Monday, February 28, 2022

Van Rusland, met liefde?

 

Can’t see this mail? Click here to view it online

 

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 888

25/02/2022


  Krities Afrikaans

 

Van Rusland, met liefde?

 

Pasverskyn

Terreur en bevryding


Outeur: Leopold Scholtz
Uitgewer: Jonathan Ball
ISBN: 9781776191673

Die sleutel tot ’n begrip van die ANC vandag lê in sy historiese verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en sy optrede in ballingskap.

In Terreur en bevryding dui Leopold Scholtz aan hoe die SAKP reeds in 1928 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer en mettertyd die party se leierskap oor te neem as deel van ’n revolusie in twee fases. Die eerste fase sou ’n nasionaal-demokratiese revolusie wees en in die tweede sou die alliansie ’n Marxisties-Leninistiese "diktatuur van die proletariaat" in Suid-Afrika vestig. Volgens Scholtz sou dit ’n immorele stelsel met beperkte vryheid meebring.

 

Menings

 

Putin’s invasion and the failure of peace

Tristen Taylor
Opinion

"The war began today (24 February 2022) ... Today represents the world’s failure to find peace for Ukraine. Unfortunately, tomorrow won’t be any better."

 

 

Van Rusland, met liefde?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Maar waar staan ons in Suid-Afrika? Ons ontvang hulp van die VSA, en ons het stewige ekonomiese verhoudinge met Rusland en China. Dit voel inderdaad soms asof ons in die proses is om deur China gekoloniseer te word, stilweg en sonder dat daar veel teenstand is."

 

 

Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Leopold Scholtz

Freek Robinson, Leopold Scholtz
Uit die argief-onderhoude

Waarom het Poetin ’n eiertjie te lê oor die Oekraïne? Leopold Scholtz skets vir Freek Robinson die sosiopolitieke en historiese agtergrond. Hierdie gesprek het op 3 Februarie 2022 op LitNet verskyn.

 

 

Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Dirk Hermann en Danie van Wyk

Freek Robinson, Dirk Hermann, Danie van Wyk
Onderhoude

Daar heers groot kommer oor die regering se voorgestelde wysiging van die taalklousule in die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys. Dirk Hermann van Solidariteit en Danie van Wyk van DAK Netwerk gesels met Freek Robinson.

 

 

#opdielug met Ivan Ndevu

Robyn van de Rhede, Ivan Ndevu
Onderhoude

Internasionale Moedertaaldag word elke jaar op 21 Februarie gevier. Die eerste gas van 2022 op die "Lekker LitNet"-insetsel (Radio 786) is Ivan Ndevu, program- en kantoor-assistent by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA). Robyn van de Rhede gesels met Ivan, wat Afrikaans, Xhosa en Engels magtig is, oor die SBA se digitale kinderboeke in tale soos Kaaps, Setswana, Arabies en Khoekhoegowab. Hierdie insetsel is deel van die maandelikse program Barakat, aangebied deur Radio 786 en die Afrikaanse Taalraad (met Fatima Allie agter die mikrofoon).

 

 

Objektiwiteit en regterlike besluitneming

Handré Brand
Seminare en essays

"Wat behels regters se strewe na integriteit en objektiwiteit in hofuitsprake? Is daar spesifieke faktore wat partydigheid (of sydigheid) van uitsprake op ’n subtiele wyse kan bevorder?"

 

 

Johan Combrink-gedenklesing 2022: ’n Postpandemie kultuur

Jean Oosthuizen
ATKV-Portaal

"Die uitvoerende kunste bied belangrike sleutels om weer menswaardigheid te ontsluit in ’n postpandemiese Suid-Afrika."

 

 

Wentzel van Huyssteen (1942–2022)

Danie Veldsman
In memoriam

Die internasionaal gevierde teoloog Wentzel van Huyssteen is op 18 Februarie 2022 in die ouderdom van 79 oorlede. Danie Veldsman bring hulde aan hom.

 

 

Die regte van diere in deeltitelskemas (en die verskil tussen katte en honde)

Nini Bennett
Rubrieke

"Die meeste huiskatte is arrogante introverte. Om die waarheid te sê (en nou trap ek katvoet, want ek is ook ’n katliefhebber), katte is totaal self-absorbing. Enige liefde of toenadering teenoor hulle humans word as ’n wonderwerk beskou, al staan kiets en skuur en miaau teen die yskas vir tuna. Katte is narsiste."

