|     
   
    | 
     
      | 
       
        | Nellie
        en SionHierdie storie gaan oor ’n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en
        inspirerende oppasser, Nellie. Nellie deel idees, plaaslike
        geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring ’n bietjie van haar
        wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle
        klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur.
 
 Nellie en Sion
        is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.
 
 Nelly and Sam
 This story is about a little boy Sam and his wonderful, creative and
        inspiring nanny Nelly. Nelly shares ideas, local history, tradition and
        culture with Sam. She brings a bit of her world, words and heart into
        his. Sam in turn, does what all little boys do – he happily joins
        in the adventure.
 
 Nelly and Sam
        is available at your nearest bookstore.
 |  |  |        
   
    | 
     
      | 
       
        | Dolfie
        Weerwolfie-reeks:Dolfie
        Weerwolfie (1) & Dolfie Weerwolfie (2): Volmaan
 
 Hierdie hoogsgewilde Nederlandse reeks oor ’n jong seuntjie wat op sy
        sewende verjaarsdag ’n weerwolf word, is vir die eerste keer in
        Afrikaans vertaal! Kinders sal mal wees oor Dolfie en sy vriende se
        humoristiese avonture. ’n Opwindende reeks wat hope pret waarborg!
 
 Dolfie
        Weerwolfie
 Toe Dolfie wakkerword is dit nog pikdonker. Die maan skyn deur die
        venster. Dis ’n spesiale nag.
 Sewe, dink Dolfie. Uiteindelik is ek sewe jaar oud!
 Dan skrik hy. Skielik het hy hare regoor sy lyf! Sy hande en voete is
        nou pote. En hy het sowaar ’n stert! Hy is … ’n weerwolf!
 Toe sy vriend Timmie opdaag, kla Dolfie “Ek wil nie ’n weerwolf wees
        nie!”
 “Dalk gaan dit vanself weg,” stel Timmie voor.
 “Ja, jy kan maklik praat,” grom Dolfie. “En wat as dit nie weggaan nie?
        Wat dan?”
 
 Dolfie
        Weerwolfie: Volmaan
 Dolfie is saam met sy klasmaats op ’n skoolkamp. Hope pret en
        kattekwaad wag net om die draai …
 Een aand sit al die kinders om die kampvuur. Dis volmaan, en die
        onderwyser vertel ’n storie.
 Skielik begin Dolfie kriewel. Hy is weer besig om wolf te word! Hy
        hardloop geskok in die bos in. Niemand mag weet wat hy is nie!
 Maar Noura kom agter iets is fout en besluit om vir Dolfie te agtervolg
        …
 
 Die Dolfie Weerwolfie-reeks is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.
 |  |  |      
   
    | 
     
      | 
       
        | Professor
        Fungus omnibus 1Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium
        en maak van nader kennis met zombie-tamaties, ’n klomp vreesaanjaende
        visse, ’n skrikwekkende monster wat die Snotzilla genoem word, ’n klomp
        dinosourusse … en beleef ’n asemrowende miniatuur-avontuur.
 
 Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek:
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | 
         Professor Fungus en die
             zombie-tamatiesProfessor Fungus en die
             ongelooflike miniatuur-avontuurProfessor Fungus en die
             mensvreter-piranhasProfessor Fungus en die
             skrikwekkende SnotzillaProfessor Fungus en die
             dino-avontuur Professor Fungus omnibus 1 is nou
        beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.  |  |  |      
   
    | 
     
      | 
       
        | Kan ʼn walvis
        winde los? En ander gruwelike en grillerige vrae oor diereEeuw!
 Jig!
 Sies!
 Bleg!
 
 Dis WALGLIK – maar dis WAAR!
 
 WEES GEWAARSKU – hierdie boek is propvol dierefeite wat jou kan NAAR
        MAAK!
 
 Watter oulike dierebabas eet hul ma se poef?
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Kan ’n gorilla puisies kry? Wat laat
        miere in zombies verander?
 Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met
        hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!
 
