Wednesday, February 17, 2021

LitNet: Die tentakels van korrupsie

 

newslogo.jpg

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 837

17/02/2021


  Krities Afrikaans

 

LitNet: Die tentakels van korrupsie

 

Pasverskyn

Karoofossiele: Suid-Afrika se eerste landdiere


Skrywer: MA Cluver
Uitgewer:
Protea Boekhuis
ISBN:
9781485309857

"Suid-Afrika het ’n ryke rekord van prehistoriese diere en plante in verskeie rotsformasies. Hierdie boek bevat spesifiek inligting oor die Karoo se plek op ’n vroeëre, baie anderse planeet Aarde, sowel as die uitsterwings wat voorgekom het in die lang tydperk waarin die antieke Karoodiere die bewoners was van wat nou ’n groot deel van die hedendaagse Suid-Afrika is."

KaroofossieleSkuins.jpg

 

Menings

 

Reguit-met-Robinson_onderhoud-met-Stefanie-Fick_650_240x148_crop_7.png

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Stefanie Fick

Freek Robinson, Stefanie Fick
Onderhoude

Die tentakels van korrupsie is oral. Wat staan ons te doen? Freek Robinson gesels met advokaat Stefanie Fick van die Organisasie Teen Belastingmisbruik (OUTA).

 

 

Untitled-design-62_240x148_crop.jpg

ANC delenda est: Partydogma is onbestaanbaar met die Grondwet

Frederik Rudolph van Dyk
Seminare en essays

"Die ANC sal heeltemal moet ontbind en veroordeel moet word vir die onwettige misdaadkartel wat dit werklik is ... Vir die nasie om te leef, sal die ANC moet sterf."

 

 

armsrace650_240x148_crop.jpg

Jy is ’n belangrike deel van die nuwe wapenwedloop

Izak de Vries
Menings

"Aan die begin van 2020 het almal gedink dat ons COVID-19 een keer moet kry, dan is jy immuun daarteen. Toe begin talle mense ’n tweede keer positief toets. Hoekom? Anders as met die MIV, muteer COVID-19 baie vinnig."

 

 

badarguments_elsabe_240x148_crop.jpg

COVID-19: Verdraaide feite wat so vinnig soos ’n virus versprei

Elsabé Brits
Seminare en essays

"Hoe meer jy die leuens op sosiale media sien, hoe meer geneig is jy om dit te glo. Veral as dit deur emosionele taal en ’n menslike anekdote vergesel word. Almal verklaar dan dis waar. Dan is dit mos so."

 

 

marnibonthuys650_240x148_crop.jpg

COVID-19: die perspektief van Marni Bonthuys, ’n Suid-Afrikaner in België

Marni Bonthuys
Seminare en essays

"Die realiteit is egter dat niemand vorentoe jou ivermektiensertifikaat gaan vra nie. Inentingsertifikate gaan egter waarskynlik verplig word – in elk geval tot die meerderheid mense immuniteit teen COVID-19 het."

 

 

Covid19Hand_650_240x148_crop.jpg

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet
Menings

COVID-19: Kry die feite | Get the facts

 

 

vuurvreter_van_formaat_240x148_crop.jpg

’n Vuurvreter van formaat

Deborah Steinmair
Rubrieke

"Die mees onvergeetlike karakters is nie net dié wat my geïnspireer het om ’n beter mens te wees nie. Soms steek iemand in jou kop vas omdat hulle groter as lewensgrootte, te groot vir enige halfrond is."

 

 

slawernij_rijks_240x148_crop.jpg

Slavernij zindert overal na: spraakmakende tentoonstelling in het Rijksmuseum, Amsterdam

Herman Meulemans
NeerlandiNet

"De tentoonstelling Slavernij in het Rijksmuseum is spraakmakend en verrassend. Ze smeekt om te worden bezocht in deze vreemde tijd."

 

 

pyn650_240x148_crop.jpg

Pyn – die onderskatte moordenaar

Pieta van Deventer
Menings

"Indien jy ooit in ’n argument oor selfdood of genadedood betrokke raak, vra vir so ’n persoon of hy/sy al ooit in ’n dal van pynskaduwee was. ’n Mens kan nie ’n oordeel vel as jy dit nie al self beleef het nie."

 

 

Lizette-Rabe_gedig_blogs_240.png

Eers die vreugde, dan die droef: ’n Lykdig

Lizette Rabe
Blogs

"jy
die Man’s Man
roekelose recce
in ’n vorige lewe sou jy die Camel Man wees
aksieman
jy
wat so fiks en so sterk was?"

 

 

JC650_240x148_crop.jpg

Die Johan Combrink-gedenklesing: Maak vir elke kind lees die fokuspunt!

Izak de Vries
Menings

"Adams is passievol om te verseker dat alle kinders in Suid-Afrika ’n regverdige geleentheid tot kwaliteitonderrig ontvang. As opvoedkundige sielkundige en voormalige dosent aan die Universiteit Stellenbosch is hy betrokke by navorsing wat veral fokus op sosiale uitdagings soos armoede en geweld."

 

 

Haarpolitiek: Uit die Voertaal- en LitNet-argief

 

Jan_van_Riebeeck_public-domaon-wikipedia_650_240x148_crop_7.png

Clicks: Dis dié keer regtig Van Riebeeck se skuld

Hans Pienaar
Nuusvinke

"Dis Jan van Riebeeck en sy opvolgers se pruike wat die grondslag vir die Eurosentriese harebedryf in Suid-Afrika gelê het. Natuurlik is enige gesprek oor harekwessies op die verkeerde grond gestel as jy nie ook verwys na die skreiendhede van apartheid en sy potloodtoetse nie."

 

 

shirmoneyrhode240.png

Hare verskrik

Shirmoney Rhode
Rubrieke

"Gladde hare, together met Engels praat, is jou 'hoe om vijou gevaalik te hou' starter pack in die Kaap. Regtigwaar. Engels praat kan ek dalk nog verstaan. Dit kan jou moontlik help in jou werksplek of tricky situations. Maar lang gladde hare?"

 

 

240-Lynthia-Julius_uit-die-kroes.png

"Dis hartseer dat ek nie gedigte ten volle in Nama kan skryf nie"

Cliffordene Norton, Lynthia Julius
Skrywersonderhoude

"Mamma sê ek moet my kop nasien
(reguit maak; gladder, dunner, witter maak)
wie nog kroes is is aspris hoor ek
daar’s genoeg Dark & Lovely en Sunsilk
om die geskiedenis uit jou hare te vee
om jou te laat vergeet watter voorouers
by die wortels van jou hare deursingdans"

 

 

240Prinses-pampoenpit_Bianca-Flanders.png

"Ek wou die boek skryf wat ek nie as kind gehad het nie"

Cliffordene Norton, Bianca Flanders
Skrywersonderhoude

Prinses Pampoenpit se wilde, woeste krulle weier om getem te word. Cliffordene Norton gesels met die skrywer, Bianca Flanders, oor dié kinderboek wat deel in die debat rondom die dra van hare op ’n natuurlike manier.

 

 

Akademies en skole

 

LA_gesigsherkenning_fokusprent_240x148_crop_7.png

’n Toepaslike regsraamwerk vir geoutomatiseerde gesigherkenningstegnologie in Suid-Afrika

Barrie Gordon
LitNet Akademies (Regte)

"Die insameling en verwerking van sulke inligting moet aan streng vereistes voldoen, en die Suid-Afrikaanse stelsel bevat wél sulke bepalings, maar dit wil voorkom of die uitsonderings te wyd geformuleer is om op ’n sinvolle wyse menseregteskendings te verhoed."

 

 

LA_Linguistiese-kapitaal_fokusprent_240x148_crop.jpg

Die rol van linguistiese kapitaal in plattelandse hoërskoolleerders se opvoedkundige prosesse

Emma Groenewald, Aslam Fataar
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"In hierdie artikel fokus ons op twee leerders se vermoë om hul linguistiese kapitaal in die konteks van hul opvoeding so aan te wend dat dit ’n bydrae tot hul opvoedkundige prosesse kan lewer."

