PERSVERKLARING
4 Augustus 2020
VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING
Diep spoor
DEUR Jeanette Stals
Tydens die Groot Trek laat drie vroue diep spore
Die
bekende skrywer van spanningsverhale, Jeanette Stals, gee hierdie maand ʼn
historiese roman by Penguin Random House uit. Die boek gaan eers in
e-boekformaat verskyn en sal in Februarie 2021 in gedrukte formaat verskyn.
Diep spoor vertel die verhaal van drie
vroue uit verskillende agtergronde en hul stryd om oorlewing tydens die Groot
Trek.
Daar is Katrien,
’n sensitiewe waterverfskilder. Sy en haar man, Stefaans, wou vir hulle
’n lewe op ’n plaas op die Oosgrens maak. Maar toe hulle lewens op die plaas
bedreig word, word hulle deel van Hendrik Potgieter se trek na die binneland.
Stefaans glo dat hul daar ʼn nuwe heenkome sal vind, ten spyte van al die
hartseer en swaarkry wat hulle tydens die reis tref.
Dina, ’n slavin, is Katrien se
grootste vertroueling. Sy trek saam, haar liefde vir Stefaans ’n geheim wat sy
ten alle koste moet bewaak.
Thabisa en haar dogtertjie
word ook deel van Katrien-hulle se trek. Wanneer Stefaans by Piet Retief se noodlottige
afvaardiging na Dingaan aansluit, onthou sy opnuut die onreg wat sy voorganger,
Shaka, haar familie aangedoen het.
In die
stormagtige jare voor en tydens die Groot Trek raak dié drie vroue se lewe
vervleg in ’n stryd om voortbestaan.
DIE
OUTEUR
Jeanette
Stals is die
skrywer van Katoog, Vermis en Dag drie. Sy het haar graad
aan die Universiteit van Pretoria verwerf en het onder meer skoolgegee, as
toergids gewerk en ’n gastehuis bedryf. Sy skryf nou voltyds en woon op Onrus.
ISBN: 978-1-4859-0430-4 (e-pub)
Voorgestelde verkoopsprys: R 280 I Kategorie: Fiksie
Vir ’n onderhoud met die skrywer, voorblaaie en / of skrywersfoto’s, kontak Frieda le Roux by fleroux@penguinrandomhouse.co.za / 021 460 5490.
Vir meer inligting, besoek www.penguinrandomhouse.co.za
No comments:
Post a Comment