 

 

Press release: Premier Alan Winde to kickstart DAK Netwerk’s Planning Conference

LitNet
English

The planning agenda for the weekend comprises matters like economic development, job creation, youth development and literacy intervention programmes.

 

 

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet
Menings

COVID-19: Kry die feite | Get the facts

 

 

OuLitNet: Uit die argief

 

Die mond is nie ’n geheim nie: Johannes Kerkorrel

Toast Coetzer
Argief (OuLitNet)

"Die aanwysings na die huis net buite Eersterivier is presies. Op ’n ou perdeplaas wat intussen in ’n spul ruim plotte verdeel is, woon Ralph Rabie nou al die afgelope drie jaar."

 

 

Nou op Voertaal

 

Oekraïne ook op die spits in die Lae Lande

Milton Webber
In het nieuws

"Rusland se optrede met betrekking tot Oekraïne word met sanksies gestraf; Nederland en België oorweeg nou om wapens aan Oekraïne te lewer; ’n gyselaarsdrama in Amsterdam; enorme storms veroorsaak ongekende skade in Europa; premier Rutte vra verskoning vir Nederlanders se optrede tydens Indonesië se vryheidstryd; en ’n gesonke Nederlandse vragskip is klaarblyklik aan die Suid-Afrikaanse kus opgespoor."

 

 

Suid-Afrika se finansies is in veiliger hande

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die land se finansies is ongetwyfeld in veiliger hande. Daar behoort egter groter aandag gegee te word aan die land se skuldprobleem."

 

 

EFF en AfriForum se hofsaak skeur Suid-Afrikaners uiteen

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"EFF-ondersteuners staan bankvas agter Malema se verdediging van die omstrede lied en is eenstemmig in hulle verdediging daarvan. Onder sy opponente is daar egter geen eenstemmigheid of dit wys was om die saak weer op dié manier in die kollig te plaas nie."

 

 

Daar is ’n ding in Nelson Mandelabaai se drinkwater

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die water is glo deur bakterieë besmet nadat spore van E coli – menslike of dierlike afval – in toetsmonsters ontdek is."

 

 

Universiteite kry sterk teenstand oor verpligte inenting

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde (SAFTU) het sy steun gegee aan studente wat teen verpligte inenting by die UV betoog. Dit nadat die studente die strate ingevaar het uit protes teen die universiteit se inentingsbeleid."

 

 

Die impak van COVID-19 op skole in Nederland: ’n onderhoud met Ina van den Boogaart

Naomi Meyer, Ina van den Boogaart
Academisch

"Ek sou sê in die tyd van Covid, in ’n stedelike omgewing waar daar baie migrante woon, was die grootste effek op taalontwikkeling."

 

 

Walus se aanhouding druis in teen Grondwet se "menslike" waardes

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Die vraag wat gevra moet word, is of Janusz Walus se volgehoue aanhouding geregverdig kan word. Tot wie se voordeel is dit? Word hy steeds as ’n gevaar vir die samelewing beskou? Gaan sy vrylating ou wonde vir die Hani-familie open? Omgekeerd: Verdien hy nie ook om, soos elke ander aangehoudene in Suid-Afrika, die reg op vrylating te hê wanneer en indien hulle aan die wetlike vereistes voldoen nie?"

 

 

’n Besinning oor Mijn beste vriendin, Anne Frank

Izak de Vries
Film

"Hierdie film is steeds relevant en daar is talle mense in Suid-Afrika wat soortgelyke ervarings deurgemaak het. Ons moet hulle erken. Ons moet bewus wees. Suid-Afrika het nie eksterminasiekampe gehad nie, maar ons het tot in die jare sewentig nog goedsmoeds mense op totaal arbitrêre gronde uit hul huise gegooi."

 

 

Vra die veearts: Vlooimedikasie

Marianne Lomberg
Mens en dier

Amanda skryf: "Ek het Sondagmiddag vir my hond vlooimedikasie gegee, maar teen Maandagmiddag het hy nog steeds gekrap en daar was nog steeds vlooie op hom." Lees Marianne se antwoord.

 

 

Press release: Women in the struggle (Episode 2): Writing new canons towards healing

Voertaal
Zuid-Afrikahuis

"Black feminism, and many other subjects on the broad grid of intersectionality deserve their own airing time. It was not hard to find other inspired academics and cultural producers to join the bandwagon in this series."