 

 

ontlaering_650_2021_geel-raam_logo_240x148_crop_7.png

Ontlaeringskollokwium 2021: Tweede oproep om voorstelle

LitNet
Akademies en skole

Weens Covid vind die 2021-Ontlaeringkongres aanlyn plaas. Waar die vorige jare meer op die letterkunde gefokus was, word hierdie jaar ewe veel aandag gegee aan die onderrig van Afrikaanse letterkunde en taalkunde en die pedagogiek in die algemeen. Voorstelle word tot en met 10 Maart 2021 ingewag.

 

 

place-names-650_240x148_crop_7.png

Press release: Sixth International Symposium on Place Names 2021 – second call for papers

LitNet
Akademies en skole

"Viewing place names as linguistic and cultural heritage artefacts, we need to consider what it means to document and use these alternative names. Not only are we interested in how these names come into being, but also the roles they perform in social dynamics."

 

 

LA_uitnodiging_2021.png

 

 

vraestelle-nuut-650_240x148_crop_7.png

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

 

 

ruimteman_tegnologie650-1_240x148_crop.jpg

Tegnologie, graad 7: Toets jou kennis – vraestel en memo

Jacques Horne
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 7 en draai jou kop aan die begin van nog ’n skooljaar wat deur die pandemie ontwrig word? Laat LitNet jou help om jou Tegnologiewerk baas te raak. Plaas jou skoolwerk in ’n wentelbaan van sukses. Laai hierdie oefenvraestel en memo gratis af.

 

 

ESTELLE-AGTERGROND-Vebruikerstudies_240x148_crop.jpg

LitNet-blokraai: Verbuikerstudies

Estelle Kruger
Notas, toetse en vraestelle

Verbruikerstudies leer leerders oor verantwoordelike en ingeligte verbruikersgedrag met betrekking tot voedsel, kleding, behuising, meublement en huishoudelike apparaat. Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.

 

 

Nou op Voertaal

 

Persbericht_ZAhuis_Taalunie_Jolyn-Phillips_Yves-Tsjoen_650_240x148_crop.jpg

Persbericht: Boeken uit het Huis (1) ‒ Jolyn Phillips en Yves T’Sjoen

Voertaal
Zuid-Afrikahuis

Op donderdag 25 februari 2021 start het Zuid-Afrikahuis in Amsterdam in samenwerking met de Taalunie met een serie maandelijkse presentaties van boeken op het gebied van de Afrikaanse literatuur, geschiedenis en biografie: "Boeken uit het Huis".

 

 

DBAL_650_240x148_crop.jpg

Lewende, gesaghebbende digitale biblioteek vir Afrikaanse letterkunde

Willem de Vries, Janien Linde
Interviews

Die ontwikkeling van ’n omvattende aanlyn bron oor alle publikasies wat oor die Afrikaanse letterkunde handel, is tans goed op dreef. Die projekbestuurder van die Digitale Bibliografie van die Afrikaanse letterkunde aan die Noordwes-Universiteit is die letterkundige Janien Linde.

 

 

Ent650_240x148_crop.jpg

Pierre Simond – Franse Hugenoot, Afrikaskrywer in Amsterdam gepubliseer

Dominique Botha
Geschiedenis

"Nagwake uit Afrika het dus ’n sonderlinge reis gehad, vanaf die Banghoekberge aan die suidpunt van Afrika in 1699, via Nederland, Warskou, en uiteindelik Sint Petersburg in Rusland, waar dit eers weer in 1997 weer opgeduik het."

 

 

KlokReelStop650_240x148_crop.jpg

Die Nederlandse aandklokreël deur ’n regter opgehef

Izak de Vries
In het nieuws

"Die aandklokreël wat aan die einde van Januarie in Nederland afgekondig is en soveel woede veroorsaak het, is enkele ure gelede deur ’n regter ongeldig verklaar. Dit moet onmiddellik opgehef word."

