| 
  
   
    |   
    
     
      | 
       
        | Visueel,
        gestroop en op die man af: Peet Venter het sy roeping gevind in
        misdaadspanning – soms met misterie, geskiedenis, selfs humor, maar
        hoofsaaklik misdaad. Hy vermy die stereotipe, toets uiterstes met sy
        karakters; van die menslikes tot dié wat bloot net boos gebore is.
 "Peet Venter draai nie doekies om nie. Die pas in die verhale is
        vinnig en die
 gebeure is grusaam. Met sy gestroopte styl trek Venter die leser
        onverbiddelik in die verhaal in." — Alta Cloete
 |  |  |    
    
     
      | 
       
        | .jpg?v=1631109293349)
 EEN VIR EEN
 Die onderwêreld is in rep en roer. Kaptein Fritz Hartzer ondersoek die
        moord op taxibaas Baloyi en die Rus Slović, invloedrykes in Gauteng se
        georganiseerde misdaad. Ook binne misdaadbaas Don Knox se kringe is
        roeringe. Is iemand besig om die grootkoppe in georganiseerde misdaad
        een vir een uit te haal, of is dit bloot die gevolge van hulle
        toenemende kompetisie met mekaar? Wanneer Slović se vriendin binne die
        polisiestasie, onder sy wakende oog, vermoor word, wéét Fritz dat
        iemand binne eie geledere betrokke moes wees.
 Die druk is hoog en die tyd min. Maar is dit alles die moeite werd –
        veral as Fritz bykans nooit meer by die huis is om sy vrou en dogter te
        sien nie?
 |  |  | 
       
        | 
 DIEPER AS
        DIE BLOED
 Thys Krige se dryfveer is die onopgeloste moord op sy pa. Die enigste
        leidraad wat hy het is iemand wat hy daardie aand vlugtig naby die
        toneel gesien het, en die woorde wat die man vir hom gesê het: “Kyk
        dieper as die bloed.” Sy ondersoek na die moord op twee sakemanne lei
        Krige na die onopgeloste moord op ‘n model. Hy krap ’n
        misdaad-sindikaat van korrupte sakemanne en senior polisie-offisiere
        oop; mense wat hulself as bo die wet beskou; mense wat nie skroom om
        wie in hul pad kom uit die weg te ruim nie. In die proses kry Krige
        oproepe van ’n geheimsinnige persoon wat nie alleen sy vordering met
        die ondersoek dophou nie, maar ook duidelik baie van hom weet. In hul
        gesprekke sê die man by herhaling vir hom: "Kyk dieper as die bloed."
 |  |  |    
    
     
      | 
       
        | 
 BRAND
 Die voormalige
        speurkaptein Thys Krige is wat hy is. Hy maak mense dood. Hierdie
        keer word hy betrek by korrupsie en komplotte op regeringsvlak. ’n
        Korrupte president speel in die hand van ’n buite-landse familie wat
        onmoontlik ryk is, nie as gevolg van hul onbaatsugtige werkywer nie.
        Sagte kolonisering, noem mens dit. Nou loop die tentakels daarvan al so
        diep in die struktuur van mense in sleutelposte dat niemand meer seker
        is wie betrokke is en wie vertrou kan word nie. In sulke gevalle
        protesteer mense gewoonlik. Hulle kan byvoorbeeld so aggressief gemaak
        word dat hulle mekaar begin uitroei.
 |  |  | 
       
        | 
 SOOS 'N
        DIEP WATERKUIL
 "’n Sedelose
        vrou is soos ’n diep waterkuil. ’n Verleidster is soos ’n put waaruit
        jy nie kan kom nie. Eers was daar een. Toe was daar twee. Nou is daar
        drie."
 Die stem wat laatnag met speur-adjudant Jaap Helberg, beter bekend as
        Boel, oor die foon praat, is skor en die elokusie dik soos iemand met
        ernstige laringitis en ’n verstopte neus. Die moordenaar hou van
        raaiselspeletjies. Hy bel Helberg met die slagoffer se selfoon, vertel
        hom waar hy haar lyk kan kry en stuur vir hom ’n video van hoe sy
        vermoor word. Hierdie is sy derde slagoffer ...
 |  |  |      
    
     
      | 
       
        | Volg ons op sosiale
        media |  |  |  |  | 
No comments:
Post a Comment