Monday, April 11, 2022

LEESSTOF VIR DIE LANGNAWEEK

 

No images? Click here

 

 

 

GRATIS deur tot deur koerier

aflewering in SA 

FREE door to door courier

delivery in SA

 

 

 

Rectangle: Rounded Corners: BOEK VAN DIE MAAND

Stella Bennet van die plaas Ommekeer het drie dogters - en hulle het probleme. Niemand sal Julia glo dat sy in haar huwelik verbaal mishandel word nie. Niemand sal begryp dat Pauli verlief is op die verkeerde man nie. Veral aangesien sy so 'n verstandige man aan haar sy het. Niemand sal ooit weet hoe broos Teresa is nie. Want sy is hierdie hardekwas advokaat wat geen man nodig het nie. Die drie dogters se lewens word verder gekompliseer deur vier manne: Frans de Wet, wat langsaan op Genotsfontein boer, Martin Joubert, die prokureur op die dorp, 'n plaaslike dokter James Cameron, en dokter Michael de Waal, 'n chirurg wat vanuit die buiteland terugkom om op sy tuisdorp te praktiseer....

WAS R320 - NOU R256

 

Rectangle: Rounded Corners: Bestel

 

 

Rectangle: Rounded Corners: NUWE VRYSTELLINGS

Die wonderwêreld van Willem Landman gaan onder andere oor Mintaka, een van drie sterre in Orion se gordel. Dis eintlik tweelingsterre, die een ʼn bloureus, die soldaat, en die ander sagter, vriendeliker. Dit speel op die twee broers in die boek: Alex, meestermanipuleerder en sy afwesige broer, Zander. Alex het vir hom ʼn aansienlike sakeryk uit gekonkel opgebou. Hy het vir hom ʼn vesting op ʼn koppie gebou nadat hy Bella, die Griekwa-vrou aan wie se familie die grond reeds geslagte behoort, bedrieg en die munispaliteit omgekoop het. Van daar bedryf hy sy sake en daarheen laat kom hy sy “agente”. Hy is magsbehep en ʼn sekspes. Hy is ook psigoties, bossies en vermoedelik skisofrenies.

WAS R280 - NOU R252

 

Rectangle: Rounded Corners: Bestel

 

Meer as vyf jaar gelede het die gevaarlike David Francke uit aanhouding ontsnap en na Botswana gevlug. Vir sy ma, Klara, troos die hoop dat hy waarskynlik teen dié tyd al dood is haar waar sy in Amerika woon. Maar dan is daar 'n oproep uit Suid-Afrika wat die mat onder Klara se voete uitruk. Kan dit wees dat haar wreedaard van 'n seun 'n halfbroer het waarvan sy nie geweet het nie? Wanneer die lyk van 'n jong vrou langs die see by Strand gevind word, begin kaptein Beyers van der Rheede en sy span onmiddellik na haar
moordenaar soek. Maar toe dogtertjies begin verdwyn, is dit duidelik dat hulle nie hier met 'n groentjie te doen het nie. Is dit dieselfde moordenaar? Op Coetzersdal word kaptein André Coghran deur die spoke van die verlede gery. Ook hý ontvang ʼn vreemde oproep. Gaan hy uiteindelik vir David vastrek?

WAS R290 - NOU R261

 

Rectangle: Rounded Corners: Bestel

 

Die hoofkarakter, Marnus, is ʼn ondersoekende joernalis, ʼn libtard met struggle credentials, hoewel een van die karakters tereg opmerk dat geen witmens struggle credentials het nie. In sy jeug het hy ʼn beweging op die been gebring om teen diensplig te agiteer en toe gesê as die toekomstige ANC-bewind nie uitwerk nie, sal hy en sy vriende maar die Kaap afstig en daar gaan woon. Daardie uiting kom byt hom aan die hakskeen en plaas hom jare later in die visier van ʼn paar groepe, soos die Intelligensiediens, die Suidlanders en groepe met verwante maar meer gematigde oogmerke.

WAS R295 - NOU R266

 

Rectangle: Rounded Corners: Bestel

 

Tonele en rolspelers uit die Anglo-Boereoorlog kry nuwe lewe in hierdie unieke versameling foto's wat lewensgetrou ingekleur is. Dit bring vars perspektief op een van die belangrikste historiese gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

WAS R350 - NOU R315

 

Rectangle: Rounded Corners: Bestel

 

 

Rectangle: Rounded Corners: NEW RELEASES

Multimillion copy bestselling author Wilbur Smith returns with a brand-new historical epic, set against the backdrop of the American revolution. The Courtney family is torn apart as three generations fight on opposing sides of a terrible war that will change the face of the world forever.
1774. Rob Courtney has spent his whole life in a quiet trading outpost on the east coast of Africa, dreaming of a life of adventure at sea. When his grandfather Jim Courtney dies, and the mysterious Captain Cornish calls into the fort, Rob takes his chance and stows away on Marston's ship as it sails to England. Arriving in London, Rob is seduced by the charms of the big city and soon finds himself desperate and penniless. That is until the navy comes calling. Rob enlists and is sent across the Atlantic on a ship to join the war against the rebellious American colonists. But on the other side of the Atlantic, unbeknownst to Rob, his distant cousins Cal and Aidan Courtney are leading a campaign against the British in a quest for American Independence.

