Tuesday, March 8, 2022

"Smart" in Maart! 

 

 

 

Maart is 'n jeuglike maand, want die wenner van die LAPA Jeugromankompetisie vir 2021 word aangekondig! Ons nooi jou uit om teen 18:00 op 9 Maart in te skakel by die aanlyn seremonie op LAPA Uitgewers en Klaskameraad se Facebook-bladsye.

 

 

Die kortlys, in geen spesifieke volgorde nie, is as volg:

Manuskripte vir jonger tieners:
Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit – Nerine Ahlers
Die grys wolf en die rooi fiets – Anrie le Roux (Debuut)
Soek – Nellie Alberts

Manuskripte vir tieners:
Onder alles – Fanie Viljoen
Dit het alles begin by ‘n hond – Annelie Ferreira
Uitgesluit – Nerine Ahlers
Veergewig – Jan Vermeulen

Manuskripte vir jong volwassenes:
Mooi skoot, Erica! – Jan du Preez (Debuut)
Enigiets is moontlik – Frenette van Wyk
Uitverkies – Noreen Nolte

 

Daar is 'n paar heerlike nuwe boeke op die rak, van hulle is ou wenners en ander is splinternuut! 

 

Prof. Fungus Omnibus 3,
Jaco Jacobs
Jaco Jacobs se
Prof Fungus-boeke is groot treffers, en die splinternuwe omnibus is nou op die rak. Daar is vyf  fantastiese stories in een boek - insluitend ’n splinternuwe storie, Professor Fungus en die nare newe-effek, wat eksklusief vir die omnibus geskryf is.

 

 

Liefde laat jou Rice Krispies anders proe,
Tania Brink

Jaco Jacobs, ag ons bedoel Tania Brink, het 20 jaar gelede 'n groot gunsteling die lig laat sien,
Liefde laat jou Rice Krispies anders proe. Ons het besluit om die boek ‘n nuwe baadjie aan te trek en dele van die storie effens aan te pas om dit meer eietyds te maak. Ons is baie opgewonde om dié blitsverkoper weer op die rakke te sien.

 

 

 

 

Poppie Viool en die Swartwoud-arende,
Jan Vermeulen

Poppie Viljoen is op pad na die Swartwoud Kinderhuis toe nadat eers haar ouma en toe haar oupa oorlede is. Sy is alleen. En al wat sy oorhet, is ’n viool wat al lank in die familie is. Die storie van
Poppie Viool en die Swartwoud-arende is 'n boeiende verhaal deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen. Hierdie fantasieverhaal sal lesers herinner aan die krag van musiek en liefde – dis voorwaar 'n boek om te onthou!

 

 

Toe ons in Ghrieshuis was,
Maretha Maartens

Gaan Kayla se lewe ooit weer oukei wees na Die Ramp? Die Ramp waarin hulle geliefde huis, Miernes, heeltemal afgebrand het en nou moet haar hele groot gesin in haar pa se ou werkswinkel, Ghrieshuis, gaan bly. Die Ramp waarin haar pa, motorwerktuigkundige en kranige fotograaf, sy sig verloor het en nou nie meer kan werk nie. Die Ramp wat alles verander het.

 

 

 

Ons het 'n span kenners wat gereeld kyk na wat by skole aangaan en wat onderwysers benodig. Studie- en leesgidse is altyd wenners in ‘n klaskamer! Ons het tien splinternuwe gidse saamgestel en hierdie hulpmiddels is in alle goeie boekwinkels beskikbaar. Jy gaan wen met dié gidse!

 

 

An indispensable guide for learners and teachers alike, The Theory of Flight Study Guide will enhance the experience of exploring Siphiwe Ndlovu’s richly layered novel, a setwork for Grade 11 and 12 learners. A powerful testament to the human spirit, the novel won the Sunday Times Fiction Prize in 2019.

 

 

Ons is baie opgewonde oor 'n nuwe toevoeging op die Tippie-boekrak! Die Leer my doen-reeks bestaan uit 10 boeke wat praktiese aktiwiteite vir kinders van 3 tot 6 jaar bevat. Hierdie prettige, interaktiewe reeks sal jou kind laat teken, inkleur, knip, plak en leer. Lees gerus in ons volgende Tippie-nuusbrief meer oor die fantastiese nuwe boekies.

 

 

 

 

Kom kuier gerus saam met verskeie vorige wenners en naaswenners van die LAPA Jeugromankompetisie! Ons maak ook kennis met die nuutste wenner wat op 9 Maart aangekondig word… Hannes Barnard sal die gesprek lei en die skrywers uitvra oor die waarde van hulle boeke in die klaskamer. Skakel in op Zoom of live op Facebook.
Registreer nou deur op die onderstaande skakel te klik.

 

 

Celebrate our beloved furry friend, Peter Rabbit, with this beautiful birthday edition of the classic tale.

Peter Rabbit loves the yummy vegetables he finds in Mr McGregor's garden, the only problem is: Mr McGregor doesn't want Peter to get his paws on his crops!

 

This hilarious new board book is perfect for sharing with Bluey fans at story time and bedtime.

Bluey and Bingo are playing Grannies. While playing, they get stuck on a question: can grannies dance? Bluey thinks they can but Bingo doesn't. There's only one way to find out - call Nana and ask!

THE SECOND TITLE IN THE EXPLOSIVE NEW SERIES BY BESTSELLING AUTHOR CHRIS BRADFORD

'I saw him die right in front of my eyes.'
'That you did,' replies Damien.
'But you underestimated his power.
Tanas is back and stronger than ever . . .'

 

 

Some bonds are built to last forever . . .

When Alpha was a baby, she washed up by the lighthouse at Haven Point, a remote beach alive with wild magic. Alpha was the first foundling - and now the lighthouse at Haven Point has become a ramshackle home for any disabled child or adult who has ever felt excluded from society.

 

 

 

A hilarious collection of laugh-out-loud stories!
 
Dine at the Worst Restaurant in the Universe.
 
Find out what happens when you are stuck with Monster Glue to the prettiest girl in school. Meet the boy who ate Arnold Schwarzenegger’s popcorn. Give Aunt Bridgette a kiss – if you’re brave enough! Learn how to make brilliant toe jam. And discover how a blob of chewing gum can save the Earth from an alien invasion.

 

 

 

 

Joshua Finkelstein Bade does not want to go on his school camp to the nature reserve.
 
Allergic to mosquitoes, he squirms when he sees creepy crawlies and hates to touch slimy scum-bags, called slugs. YUCK! When all attempts to avoid the camp fail, Joshua has no choice but to tag along. Luckily, Josh discovers that the camp is not THAT horrible. He even learns to tolerate some of the many-legged critters ...

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment