Wednesday, May 5, 2021

Dinge van ’n hond deur SP Benjamin, ’n lesersindruk https://www.litnet.co.za/dinge-van-n-hond-deur-sp-benjamin-n-lesersindruk/

 

Dinge van ’n hond deur SP Benjamin, ’n lesersindruk

  • 0

Titel: Dinge van ’n hond
Skrywer: SP Benjamin
ISBN: 9781485903314
Uitgewer: Penguin

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging geskryf en aan LitNet gestuur.

Dumpsite. Dit is die plek waar my en jou vullis heen gaan, om “weg te raak”. Die waarheid is egter dat niks net weggaan nie. Alles het ’n ewigheid waarvan niemand wil weet nie. Ek en jy mag miskien dink dat jou en my gemors weg is die oomblik wat die aslorries jou wheelie bin kom omkeer in sy eie groter gemorsmaag. En dit eindig ook nie daar nie. Daar is meer as een so ’n aslorrie wat elkeen op sy beurt hierdie gemors in ’n nog groter ashoop gaan uitspoeg. Dit lyk vir my asof ons salig onbewus aangaan met ’n gemors.

Dit is nie net die sigbare rommel wat sneeubal nie. In elke mens se lewe is daar ’n asblik, aslorrie en dumpsite. Daar is geen maklike manier om met hierdie aaklige waarheid om te gaan nie. Hierdie goed steek gewoonlik kop uit wanneer jy die minste gereed is daarvoor.

Dinge van ’n hond het ook nie ’n regte tyd om gelees te word nie. Dit is ’n vuishou wat lankal wag om te tref.

Die geheimenisse van die mense wat op Gatlek gebly en gewerk het, word een na die ander op die dakke uitbasuin. Die boek is eerlik, en sonder etiket. ’n Ding het ’n naam, en hy word dit genoem. Dalkies, dalkies is dit tyd om te besef ons almal is verantwoordelik vir die groot gemors. En daar is nie ’n ding soos julle, hulle en ons nie. Ons is ons. Dis dit.

No comments:

Post a Comment