|
Stillewe - Marie Spruyt
In ’n skoendoos vol papiere wat Lizette de Klerk by haar bejaarde ma
kry, ontdek sy ’n brief van haar oupa. Dié versoek dat ’n bedrag geld
aan die Italiaanse De Lucas-gesin betaal word. Haar oupa het
gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Italië geveg en is daar gewond.
Presies wat tussen haar oupa en die De Lucasgesin gebeur het, is nie
duidelik nie, maar dit stuur Lizette op ’n speurtog na Italië.
Stillewe
is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.
|
|
|
Armand Kook Kaal Volume 2 - Armand Aucamp
Hier’s Armand weer, sonder klere voor jou deur…
In sy nuwe boek stroop Armand sy gunstelingdisse (en homself) nog
verder. Sy selfopgelegde uitdaging was om bestanddele wat reeds in sy
koskas was, te gebruik. Dié kreatiewe verkennings lei tot ’n
‘van-plaas-tot-tafel’-aanslag wat wys dat die smaaklikste en
gesondste kos eenvoudige kos is.
Armand Kook Kaal
Volume 2 bestaan uit 50 banting- en keto-vriendelike
disse. Stap-vir-stap, en met pragfoto’s daarby, wys Armand hoe om
heerlike disse te skep uit vars bestanddele sonder om die skaal of
beursie te laat ly.
Armand Kook Kaal
Volume 2 is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.
|
|
|
|
|
Lyfskap - Sophia Kapp & Leonie van Rensburg
“Liefde, welke
soort ookal, kom nooit alleen nie.”
’n Versameling van erotiese verhale oor die liefde, wellus, genot,
soete verleiding, passie, honger en vlamvat. Deur skrywers soos Maya
Fowler, Joan Hambidge, Zirk van den Berg, Fanie Viljoen, Riana
Scheepers, Jan Vermeulen, Irna van Zyl, Hans Pienaar, Marion Erskine,
Leon van Nierop en Kerneels Breytenbach.
Lyfskap
is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.
|
|
|
Die duiwel maak my hart so seer - François
Bloemhof
Kom ons breek
die reëls van misdaadfiksie!
Dis 1981 en die maand is Januarie. Wie is so duiwels om die Van
Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte – maar het
reeds met die eersgeborene se dood begín. Dis ’n hartseer saak. ’n
Saak van gebed. En dit is ’n saak vir Ludo Labuschagne, die
anti-held wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels
op te klaar.
Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone,
die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte
speurwerk vervang het.
Weg met alles wat jy geleer het om te verwag ...
Die duiwel maak
my hart so seer is nou beskikbaar by jou naaste
boekwinkel.
|
|
|
|
No comments:
Post a Comment