 

 

Akademies en skole

 

Van daar na waar? ’n Oorsigtelike blik op die herstandaardiseringsdebat van Afrikaans

Earl Basson
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Ek stel voor dat skoolhandboeke ’n gepaste bron is om Afrikaans te herstandaardiseer, omdat dit enersyds tekste is met erkenning van amptelike liggame soos die Departement van Basiese Onderwys en andersyds aanduidend is van die sosiopolitieke ideale van ’n samelewing."

 

 

Op soek na regsekerheid in die warboel van abduksie, menseroof en mensehandel

Beatri Kruger
LitNet Akademies (Regte)

"Daarom is die onduidelikheid in wetgewing en regspraak in verband met die drie misdrywe kommerwekkend. Dit kniehalter regsekerheid en belemmer die suiwer toepassing van die reg."

 

 

Wiskunde met LitNet, graad 8: ’n video oor die optel en aftrek van negatiewe heelgetalle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Dis koud in hierdie woud en dis op die oomblik –38 grade Celsius in die Suidpool. Kyk hierdie YouTube-video op LitNet se kanaal om te hoor hoe Lee-Ann West nog meer voorbeelde van negatiewe heelgetalle aan graad 8-leerders verduidelik.

 

 

Wiskunde met LitNet, graad 8: ’n video oor die maal en deel van negatiewe heelgetalle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Moenie op die kredietkaart koop nie. Anders vermenigvuldig jou skuld. Kyk hierdie YouTube-video op LitNet se kanaal om te hoor hoe Lee-Ann West nog meer voorbeelde van maalsomme ten opsigte van negatiewe heelgetalle aan graad 8-leerders verduidelik. Sy verduidelik ook deelsomme hiervan.

 

 

Kuberkelder: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, graad 9, Vraestel 1

Dewald Koen
Notas, toetse en vraestelle

Dewald Koen, voorheen Afrikaans-onderwyser by Kingswood College, deel ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestel en -memo vir graad 9-leerders.

 

 

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

 

 

Aankondiging: Die Taalkommissieadviespaneel van die SA Akademie

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die adviespaneel is uit die breë Afrikaanse taalgemeenskap saamgestel om die Taalkommissie te adviseer oor veral woorde vir oorweging en insluiting in die volgende uitgawe van die gesaghebbende Afrikaanse woordelys en spelreëls.

 

 

DAK Netwerk-persverklaring: Afrikaanse onderwys moet ook voordeel trek uit reuse-onderwysbegroting

LitNet
Skole

"Ons het pas Internasionale Moedertaaldag gevier, wat ons weer eens daarop gewys het dat moedertaalonderrig van kardinale belang is vir optimale vordering deur leerders." Só sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van die DAK Netwerk.

 

 

Boeke en skrywers

 

Philip de Vos en Piet Grobler gesels oor Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes

Izak de Vries, Philip de Vos, Piet Grobler
Skrywersonderhoude

Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes is ’n bundel versies deur Philip de Vos met tekeninge deur Piet Grobler. Izak de Vries het met albei gesels.

 

 

Inter-review with Michelle Edwards, author of the novel Go away birds

Janet van Eeden, Michelle Edwards
Books and writers

Janet van Eeden interviews Michelle Edwards and also writes: "The novel is page-turningly good. The plot moves swiftly through the first-person voice of Skye, who is that most delicious of literary devices: an unreliable narrator."

 

 

’n Skeppie Kleur en karamel vir jou vrugteslaai

Anne-Marie Burger
Lesersindrukke

"Die waarheid is, ons voorgeslagte het vir ons gelieg! Om gay te wees, is so oud soos die mensdom self. Dit is maar net een aspek van menswees. As ek nie gay is nie, gee dit my geen paspoort om gay mense te veroordeel nie."

 

 

Maar wat word van al die leë rakke?

Jean Meiring
Boeke en skrywers

"Al die dag se verlekkering in die rykheid van Gray se boekery ten spyt, is dit soos ’n skoot yswater oor my wanneer ek sien dat Gray, wat in Oktober 2020 oorlede is, se private dokumenteversameling na die Harry Ransom-sentrum by die Universiteit van Texas is. Om by onder andere JM Coetzee se dokumente aan te sluit."

 

 

Promotion: The Blanket Tree books | Promosie: Die Kombersboomboeke

LitNet
Books and writers

The children’s picture book series The Blanket Tree books (Die Kombersboomboeke in Afrikaans), was written and developed during the time of lockdown by Hélène Ferreira. "Blanket" refers to these comforting, inclusive fantasies, modern-day fairy tales for everyone. The word "tree" signifies growth, learning, renewal and development.

