Onskuld is die een ding waaraan daar heltemal te min aandag gegee word. Dit is kosbaar en moet ten alle koste beskerm word. Dit is daardie vrug van die boom van kennis van goed en kwaad. Ek weet nie waarom ons dit nie maar op die naam kan noem en eerlik kan begin praat oor seks nie.Daar word boeke geskryf en klas gegee rondom die onderwerp. Blomme en bye, muise en zabers. Ons dans soos gesoute ballerinas al om hierdie onderwerp. Dit word of glad nie bespreek nie, of kinders word hieraan bekend gestel deur hulle maats wat van pa se Playboys in die hande gekry het. Dan praat ek nie eens van die kuise vermanings en dreigemente wat as voorligting moet dien nie. Seksualiteit is deel van wie ek en jy is. Jou voor- en afkeure in kos is meer afwendbaar as die heilgskennis van die lyf. En hier val 'n boek in die boekrak tussen al die Jan van Elfens, en gee perspektief, sonder dat enige iemand groen onderdele in die proses opdoen. Ek weet nie of dit die outeur, Hannes Barnard, se motief was nie, maar in Wolk los hy die twee millenials Xandr en Rufus om self die waarde van onskuld te ontdek. In die proses gebeur die ergste ding denkbaar. 'n Beter agtergrond bestaan nie. Ons kinders is midde in die evolusie van als. Alles gebeur vinnig, en tegnologies. Terwyl almal agter slimfone se skerms funksioneer, begin 'n nuwe era daarsonder. Wolk maak my bewus van die vertroue wat ons maar kan he in ons jeug. Dit is hoogtyd om te kyk en luister na ons kinders. Hulle is aanpasbaar, ingelig en heeltemal bevoeg om 'n eerlike gesprek oor die lewe te voer. Onskuld lyk nie meer soos jare gelede nie, dit is dalk nie meer dieselfde nie. Dit kan 'n avontuur wees om hierdie staat te herontdek saam met jou what-ever-kind. Wees wel bereid om te erken dat jy nie oor al die antwoorde beskik nie. Die moontlikheid is baie groot dat hierdie mellenials reeds meer as een antwoord het. Hannes, ek het gewonder hoe jy na die puik Halley se Komeet, gaan opdaag. Toe kom jy met 'n skelm linkerhou en tref my leesbril met Wolk. Welgedaan. (Ek kry nogsteeds nie die "e" met 'n kappie nie)
No comments:
Post a Comment