WAS R350 - NOW R280

 

Rectangle: Rounded Corners: Order

 

 Set in 1960s California; Lessons In Chemistry is the brilliant, idiosyncratic and uplifting story of a female scientist whose career is derailed by the idea that a woman's place is in the home, something she most definitely does not believe, only to find herself the star of America's best-loved TV cooking show.

WAS R290 - NOW R232

 

Rectangle: Rounded Corners: Order

 

Wilde has grown up knowing nothing of his family, and even less about his own identity . All he knows is that, as a young child, he was found living a feral existence in the Ramapo mountains of New Jersey. He became known simply as Wilde, the boy from the woods. Now Wilde has had a hit on the DNA website he has been researching. A 100% match. His father. They meet up, and Wilde soon realises that his father doesn't even know he had a son and is as mystified as Wilde is by his existence. Undaunted, Wilde continues his research for his family on DNA websites where he becomes caught up in a community of online doxxers, a secret group committed to exposing anonymous trolls.

WAS R320 - NOW R256

 

Rectangle: Rounded Corners: Order

 

 

Rectangle: Rounded Corners: NUWE KINDERBOEKE

WAS R490 NOU R441

Leer speel-speel saam met Tippie die olifant en ontdek basiese wiskunde beginsels in elke boekie. Die Tippie doen wiskunde Vlak R-reeks fokus op die boustene van wiskundige geletterdheid en gee aan jong kinders die geleentheid om verskeie vaardighede te leer en toe te pas binne spesifieke Tippietemas. 

 

Rectangle: Rounded Corners: Bestel

 

WAS R150 NOU R135

Drikus voel soos God se afskeepkind. Hy kan nie rugby speel nie. Hy het nie veel maats nie. Hy verloor die skaaktoernooi. En dan is hy in 'n fietsongeluk en daar is nie geld om dit reg te maak nie. Wat nou? Hy besluit om worsbroodjies te begin verkoop om geld te maak, en toe ontmoet hy vir Donovan, 'n straatkind met 'n unieke uitkyk op die lewe. So begin 'n ongewone vriendskap wat al twee seuns se lewens onherroeplik verander. 'n Deernisvolle verhaal met Christelike waardes (sonder om prekerig te wees). Donovan se Kaapse dialoog verleen 'n ander dimensie aan die storie.

 

Rectangle: Rounded Corners: Bestel

 

WAS R135 NOU R122

EEUW! JIG!
SIES! BLEG!
Dis WALGLIK - maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU - hierdie boek is propvol feite wat jou kan NAAR MAAK en laat GRIL!
Wat is 'n snotblom? Hoe groot was 'n T-rex se poef? Eet party mense regtig paddaboudjies - en hoe smaak dit? Wat is hiënabotter? Watter dier se piepie ruik soos warm springmielies?
Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!

 

Rectangle: Rounded Corners: Bestel

 

WAS R110 NOU R99

Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af. Lê op 'n baal, sit agterstevoor op 'n trekker, klim op na die solder in die skuur, of gooi 'n kombersie oop onder 'n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleur in! Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse gesegdes en idiome, elk met interessante feite oor plaasdiere en volg op die gewilde Rooimiere-in-diebroek idioom-inkleurboek.

 

Rectangle: Rounded Corners: Bestel

 

 

Rectangle: Rounded Corners: BINNEKORT / COMING SOON

WAS R260 NOU R234

Die Afrikaanse sanger bekend as Ober leef daadkragtig, raak ons kampvegter, ons ideale self, ons gewete. En dan raak hy vergete. Jare later belig sy agent, Sybie, hierdie gebeure in 'n plakboek van woorde: 'n verhaal van vriendskap, kreatiwiteit en sukses teen die agtergrond van politieke omwenteling van die '70's tot '90's. Ondanks die sukses groei verwyte en verwydering. En tog, toe Ober vir Sybie 'n laaste keer nodig het, laat vaar hy alles om te keer dat sy vriend iets verskrikliks aanvang.

 

Rectangle: Rounded Corners: Bestel

 

WAS R280 NOU R252

Wat dryf ’n beeldskone jong ma van drie daartoe om haar man wreed te laat vermoor? Waarom wou Suretha Brits só graag van haar Leon ontslae raak?
Danksy inligting uit die binnekring van vriende, familie en mense ná aan die polisie-ondersoek, sit die joernalis Charné Kemp die stukkies van die legkaart bymekaar en vertel die volle verhaal van die opspraakwekkende huurmoord op die geliefde Pofadder-hotelbaas.
’n Boeiende ware misdaadverhaal wat draai om geld, diamante, Krugerrande, seks en verraad.

 

Rectangle: Rounded Corners: Bestel

 

WAS R280 NOU R252

Ben Bliksem Booysen, Suid-Afrika se eie “Chuck Norris” neem die leser tot agter die skerms van die Krugersdorp moorde en onthul nuwe, skokkende besonderhede van die misdade wat die land amper 'n dekade lank vasgenael gehou het.

 

Rectangle: Rounded Corners: Bestel

 

WAS R295 NOU R266

Oor net twee dinge is Rakie Bouwer seker: Haar broer is as kind dood, en sy moet uitvind hóé. Die soektog stuur haar op verborge paaie na haar verlede - waar familiegeheime gevaarlik lê en skuil. Intussen daag haar tweelingsuster, Mara, ongenooid op . . . 

 

Rectangle: Rounded Corners: Bestel

 

 

Rectangle: Rounded Corners: MEER BOEKE OM NA UIT TE SIEN

 

Rectangle: Rounded Corners: MORE BOOKS COMING SOON

 

 

 

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment