Tuesday, March 8, 2022

Nuut: Die wet van Gauteng deur Hannes Barnard


 





 

 

Hannes Barnard se aksiebelaaide debuutspanningsroman bied eg verweefde Suid-Afrikaanse intrige

 

 

 

Die wet van Gauteng

 

As jy in Suid-Afrika se politiek aan die top wil bly, het jy geld nodig. Dink jy mense stem omdat hulle in die kandidaat se visie glo? Nee, ou maat, die wet van Gauteng is ketjieng-ketjieng-ketjieng.

 


Kaptein Cindie McKelly, ’n forensiese spesialis van Randfontein Polisiestasie, word een oggend in Februarie na ’n misdaadtoneel in Kagiso ontbied. Daar vind sy die oorskot van drie slagoffers in ’n verwaarloosde klinkersteenhuis: Twee Somaliese vroue en een Suid-Afrikaner – laasgenoemde met ’n koeëlronde gat waar sy linkeroog behoort te wees.

Vroeg April ontvang Cindie ’n oproep van kaptein Awande Mhlanga, speurder in Parktown, oor drie moorde wat blykbaar ooreenstem met haar eie ondersoek. En ’n paar dae later vind hulle nóg ’n slagoffer met dieselfde modus operandi, op Muldersdrift. 

’n Taakmag word saamgestel om die Oogarts, soos die media na die skerpskutter verwys, vas te trek. Ten spyte van ’n onbekwame brigadier en ewig krimpende begrotings, begin Cindie en Awande geleidelik ’n komplekse netwerk ontrafel wat staatskaping laat lyk na swieties steel in die hoekkafee.

Die wet van Gauteng, Hannes Barnard se debuutspanningsroman, het ’n verweefde, eg Suid-Afrikaanse intrige: politieke faksiegevegte, aartskorrupsie én geldwassery. ’n Hoogs leesbare politieke riller, aksiebelaaid en meesleurend.

 

Oor die skrywer

Hannes Barnard is op 24 Augustus 1976 in Sasolburg gebore en matrikuleer aan die Hoërskool Dundee in KZN. Sy debuutroman, Halley se komeet, verskyn in 2019 by Wenkbrou, ’n druknaam van LAPA-Uitgewers. ’n Jeugroman, Wolk, verskyn in 2020 ook by LAPA, gevolg deur Roet in 2021. Hannes woon tans in Johannesburg en werk in verkope en bemarking.



Publikasiedatum: 25 Maart 2022
Prys: R310,00
Kategorie: Afrikaanse roman
ISBN-13: 9780798182379


Digitale-uitgawes

Prys R248,00
Epub ISBN: 9780798182386

* Prys onderhewig aan verandering

 


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

www.nb.co.za

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment