Dit gebeur gereeld dat ons vir mekaar vertel "jy ken mos vir Anne-Marie." Die waarheid is dat ons van mekaar weet. Om iemand te ken is heeltemal iets anders. Ek vind dat ek myself nou eers regtig leer ken, oftewel eerlik genoeg is met myself, om die hele ek te kan absorbeer. Daarom dink ek dat dit onverskillig is om te beweer dat ek iemand anders ken. Jy kan jou eie opinie hieroor he, en ek respekteer dit. Om iemand te ken, moet ek darm ten minste weet hoe sy/haar koffie drink, dit is nou indien die persoon koffie drink. Ek moet weet wat jou hond en kat, of papegaai se naam is, sonder dat ek dit in die koerant gesien het. Hierdie "kennis" is veral 'n probleem vir bekende mense. Ek verstaan dat die publiek, karakters wat elke dag in hul huise is, soos sepiesterre en radio omroepers, as bekend beskou. Selfs predikante en sprekers ondervind hierdie fenomeen. Gister het ek weer met my gesig in die stof geland nadat ek Annemarie Conolly se boek, Absorbing too much of the Atmosphere gelees het. Ek was windmakerig genoeg om te dink ek ken haar. Ons het mekaar al by meer as een geleentheid gesien en gesels. Ek was al in haar huis. Min het ek geweet wat hierdie vrou moes deurmaak. Ek is skaam vir my blatante onkunde. Sy lag altyd. Sy is nooit negatief nie. Sy help oral waar sy gaan, waarmee sy kan. Haar menswees is pragtig. Sy lyk altyd gelukkig, en dit is nie vals of oordrewe nie. Sy is "genuine". Intussen het sy haar oudste seun, Andrew-Paul 'n gediagnoseerde skisofreen, suksesvol groot gemaak. Vandag is hy 'n goed aangepaste man wat sy medikasie gebruik. Iets wat bitter min mense, wat aan hierdie wreede geestestoestand lei, doen. Ek weet dit omdat daar twee van my familielede was, wat ook aan skisofrenie gelei het. (Een het ongelukkig as gevolg van skisofrenie selfdood gepleeg) Wikipedia beskryf dit so: Skisofrennie is 'n geestesversteuring wat dikwels gekenmerk word deur abnormale sosiale gedrag en die omvermoe om te besef wat die werklikheid is. Dit is nie noodwendig iemand met verkeie persoonlikhede nie. Intussen het sy as ma tussenbeide getree, soos wat die meeste van ons doen, as Gavin, haar man hom wou dissiplineer. Sy het op vreemde tye in vreemde plekke gaan soek na Andrew-Paul, terwyl hy salig onbewus was van sy ma se angs en bekommernis. Annemarie was op 19 met Gavin getroud, en sy het hom in alles bygestaan tot die dag met sy dood. Hulle was 35 jaar getroud. Hulle het ook 'n jonger seun, Thomas. Thomas is 'n ingeneur, werksaam by die Anglo Platinum myn Amandelbult in Limpopo. Intussen daag skoonpa sak en pak op en ontwrig die klein bietjie roetine wat daar was vir Annemarie. Gavin kry demensie, en sterf later van 'n bloeiende maagseer na die verwydering van sy dikderm as gevolg van 'n kankergewas. "Demensie is grootliks 'n ouderdomverwante siekte waarin 'n mens se verstandelike en funksionele vermoens geleidelik agteruitgaan." En helaas is dit nie die einde nie. Annemarie se uitdagings neem toe. Ek weet nie hoe sy nie in 'n depressie verval het nie. Sy hou aan om bankvas agter haar kinders en haar familie te staan. En ek het die vermetelheid om te dink ek ken Annemarie Conelly? Dalk mag ek nou, na ons onderhoud en nadat ek haar boek gelees het, meer van haar weet. Ek wil haar beslis beter leer ken. Wat ek wel weet, is dat sy merkwaardig is, in elke opsig. Miskien is dit tyd vir Suid Afrikane om wakker te skrik, en om vroue en kinders met respek te erken vir dit wat hulle vir ons samelewing doen. Die probleem is heelwaarskynlik dat die verteenwoordigers in ons parlement onder die indruk is dat hulle ons KEN. Ons kwoteer graag die Sreuke-vrou wat koning Salomo besing het in een van sy wyshede. Salamo jou Sreuke-vrou is dalk meer werd as korale, maar staan opsy, Annemarie Conolly sit haar lag-lag (letterlik) ore aan. Kry jou kopie van Absorbing too much of the Atmosphere, 'n wipwaantjierit in 'n orkaan. Stuur 'n e-pos vir Annemarie. amconolly59@gmail.com
NS.Ek weet nog nie waar om die kappie-op-die-e's te kry nie
No comments:
Post a Comment