| Dit is as ’t ware net soos ’n supermark se ry van
            versoekings, want sodra jy dink dat jy versadig is aan die verskeie
            taalhulpbronne en -dienste, word jy verras met ’n splinternuwe blog
            wat wenke vir die onderrig van ’n spesifieke faset van
            taalstrukture en -konvensies gee, of selfs ’n kreatiewe hulpmiddel
            vir gebruik in die Afrikaansklaskamer.
 Sy verwys ook na VivA se Facebookblad, VivA Taalonderwysersforum,
            wat geskep is vir diegene wat Onderwysafrikaans op tersiêre vlak
            onderrig of as universiteitsmodule neem, of reeds praktiserende
            Afrikaans- en tuisonderwysers is. Dit is ’n platform waar wenke oor
            VivA se Afrikaanse Skoolgrammatika gegee word, omstrede kwessies
            ten opsigte van taalstrukture en -konvensies bespreek word,
            meningsopnames gehou word en skakels geplaas word na splinternuwe
            hulpmiddels wat op Taalonderrigportaal beskikbaar gestel word.
 
 | 
          
No comments:
Post a Comment