Saturday, July 11, 2020

Welkom by Klipkinders


Welkom by Klipkinders. Dit mag dalk vreemd, anders of soms teenstrydig wees. Ons is geleer om met hoofstroom saam te stem. Terwyl die waarheid bly knaag aan jou. Tradisie is na my mening uiters gevaarlik, en nie altyd reg nie. Ek praat nie van Oumie se lemoenkoek resep nie. Ek praat van hoe daar met kinders en vroue gewerk word. In ons sogenaamde beskaafde era gaan dit maar barbaars. Elke 17 sekondes word daar 'n vrou verkrag in Suid Afrika. Die wat wel gevonnis en gevangenis toe gaan, kom stil stil uit en doen dit maar net weer. Hierdie keer net "beter". Die gevangenis is 'n universiteit vir kriminele. Daar is meer regte vir hierdie mense as wat daar vir ons doodgewone Suid Afrikane. Rudi van Rensburg se boek Merk spreek hierdie kwessie aan sonder om dit te sugar coat. Kyk uit vir ons onderhoud. Alles is nie doom en gloom nie. Daar is 'n predikant in Worcester wat jou op sy Karoo Spoor saamvat op sy nuwe album. Stefaans Burden sing nie net nie, hy het die kostelikste kinderboek, Diere-Plesiere, geskryf wat as 'n paket te kry is saam met 'n CD. Hannes Barnard gesels met ons oor sy praatjie by die Woordfees, net voordat COVID-19 ons mal lewens tot stilstand gebring het. Hy het ook 'n nuwe boek, Wolk waaroor ons later gaan praat. Jy sal ook gereeld kan luister na Izak de Vries. Hy hou ons op hoogte van wat by LAPA se deur gaan uitkom, en ons gesels oor boeke en die lewe. (Wat volgens my onafskeidbaar is) Ek het 'n vriendin wat tans COVID-19 het wat haar ervaring met ons deel. Dit is 'n realiteit, nie 'n bogstorie nie. Was asb jou hande gereeld, en dra jou masker, hou by die sosiale afstand van ten minste 1,5m, en bid saam met my vir haar en almal wat siek is agv die virus. Maak vir jouself 'n lekker beker warm sjokolade en kuier heerlik saam met my. Rol vir iemand 'n klip uit die pad, al is jou pad vol klippe.

2 comments: