| 
  
   
    |     
    
     
      | 
       
        | .jpg?v=1649076326402)
 NUUT BEGINdeur Marilé
        Cloete
 Met haar suster Reinet se troue raak Maret Schreuder en die
        strooijonker Erik Bosman halsoorkop verlief, maar dinge loop net so
        vinnig weer skeef. Erik gaan werk in Europa en Maret gaan voort met
        haar lewe op haar Swartlandse grootworddorp. Erik se terugkoms
        krap dinge deurmekaar en Maret besef dat sy hom nie werklik vergeet het
        nie. Wanneer hy op haar dorp kom aflos, is dit eintlik logies dat sy
        hom losies sal aanbied. Albei besef dat ’n gebrek aan werklike
        kommunikasie hulle verhouding destyds gekelder het, maar albei is ook
        ewe bang om weer so seer te kry. Nou moet hulle besluit of hulle die
        moed het om nuut te begin.
 |  |  | 
       
        | .jpg?v=1649076343338)
 BESTE BIANCAdeur Magdaleen
        Walters
 Doktor Bianca Dempsey is ’n vrou wat antwoorde soek. Sy ontdek dat iets
        in die
 water die mense in haar gemeenskap siek maak en is vasbeslote om agter
        die kap
 van die byl te kom. Sy ontmoet ’n aan-treklike vreemdeling tydens ’n
        ver-kenningsekspedisie wat aanbied om haar te help. Haar kop sê nee,
        maar haar hart weier om te luister. Dié man lyk darem nie of hy geheime
        het nie. Ryno is nie wie hy sê hy is nie, maar sy beskermingsdrang neem
        oor wanneer hy die beeldskone Bianca ontmoet. Dié soektog van haar is gevaarlik
        en sy gaan iemand nodig hê om haar by te staan as sy die waarheid van
        die watersiekte wil ontbloot.
 |  |  |    
    
     
      | 
       
        | .jpg?v=1649076361609)
 KLEINE PARADYSdeur Santi Neven
 Katryn soek nie ’n nuwe man nie. Sy is gelukkig om vir ewig Paul se
        weduwee te
 wees. Die man wat langs haar plaas, Kleine Paradys, intrek, is egter
        nie net enige man nie. Nee, hy’s ’n sexy dokter wat niks van boer af
        weet nie en sy word gereeld na sy plaas ontbied om te kom help met ’n
        krisis. Axel weet sy beeldskone buurvrou het geheime, maar dit gaan hom
        nie afskrik nie. Hy het immers Soete Waters gekoop sonder om enigiets
        van boerdery te weet. Hy sal haar net moet oortuig dat hulle nie só
        verskillend is nie.
 |  |  | 
       
        | .jpg?v=1649077517354)
 BOEREFEETJIEdeur Alicia
        Hanekom
 Nina is ’n fyn stadsmeisie wat op haar ouers se plaas begin boer. Sy
        het ietwat aangepas op Kouefontein, maar iets waaraan sy nooit, ooit
        gewoond gaan raak nie, is om vir Jaco Louw elke dag te sien. Haar
        jeugliefde. Nuwe buurman. Clooney se dubbelganger. Sy het vir Jaco tien
        jaar laas gesien toe die mooie Willemien vir Nina allerhande stories
        oor hom vertel het. Daardie dag het sy haar hart gesluit, maar nou bly
        hy feitlik óp haar werf en sy moet keer dat sy glimlag weer die sleutel
        tot haar geluk word ...
 |  |  |      
    
     
      |  | 
       
        | GESINSTYD MET GODdeur Louise
        Viljoen
 Hóé dien ’n hedendaagse gesin God? Met hierdie boek wil Louise
        Viljoen gesinne toerus om God binne gesinsverband te dien. Sy gesels
        oor die uitdagings wat gesinne ondervind, soos bv. die gebrek aan
        Bybelkennis en tyd asook die druk onder portuurgroepe. Sy gee praktiese
        wenke oor hoe om gesinstyd met God spesiaal te maak en stel opwindende
        aktiwiteite voor vir die hele gesin. Daarna volg 52 oordenkings wat
        gesinne weekliks kan deurwerk. Geniet die heerlike reis om as gesin by
        Hom in te trek. Kom ons laat gesinstyd met God herleef!
 |  |  |              |  | 
No comments:
Post a Comment