| 
  
   
    |     
    
     
      | 
       
        | 
 DIE BEWONDERAARdeur Erla-Mari
        Diedericks
 Dominique du Randt word in Molenberg Psigiatriese-hospitaal opgeneem ná
        haar ma se wrede moord. Niemand glo in haar onskuld nie. Almal aanvaar
        dat haar agtervolger, Die Bewonderaar, net in haar nagmerries bestaan
        en nie werklik is nie. Haar sielkundige, Martin, het wel sy bedenkinge. Dan
        verdwyn een van Dominique se mede-pasiënte. Soos voorheen, is Die
        Bewonderaar weer in beheer.
 |  |  | 
       
        | 
 ROOIGETYdeur Bets Smith
 Inwoners van Makulu Manzi het skaars herstel van die
        kinderpornografieskandaal wat die dorp vroeër die jaar getref
        het.
 Nou is daar gerugte van moetiemoorde en ekstremistiese groepe wat
        kinders werf vir selfmoordbomaanvalle. Wanneer Daleen Boshoff se dogter
        tydens ’n uitstappie op die lyk van ’n tienerseun afkom, ruk dit die
        fondament onder hul uit. Is dit inderdaad moord vir moetie?
 |  |  |    
    
     
      |  | 
       
        | DIE MANJIFIEKE ONTWAKING VAN MELdeur Jacolet van
        den Berg
 Vir Mel is haar eie melkweg skitterend. Sy het wat sy wil hê, sy is wie
        sy wil wees. Sy maak die reëls en sy dra nie maskers nie, want sy is in
        beheer. Maar skielik maak ’n veel groter ster haar verskyning:
        Isabella. Mel word gekonfronteer met wie sy is en wat sy wil hê.
        Uiteindelik moet sy leer dat indien jy bereid is om jouself ontvanklik
        te maak, daar baie meer is wat mense in gemeen het as wat ons weghou
        van mekaar.
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | 
 VRY OM LIEF TE HÊdeur Alma
        Carstens
 Lara bevind haar in ’n penarie toe Thailand se grense skielik weens die
        pandemie sluit. Nie net sit sy gestrand in ’n vreemde land na haar
        vakansie nie, haar finansies is ook in ’n beroerde toestand. Teagan
        ontmoet vir Lara wanneer sy as vrywilliger in die oerwoud noord van
        Chiang Mai gaan werk. Hy ontferm hom oor haar, maar alles is nie soos
        dit op die oog af lyk nie.
 |  |  | 
       
        | 
 JAARGETYdeur Madelie
        Human
 Zadelle, die nuwe dokter op Groeneweide, dra ’n donker geheim en stel
        geensins belang in enige verhouding nie. Totdat sy vir Jacques
        Greyling, ’n aantreklike beesboer ontmoet. Jacques verloor sy hart op
        Zadelle en is vasberade om haar vir homself te wen, maar vind gou uit
        dis nie so maklik nie. Jacques is egter ’n Greyling en deins nie terug
        vir enige uitdaging nie.
 |  |  |    
    
     
      | 
       
        | 
 LIEFDE IS GENOEGdeur Rika Cloete
 Tharina Enslin word op haar troudag voor die kansel laat staan. Om die
        vernedering en hartseer te oorkom, reis sy na Positano, ’n romantiese
        dorpie aan die Amalfi-kus in Italië. Hier word sy van dag een af
        ongevraagd betrek by die intriges van die Malans: Hugo, ’n beeldhouer
        en die eienaar van die gastehuis waar sy tuisgaan; sy losbolbroer,
        Gideon; en Hugo se verloofde, die beeldskone Isabella Rossi. Die
        onderstrominge en geheime tussen hulle lei nie net tot lewensgevaar vir
        Tharina nie, maar bring haar ook nader aan haar lotsbestemming. En
        uiteindelik ook nader aan die liefde.
 |  |  | 
       
        | 
 BAGASIE VAN DIE HARTdeur Ernalize du
        Toit
 Toe Teda die aantreklike Engelsman Will Thaning met sy sexy aksent
        ontmoet, laat hy haar hart dadelik vinniger klop. Ongelukkig is dinge
        heelwat meer gekompliseerd as wat dit lyk en kom albei van hulle met
        bagasie. Net soos Teda, het Will ’n hartseer verlede wat altyd
        onlosmaaklik deel van hulle gaan wees. Saam met Will ontdek Teda nuwe
        plekke en droom sy oor nuwe moontlikhede. Maar het Will ná al hierdie
        jare enigsins ’n vrou in sy lewe nodig? Is hulle dalk op twee heeltemal
        verskillende plekke in hulle lewens met doelwitte wat nié versoenbaar
        is nie?
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | 
 GEANKER IN GELOOFdeur Caitlin
        Henderson
 Geanker in geloof
        nooi die leser uit om die skoonheid en wonder van God wat reg voor ons
        is, raak te sien sodat ons die eerste tree met nuwe moed kan neem in
        die rigting van die wonderlike roeping wat Hy vir elkeen het.
 |  |  | 
       
        | 
 RIG JOU GEDAGTES HIEROPdeur John Stange
 Hierdie boek is ’n uitdaging om vir een-en-dertig dae met jouself te
        praat soos wat die Here met jou praat. Leer om jouself deur God se oë
        te sien deur jou hart en siel te voed met Bybelse boodskappe vir
        geestelike bemoediging en onderskraging!
 |  |  |        |  | 
No comments:
Post a Comment