|   
   
    | 
     
      | 
       
        | Kanker schmanker!“ ʼn Kale vlakte waar my regterbors eens was. Ek maak my oë toe
        en laat my brein toe om te proe aan hierdie monumentale ding. Kanker
        schmanker, besluit ek. Ek is nog net soveel vrou soos voor die
        operasie. My vroulikheid het toe al die tyd nie in my bors gesit nie.
        Dit sit in my kop, in my hart, in daardie onmeetbare, onaantasbare iets
        wat die gees genoem word.”
 
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | In
        hierdie aangrypende boek deel die bekende spanningsverhaalskrywer
        Madelein Rust die intiemste besonderhede van haar reis met borskanker.
        Dit is ʼn brutaal eerlike vertelling wat haar belewenis van die siekte
        met patos en humor uitbeeld. Lesers verkry ʼn eiesoortige blik op die
        fisieke ervarings van borskankerstryders sowel as die ewig veranderende
        binnewêreld van dié wat teen die siekte veg.
 Kanker schmanker! rus borskankerstryders toe met
        inligting wat nie altyd geredelik beskikbaar is nie en help hul geliefdes
        om die reis met kanker beter te verstaan. Dit is ʼn boek van hoop en
        triomf wat die leser hardop laat huil en laat lag. Dis ’n verhaal vir
        elkeen van ons wat ʼn stryd van enige aard stry.
 
 Kanker schmanker! is beskikbaar by jou naaste
        boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.
 |  |  |      
   
    | 
     
      | 
       
        | Om tot verhaal te komProbeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van
        skryfterapie – of journalling. En dis waarmee
        hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind.
 
 Skryfterapie is ’n bewese manier om deur verlies en trauma te werk,
        ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is – om amper letterlik
        “tot verhaal te kom”, selfs al dink jy jy kan nie skryf nie.
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Of jy jou werk verloor het, of deur ’n
        egskeiding moes worstel, of die slagoffer van misdaad was, of met ’n
        ernstige siekte gediagnoseer is, of ’n geliefde verloor het. Hierdie is
        alles lewensveranderende, traumatiese ervarings. Die antwoord oor die
        pad vorentoe lê in jouself: skryfterapie.
 Dis boonop iets wat jy in jou eie tyd kan doen, en op verskillende
        maniere, van letterlik ’n dagboek hou op papier, net vir jou eie oë
        bedoel, tot ’n digitale dagboek soos ’n aanlyn blog. Of selfs dig, of
        krabbel op papier ... Of dalk selfs jou memoires skryf. Alles help jou
        “om tot verhaal te kom”. Hierdie boek is jou praktiese journalling-gids
        met van inspirasie uit die werk van vele skrywers tot praktiese “Maar
        hoe skryf ek?”-wenke.
 
 Om tot verhaal te kom is beskikbaar by jou naaste
        boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.
 |  |  |      
   
    | 
     
      | 
       
        | Crochet and ConquerThis is a crochet book with a difference. For the first time in South
        Africa, women share stories of how crochet helped them through tough
        and dark times in their lives. The stories cover loss, work stress,
        depression, illness, the death of a child, as well as emotional and
        physical abuse.
 
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Twenty-one brave women open their
        hearts and tell their poignant stories of battle and eventual victory.
        Circumstances that cannot be changed are treated constructively and
        creatively throughout and Crochet and Conquer celebrates
        these women’s unbreakable spirit. The reader will be inspired with hope
        upon reading these stories.
 We have designed a motif for each of the women’s stories and used it to
        make personal and household items. Advanced techniques have been used
        throughout to get the best possible result.
 Enthusiastic beginners will also find suitable patterns and the book
        contains references to resources if needed. Lastly, bright colours have
        been utilised – multiple colours to brighten your day.
 
 Crochet and conquer is available at your nearest
        bookstore. The e-book, Inspiration for isolation: 14 Crochet
        patterns for 14 days, is available at LAPA and Amazon.
 
 Read one of the brave stories in Crochet and Conquer here – you'll also get a bonus
        crochet pattern for a poncho!
 |  |  |      
   
    | 
     
      | 
       
        | Binnekort beskikbaar!Kyk uit vir hierdie boeke.
 |  |  |            
   
    | 
     
      | 
       
        | Hoop, Heling & HarmonieSiekte is ’n natuurlike verskynsel sonder betekenis – potensieel
        ernstig, ja, maar bloot deel van menswees. Teen hierdie agtergrond
        ondersoek Hoop, heling & harmonie
        hoe siekte en behandeling ons liggame, gees en menswees aantas. Die
        doel van geneeskunde is om ons lewens positief te beïnvloed – in die
        woorde van Hippokrates, om soms te genees, dikwels te behandel, altyd
        te troos – maar die positiewe is nie noodwendig onvoorwaardelik nie:
        ons kan té wetenskaplik wees, die persoon agter die siekte miskyk.
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | ’n Terugblik na die verlede plaas die
        huidige in perspektief; die boek analiseer onder andere die taal van
        siekte en geneeskunde, die rol van emosies, ideologie en politiek in
        siekte, hoe ons teen die risiko’s van behandeling en navorsing beskerm
        word, einde-van-die-lewe-besluite ... en bereik dan die hoogtepunt:
        Hoop, Heling en Harmonie.
 Sonder hoop is die toekoms duister, sonder heling is daar geen genesing
        nie, en sonder harmonie in die uiteenlopende aandrange van siekte kan
        daar geen vrede in die gemoed wees nie. Hierdie onderwerpe word dikwels
        in die media bespreek.
 
 Covid-19 is vir almal ’n skrikwekkende nuwe ervaring wat beklemtoon hoe
        broos die mensdom is. Hoop, heling & harmonie
        is ’n tydige publikasie wat die besondere eise van die tyd vernuwend
        aanspreek. Die boek is uniek en sistematies, die teks en styl is
        toeganklik met heelwat toeligting; nogtans word die leser uitgedaag om
        opnuut oor siekte-ervaring na te dink.
 
 Hoop, heling & harmonie is hier beskikbaar. Die e-boek is hier beskikbaar.
 |  |  |  | 
 
No comments:
Post a Comment