
 |  |  | 
       
        | 
 KLANKGRENSdeur Maretha
        Maartens & Magda Slabbert
 Klankgrens vertel
        die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die
        grensoorlog se weermagvroue.
 |  |  |    
    
     
      | 
       
        | .jpg?v=1643111549121)
 DIE NET IS GEBREEKdeur Chris van
        der Merwe
 In Die net is
        gebreek word ons herinner dat ’n groot krisis tot innerlike
        groei en verryking lei.
 |  |  | 
       
        | .jpg/In_die_Teenwoordigheid_van_die_Allerhoogste_Omslag_11_08_2021(1)__325x500.jpg?v=1647241028738)
 IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN DIE ALLERHOOGSTEdeur Stephan
        Joubert
 Hierdie boek is geskryf vir mense wat op soek is na die rus wat die
        Here gee.
 |  |  | 
       
        | 
 LEEF IN VOLKLEURdeur Johan Smith
 In hierdie wonderlike boek delf Johan Smith diep in Bybelse waarhede
        oor die kern van verhoudings.
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | 
 MY STASIE STRAAT KOMBUISdeur Mynhardt
        Joubert
 Die boek, My
        Stasie Straat Kombuis, is ’n weerspieëling van Mynhardt
        Joubert se kombuis en die etes wat hy daar aanbied. Sluit by hom aan in
        die gulhartige en warm omgewing van sy Stasie Straat Kombuis en skep
        jou eie kulinêre lekker-nye, berei met joie de vivre en armsvol liefde.
 |  |  | 
       
        | 
 KOSBAARdeur Elmarie
        Berry
 Skep herinneringe met ’n feesmaal! Kosbaar bevat
        meer as 100 eg Suid-Afrikaanse resepte. Met ’n Libanese ouma toon
        Elmarie Berry se kosvoorkeure ’n goeie mengsel van boerekos met ’n
        sterk Libanese invloed.
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | 
 HUISKOS deur Herman
        Lensing
 Huiskos bevat
        meer as 80 resepte, en elke hoofstuk weerspieël Herman se liefde vir
        kos en vir mense, met staaltjies waarin jy jou kan verkneukel. Dis
        alles pretensielose resepte met bestanddele wat jy in van Pretoria tot
        Pofadder kan kry. Smul aan Herman
        se resep vir Bobotie-frikkadelle in 'n romerige sous hier.
 |  |  | 
       
        | 
 MYNIE SPEEL MET VUURdeur Mynie
        Steffens
 Mynie nooi jou om pret te hê elke keer as jy braai, met alles van
        spyskaarttemas en smaaklike resepte tot gepaste musiek-speellyste
        en prettige feite! Hetsy jy dus ’n braaigroentjie is of jouself as ’n
        braai-kenner beskou, sluit gerus aan by die partytjie. Maak hier
        Mynie se resep vir Granale in Brandewynmarinade.
 |  |  | 
       
        | 
 DIE GEHEIM VAN MUSSOLINI SE KAARTdeur Constant
        van der Merwe
 Elena ontdek ’n ou kaart in die solder op hul plaas, ’n vonds wat kan
        lei na ’n goudskat wat die diktator Mussolini in oorlogs-bunkers
        weggesteek is. Wanneer sy die kaart vir haar vriend in Stellenbosch
        wys, bars alle hel los. Lees die
        uittreksel hier.
 |  |  |        |  | 
No comments:
Post a Comment