| 
  
   
    |     
    
     
      |  | 
       
        | LIEFDESLESdeur Vita du
        Preez
 Daniël en Emma se verhouding is steeds ingewikkeld: Daniël probeer sy
        vervreemde vrou, Sally, oorreed om die egskeiding toe te staan en Emma
        sukkel om vir Daniël te vertel dat sy swanger is. Sal Daniël haar
        steeds na sy klaskamer neem? Sal Daniël kan vrede maak met die
        verlede en sy verhouding as jong seun met die onderwyseres, die
        verhouding wat sy seksvoorkeure bepaal het, sien vir wat dit was? Vir
        Daniël en Emma kom die liefde uiteindelik met baie lesse. Liefdesles is die
        derde en laaste boek in Vita se trilogie.
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | .jpg/1(9)__325x500.jpg?v=1651742865375)
 LIEWE LISAdeur Kristel
        Loots
 Lisa is ’n liewe mens, ’n ware engel. Om altyd gaaf en goed te wees,
        vát aan ’n mens. Veral sedert haar pa uit hul lewens is en die sedige
        oom Johan se kerkskoene soms onder haar ma se bed staan. Lisa hang haar
        engelvlerke op toe sy vir Darius Skietekat, oom Johan se seun, ontmoet.
        Oor een ding stem Lisa en Darius saam – hul ouers hoort nie bymekaar
        nie. In Lisa se ma se huis is daar baie vertrekke, maar nie genoeg om
        die Bothas en die Skietekatte uit mekaar se hare te hou nie. Al
        wat Lisa vra, is om uitgelos te word. Dis háár lewe, háár ape, háár
        sirkus, en Darius Skietekat hoef nie daarmee saam te stem nie.
 |  |  | 
       
        | .jpg/2(13)__325x500.jpg?v=1651742879364)
 NET VIR ’N SEISOEN OF TWEEdeur Dina Botha
 Marcelle ontmoet vir Sebastian by ’n partytjie. Nog nooit het sy so ’n
        vreemde,
 aantreklike en onbeskryfbare arrogante mansmens ontmoet nie. Voordat
        Sebastian nog haar naam weet, maak hy alreeds ’n afspraak met haar. Nie
        eens die feit dat sy skynbaar getroud is skrik hom af nie. Hy maak dit
        duidelik dat hy in haar belangstel en vasberade is om haar te besit –
        maar net vir ’n seisoen of twee. Marcelle is nie heeltemal blind vir sy
        aantreklikheid of bestand teen sy sjarme nie, maar ingee gaan sy beslis
        nie. Wanneer ’n ramp haar sakeonderneming tref, leer sy ’n ander kant
        van Sebastian Rigter ken.
 |  |  |    
    
     
      | 
       
        | .jpg/3(9)__325x500.jpg?v=1651742897518)
 SPROKIE VIR ’N PLAASKINDdeur René van
        Zyl
 Geneviève van Vuuren se sprokieshuwelik word onverwags deur haar
        verloofde afgestel. Kwaad, hartseer en teleurgesteld besluit sy
        impulsief om saam met haar suster en swaer met ’n kampeerwa deur Italië
        te gaan reis. Alles verloop goed, totdat die losbol wêreldreisiger,
        Reinhard Prinz, hulle op die laaste nippertjie vergesel. Al wat
        Geneviève met Reinhard in gemeen het, is die feit dat hulle albei as
        kinders deur ’n ouer verlaat is. Nie een van hulle vertrou die
        teenoorgestelde geslag nie en is ook nie van plan om van mening te
        verander nie. Is die vrees vir verwerping sterk genoeg om in die pad
        van hul geluk te staan?
 |  |  | 
       
        | .jpg/4(8)__325x500.jpg?v=1651742912361)
 VRYVAL NA LIEFDEdeur Corné van
        Rooyen
 Janneke Lombard werk vir die aantreklike joernalis, skrywer en
        avonturier, De Wet
 Combrink. Sy hou van haar werk en is gewoond daaraan om hom te vergesel
        waar hy ook al gaan werk. Maar om saam te gaan vakansie hou? Daarvoor
        is sy nie
 aangestel nie. Ook nie om sy suster se drie kinders op te pas nie. Hoe
        meer tyd Janneke egter saam met De Wet en die kinders deurbring, hoe
        meer raak sy bewus van haar gevoelens vir die man. Gevoelens wat beslis
        nie tussen ’n werknemer en haar baas hoort nie. Sy het lankal besluit
        dat sy nie weer wil seerkry nie – liefde en seerkry gaan immers
        hand-aan-hand.
 |  |  |      |  | 
No comments:
Post a Comment