 Kan ʼn walvis
        winde los? En ander gruwelike en grillerige vrae oor diere is
        nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.
 |  |  |      
   
    | 
     
      | 
       
        | Lea lief
        apies: Grypdiewe en gevaarLea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en
        joernalis. Om diere te red, is in haar bloed!
 
 Lea en haar klasmaats is op pad na ’n primaatskuiling toe om vir ’n
        paar dae as vrywilligers te werk. Sy kan nie wag nie, maar ’n paar van
        die seuns het heeltamal die verkeerde idee en dink sowaar die apies is
        troeteldiere!
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Boonop dwing Suna en Mpho vir Lea,
        Hazel en Nikita om al hulle werk ook te doen en hulle moet ’n
        kamer deel. Glad nie pret nie.
 Dan begin alles skeefloop: iemand het ’n paar van die apies gesteel! En
        net toe Lea uitpluis wat met hulle gebeur het begin die bos brand ...
 
 Lea ❤️ apies: Grypdiewe en gevaar is nou
        beskikbaar by jou naaste boekwinkel.
 Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.
 
 Nog titels in die Lea ❤️-reeks:
 Lea lief
        seeskilpaaie: Avonture by die akwarium is beskikbaar by LAPA en Amazon.
 Lea lief honde:
        Hik, Hik, Hoera! is beskikbaar by LAPA.
 |  |  |      
   
    | 
     
      | 
       
        | Laaste leweEen van die eerste grafiese romans vir tieners in Afrikaans.
 
 Hierdie epiese grafiese roman is gebaseer op Fanie Viljoen se roman The Last Time I Died wat in 2016
        deur Ransom Publishing gepubliseer is.
 Die Swart Kraai het Sam se pa doodgemaak, en nou het hy Sam doodgemaak.
        Sam is egter nie dood nie. Die dood was die sesde van sy sewe lewens,
        en nou het hy nog een oorblywende lewe - om terug te kom en Die Swart
        Kraai dood te maak.
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Die kreatiewe meester Daniël Hugo het
        hierdie boek geïllustreer en lesers met 'n voorliefde vir die kuns van
        grafiese romans en strokiesprente sal weggeblaas word deur die
        besondere details van die illustrasies op elke bladsy.
 Laaste lewe
        is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by
        LAPA en Amazon.
 |  |  |      
   
    | 
     
      | 
       
        | Spooksoeker 2Warno Alberts is onder die indruk dat hy 'n nuwe begin kan maak ná sy
        ontmoetings met spoke in Spooksoeker
        #1.
 Ongelukkig is dit nie sy lot nie.
 Sy pad kruis weer met 'n reeks geheimsinniges en spoke. Nie net kom hy
        van aangesig tot aangesig met die berugte spookmeisie van Uniondale,
        die geheimsinnige man in swart, en die grusame bruid nie, maar hy
        ontdek ook die ander spooksoeker ...
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Spooksoeker 2 is nou
        beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.
 Spooksoeker 1
        is ook beskikbaar by LAPA en Amazon.
 |  |  |      
   
    | 
     
      | 
       
        | Elle-reeks
        omnibus 2In die volgende drie boeke van die Elle-reeks beleef Elle en haar
        vriende klomp avonture.
 
 In Rocksusters kan
        Elle nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys plaasvind nie.
        Die Musikanto is ʼn splinternuwe, landswye skolefees. Maar eers moet
        die skoolorkes genoeg geld insamel om in ʼn ordentlike hotel te gaan
        bly…
 
 In Duinebesies moet
        Elle teësinnig na Namibië gaan om saam met haar oom Eddie goggas te
        vang.
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Belaglik! Tog is die woestynuitstappie
        baie meer opwindend as wat Elle verwag het. Dit het dalk te make met ʼn
        paar manstudente in die navorsingsgroep wat enige meisie twee keer laat
        kyk.
 In Franse vlegsel gee
        die woord losloper vir Elle koue rillings … Dit is presies wat sy
        hierdie jaar gaan wees wanneer Alex op ʼn 4x4-toer gaan. Die enigste
        lekker ding wat vir Elle voorlê, is haar vakansie na Parys in Frankryk
        saam met Refi. Maar ʼn uitruilstudent met stoute groen oë maak ʼn
        onverwagse opwagting, en hy doen vreemde dinge aan Elle se hart.
 