 

 

Ja maar nee maar

Crito
Blogs

"As mens vir moeilikheid soek, koop net ’n tweedehandse Alfa. Só het ek nog altyd geglo."

 

 

Op die redakteur se lessenaar

 

Op die redakteur se lessenaar: 18 tot 25 Februarie 2022

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die jongste pasgepubliseerde boeke wat op die redakteur se lessenaar beland het.

 

 

Leefstyl

 

Teaterliefhebbers in Johannesburg byeen om kunstenaars te ondersteun

Melt Myburgh, Jean Meiring, Mike van Graan, Tendayi Dhure
Teater

Jean Meiring het teaterliefhebbers in Johannesburg onlangs in sy tuin byeengebring om STAND (Sustaining Theatre and Dance Foundation) te ondersteun. Mike van Graan het ’n toespraak gelewer waarin hy die verwoestende impak van COVID-19-inperkingsmaatreëls op die teaterbedryf belig het. Lees hier oor dié heerlike geleentheid en kyk na Tendayi Dhure se foto’s.

 

 

Adam Small-fees op Saterdag 26 Februarie 2022: ’n onderhoud met Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David
Feeste

"Alle lesings is gratis vir die publiek en vir boekliefhebbers. Natalia da Rocha se vertoning sal egter R50 kos vir haar musikale huldeblyk aan Adam Small."

 

 

’n Sprokie en ’n boek vir ’n hartskombuis (en ’n resep vir Karen se Repelsteeltjies)

Karen Hart
Kos en wyn

"En so het elk van die duisende kookboeke op my rakke sy eie komvandaanstorie. Ek mag miskien so ’n bietjie vergeet het, maar die oomblik wanneer ek ’n boek oopslaan, begin die hele storie weer voor my afspeel."

 

 

Toyota US Woordfees | Wenners van die eerste Klaskamer Radiodramakompetisie | Winners of the first Classroom Radio Drama Competition

LitNet
Toyota US Woordfees

"Daar is groot behoefte aan meer kontemporêre en korter radiodramatekste wat geskik vir gebruik in die klaskamer is." | "There is a great need for more contemporary and shorter radio drama texts that can be used in the classroom."

 

 

Breytenbach Sentrum-persverklaring: Grond, ’n groepsuitstalling van Cobus van Bosch en Estelle Marais

LitNet
Kuns

Die kwessie van grond was nog altyd ’n tameletjie in Suid-Afrika. Volgens Ampie Coetzee se boek ’n Hele os vir 'n ou broodmes het die kwessie rondom grond reeds in die dae van Jan van Riebeeck begin, soos opgeteken in sy dagboeke. Vandaar dus die inspirasie vir die tema. Opening: Saterdag 26 Februarie 2022 om 11:00.

 

 

Wen kaartjies na die Stellenbosch Craft-bierfees!

LitNet
Kos en wyn

LitNet, in samewerking met LK Mediabook en die Stellenbosch Craft-bierfees, gee 5 x 2 kaartjies weg na die Stellenbosch Craft-bierfees op 5 Maart 2022.

 

 

Press release: Eurydice, site-specific theatre

LitNet
Lifestyle and entertainment

"Eurydice will debut in an empty abandoned swimming pool in Cape Town city centre. The infamous myth is reimagined to focus on the journey of its heroine as the play deals with themes of love, loss, remembrance and reminiscence."

 

 

Press release: Cape Town Opera launches 2022 season

LitNet
Lifestyle and entertainment

At a glittering event at the V&A Waterfront on Thursday, 24 February 2022, Cape Town Opera announced a diverse, innovative and creative programme for 2022, encompassing both the artistic and educational.

 

 

Nuwe skryfwerk

 

Weer probeer

Kristy-Ann Kotzé
Poësie

"Soms gaan ek wen,
soms gaan ek verloor;
ek sal egter weer opstaan
en die wedloop van die lewe met ywer baan."

 

 

Vergetelheid

Jannie van Niekerk
Poësie

"’n Ou man loop alleen in die strate rond.
Saam met hom is net sy getroue ou hond.
Terwyl hy so eensaam deur die strate ronddwaal,
wens hy dat Liewe Jesus hom moet kom haal."

 

 

Keuses

Leona Conradie
Poësie

"my hart brand
om slimmer te wees
en generational curses te breek met kwalifikasies."

 

 

 

 

 

 



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

 

 

 

 

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved






This email was sent to bekkieburger777@gmail.com
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
LitNet · Jan Cats Building, Andringa Street · Stellenbosch, WC 7600 · South Africa

No comments:

Post a Comment