| 
       
        | 
 INA, 'N VERHAAL VAN GENADE EN GENESINGdeur Ina Bonnette
 
 Ina Bonnette is wreed
        aangeval en gemartel deur die Modimollemonster en sy drie handlangers.
        In haar boek vertel sy self wat daardie dag op 3 Januarie 2012 gebeur
        het. INA, ’n Verhaal
        van genade en genesing is die merkwaardige getuienis van ’n
        oorwinnaar. Sy moes nie net die onmenslike trauma, pyn en
        lewens-veranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook
        haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is.
        Hierdie uitsonderlike verhaal van oorlewing, genade en uiteindelik
        genesing sal die leser inspireer om bo die verlede uit te styg, selfs
        al is dit deurdrenk van tragedie en onnoembare lyding.
 Ina: ’n
        Verhaal van genade en genesing
        is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn.
 |  |  | 
       
        | 
 JEREMIA EN
        DIE AMANDELBOOMdeur Wendy Maartens
 
 Jeremia en die
        Amandelboom is gegrond op die Bybelse verhaal van Jeremia
        se roeping. Hierdie pragtige prenteboek vertel die storie van ’n jong
        Jeremia wat met spraak gesukkel het totdat die Here hom aangeraak en ’n
        amandeltak as belofte gewys het.
 Nie net is die storie pragtig en toeganklik geskryf soos net Wendy
        Maartens kan nie, maar die boek bevat ook inligting en hulpbronne vir
        ouers en onderwysers om te help met spraakontwikkeling in kleuters.
 
 Hierdie bemoedigende verhaal sal alle kinders wys dat hulle spesiaal is
        vir die
 Here en dat Hy hulle sal help en gebruik.
 
 Jeremia en die
        Amandelboom is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel en
        aanlyn.
 |  |  | 
    
No comments:
Post a Comment