Monday, September 6, 2021

Hoera vir Jaco Jacobs! 🎉

 

 

 

 20 heuglike jare van Jaco Jacobs!
Jaco Jacobs is sonder twyfel een van Suid-Afrika se héél gewildste, héél bedrywigste en héél beste kinderboekskrywers en hierdie jaar vier ons sy twintigste jaar in die boekbedryf. Dis ‘n prestasie wat ons graag met julle as lesers wil deel, daarom gee ons julle lekker afslag en is daar fantastiese pryse op die spel.

 

 

20 jaar, 20 boeke, 20 minute!
 Om Jaco se 20ste jaar as gepubliseerde skrywer te vier gee ons nie nét 20 van sy boeke weg nie, maar ook ‘n 20 minute lange Zoom-sessie met die skrywer! Dis reg! As jy (of jou kind) wen, kan jy vir 20 minute lank vir Jaco peper met al die vrae wat jy hom nog ooit wou vra! Hou ons sosialemediabladsye dop vir meer inligting.

 

Selfies met Skape!
Dinge wat jy nie van skape geweet het nie is een van Jaco se gewildste boeke vir tieners. Die boek word nou ook in Engels vertaal as Taking selfies with a sheep en is een van die dae beskikbaar! Jy kan die boek EN 'n Instamax-kamera wen. Gaan like ons Facebook- en Instagram-bladsye om seker te maak jy mis nie uit op die lekker prys nie.

 

 

'n Lekker winskopie! 
Bastian Blom is ‘n interessante outjie. Hy versamel grillerige goed, soos valstande en boeke met spookstories, en hy bly saam met sy pa bo-op ‘n oudhedewinkel. Maar vreemde goed gebeur in die winkel … skilderye begin praat, monsters word lewendig en het iemand 'n woedende weerwolf genoem? Koop nou al vier boeke teen 15%-afslag! Aroooooo!

 

 

Jaco in jou klaskamer ...
Baie van Jaco se boeke is ideaal vir die klaskamer en ons het ook verskeie studie- en leesgidse en leesgidse oor sy boeke beskikbaar. Kyk gerus uit vir die gids van My Ouma is ‘n Rockster wat binnekort verskyn, maar loer solank hier vir ekstra materiaal om jou in die klaskamer by te staan.

 

 

Sy nuutste boek, Tussen die Lyne, is ‘n wonderlike aktiwiteitsboek wat kinders (en grootmense) help om kreatief te skryf. Jou klas gaan nooit weer sukkel met opstelle nie! Ander lekker boeke om met groot vrug in te span is Wo(o)rdslim 1 & 2 en die fantastiese feiteboek met die stoute titel, Kan ‘n walvis winde los?

 

 

 

In 20 jaar het Jaco BAIE geskryf, so as jy jou kind wil bederf met een van die honderde boeke uit sy pen, klik op die onderste skakel. Daar is voorleesboeke, soos Sasha word stil, boeke vir beginnerlesers, soos die
Z is Zackie-reeks, selfleesboeke soos al die Zackie Mosterts en natuurlik boeke vir tieners, soos Suurlemoen! Maar gaan snuffel eerder self rond!

 

No comments:

Post a Comment