Friday, March 5, 2021

Krap in die Maroela Media Koöperasie-afslagmandjie!

 

Kom krap in ons Koöperasie-afslagmandjie!

 

 

In ʼn tyd waar meeste van ons sente moet omdraai, die gordel stywer moet trek en die spaarbussie moet volstop, is dit mos altyd lekker om te hoor as daar iewers ʼn winskopie beskikbaar is.

Kom loer gerus in by ons Koöperasie en grawe rond in ons nuwe afslagmandjie! In dié mandjie bied ons vir jou byvoorbeeld T-hemde teen groot afslagpryse aan. Dié hemde is die laaste van die reeks en jy sal dus nie weer dié produkte van Maroela iewers anders kan kry nie. Maar ons het ook Boereplaas-bordspeletjies (en ʼn uitbreidingstel as julle die speletjie nog meer opwindend wil maak) en die mooiste stel glasbekers.

Nóú is jou kans om vir ʼn appel en ʼn ei iets mooi en lekker te koop – boonop in Afrikaans!

En terwyl jy so lekker in die digitale gange rondsnuffel, loer gerus ook na ons nuwe produkte – van alles wat jy nodig het om ʼn melktertmeester te word, radiostories vir die langpad, Maroela se eie liedjie en velskoene waarmee jy diep spore kan trap.

En die beste van alles? Deur-tot-deur aflewering is nou slegs R60 per pakkie!

Waarvoor wag jy?

 

 

 

 

Kom praat jou taal

Ontsnap die stad deur Maroela Media se Koöperasie te besoek. Dit is jou een-stop Afrikaanse aanlyn winkel met rakke vol unieke, uitgesoekte en bekostigbare geskenke. Elke pakkie word verpak met die grootste liefde en omgee, asof jou ouma dit self vanaf die plaas vir jou gestuur het. Met iets vir almal is die Koöperasie ʼn onvergeetlike nostalgiese ervaring. Hier kan jy na hartelus inkopies doen, in die gemak van jou sitkamer en in jou eie taal. Lekker, Maroela!

Facebook

Twitter

Link

Pinterest

Website

 

 

Kopiereg © 2021 Maroela Media. Alle regte voorbehou.

Ons posadres is:
Maroela Media
h/v DF Malanrylaan en Eendrachtstraat, Kloofsig
Pretoria, Gauteng, 0157
Suid-Afrika

Opdateer jou inligting of teken uit.

No comments:

Post a Comment