 Elle-reeks omnibus
        2 is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is
        beskikbaar by LAPA en Amazon.
 
 Elle-reeks omnibus
        1 is beskikbaar by LAPA.
 |  |  |      
   
    | 
     
      | 
       
        | Glam-divas omnibusStylvol en swierig.
 
 Talia, Didi en Lienka is al van kleuterskooldae af beste vriendinne.
        Noudat hulle in graad tien is, weet hulle presies wat die skool nodig
        het: ’n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp
        en modewenke gee. Maar as jy in graad tien is, is dit nie
        kinderspeletjies om almal te oorreed om jou ernstig op te neem nie.
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Tussen die agentskap, meisies wat
        vasbeslote is om die Glam-divas se lewens te versuur en seuns wat hulle
        knieë lam maak, is daar nooit ’n vervelige oomblik nie.Lees nou al drie hierdie geliefde verhale saam in een
        lekkerlees-omnibus.
 
 Glam-divas omnibus
        is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by
        LAPA en Amazon.
 |  |  |      
   
    | 
     
      | 
       
        | WolkRufus en Xandr het pas graad 10 klaargemaak en hulle ken mekaar van
        kleintyd af.
 Hulle het al talle eerstes saam beleef – om te sê hulle is beste
        vriende is ʼn understatement.
 Rufus, eintlik Ruth maar Xandr noem haar Rufus, se pa het egter besluit
        dat die gesin die land moet verlaat.
 Die vriende moet afskeid van mekaar neem en beplan om hul laaste eerste
        – die belangrikste eerste – saam te hê.
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Dis net hulle en ʼn ou Midge wat
        iewers in die Vrystaat in ʼn grot vir ʼn paar dae gaan bly.Sal hulle die plan kan deurvoer?
 Wat van die swart-en-oranje wolk wat op die horison verskyn?
 
 Wolk
        is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by
        LAPA en Amazon.
 |  |  |      
   
    | 
     
      | 
       
        | Halley se
        komeetOok uit dieselfde skrywer se pen is, Halley
        se komeet.
 Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie
        gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde vriende:
        Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker
        gesê as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien en die
        skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land
        wat reeds polities verwronge is?
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Halley se komeet is ’n
        uitstekende grootworddrama, vol emosie en nostalgie en
        is beskikbaar by LAPA en Amazon.  |  |  |          
   
    | 
     
      | 
       
        | My boek oor
        gevoelensMy Boek van
        gevoelens  is ’n gevoelvolle verhaal van Simone
        se emosies: vrees, woede, jaloesie, blydskap, skaamheid, trots en
        hartseer. Hierdie boek neem kinders op ’n ontdekkingstog en leer hulle
        hoe om elkeen van dié gevoelens te hanteer soos hulle dit ervaar.
        Betowerende illustrasies met bykomende raad en voorstelle maak dit ’n
        besondere leeservaring.
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | My boek van gevoelens is hier beskikbaar.  |  |  |      
   
    | 
     
      | 
       
        | Rowley
        Jefferson se Vreeslike Vriendelike AvontuurAvonture wag! Uit die verbeelding van Rowley Jefferson kom ’n avontuur
        van epiese afmetings! Sluit aan by Roland en sy beste vriend, Garg die
        Barbaar, waar hulle die veiligheid van hulle dorpie verlaat en op ’n
        sending vertrek om Roland se ma uit die kloue van die Hardekwas
        Heksemeester te red. Gaan ons helde oorleef? Lees Rowley Jefferson se
        Vreeslike Vriendelike Avontuur en vind uit!
 |  |  |    
   
    | 
     
      | 
       
        | Rowley Jefferson se Vreeslike
        Vriendelike Avontuur is hier beskikbaar.  |  |  |  | 
 
No comments:
Post a Comment