 

 

David_Van_Reybrouck_Revolusi_650_240x148_crop_7.png

Zij waren erbij: David van Reybrouck bezoekt de laatste ooggetuigen van de Indonesische revolutie

Ingrid Glorie
Actueel

"Tien jaar na Congo presenteert de Vlaamse schrijver David van Reybrouck opnieuw een vuistdik boek over het einde van het koloniale tijdperk. Dit keer gaat het over 'ons' koloniale verleden: de relatie tussen Nederland en Indonesië, het voormalige Nederlands-Indië."

 

 

entstof-covid19-650_240x148_crop_7.png

Suid-Afrika steeds opgeskeep met "nuttelose" entstof uit Indië

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Suid-Afrika sit op die vooraand van ’n massiewe landwye inentingsveldtog teen COVID-19 steeds opgeskeep met die een miljoen dosisse AstraZeneca-entstof uit Indië waarmee plaaslik niks uitgerig kan word nie."

 

 

regte_650_2_240x148_crop.jpg

Zondo wil Zuma tronk toe laat stuur

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die voorsitter van die staatskapingkommissie, adjunkhoofregter Raymond Zondo, sê sy kommissie gaan die Konstitusionele Hof vra om vir Zuma tronk toe te stuur as bevind word dat hy die hof se beslissing geminag het om voor die kommissie te verskyn."

 

 

masker-inperking-covid-pandemie-650_240x148_crop_7.png

Geen einde in sig van nasionale ramptoestand nie

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die meeste waarnemers sê Suid-Afrikaners moet soos die res van die wêreld besef die hele landskap van hulle bestaan het verander."

 

 

grondonteiening_suid-afrika_650_240x148_crop.jpg

Laaste pogings om onteiening sonder vergoeding te stop

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die wetsontwerp is in Oktober 2020 gepubliseer en aan die parlement en die relevante komitees voorgelê om die grondwetlikheid en mandate daarvan te bespreek. Die publiek kon kommentaar oor die wetsontwerp indien tot die oorspronklike sperdatum van 10 Februarie vanjaar, wat intussen verleng is tot 28 Februarie."

 

 

feeste-650_240x148_crop.jpg

Voertaal: Jou hoogtepunte

Voertaal
Nieuwsbrief

Hierdie is die eerste nuusbrief (Deel I) wat Voertaal se driejarige bestaan vier.

 

 

geverfde-gesig_650_240x148_crop.jpg

Voertaal: Jou hoogtepunte ‒ Deel II

Voertaal
Nieuwsbrief

Lees die tweede nuusbrief (Deel II) wat Voertaal se driejarige bestaan vier.

 

 

Boeke en skrywers

 

Rachelle-Greeff_fokusprent.jpeg_240x148_crop.jpg

Rachelle Greeff se mentorhart oop vir nuwelingskrywers

Melt Myburgh, Rachelle Greeff
Skrywersonderhoude

"Die laaste sewe jaar was Rachelle betrokke by die Breytenbach Sentrum se skryfskool in Wellington, en vanjaar sit sy haar begeleiding van belowende skrywers onafhanklik voort in ’n kleiner, intieme formaat."

 

 

vammelewe650_240x148_crop.jpg

Vammelewe se vuurstories vat vlam: Ware verhale uit Namakwaland deur Gert Sarrisam

Maryke Roberts
Resensies

"Die stories kan een-een gelees word, want ’n happie humor en meelewing elke dag is goed vir die siel. Of jy kan, soos my bejaarde pa, vir jou koffie maak, die karringmelkbeskuit nadertrek en pens en pootjies in die boek inval en lees asof die wêreld nie bestaan nie."

 

 

gladdestiltes_resensie_240x148_crop.jpg

Die gladde stiltes in glas deur Louis Esterhuizen: ’n resensie

Nini Bennett
Resensies

"In geheel gesien: Die gladde stiltes in glas is ’n kosbare – nee, noodsaaklike – toevoeging tot die poësieliefhebber se boekrak."

 

 

ronelda_kamfer650_240x148_crop.jpg

Ronelda Kamfer (1981–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

Ronelda Kamfer se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk. Ronelda skryf: "Poetry is vir my ’n vorm van self-expression. Om gepubliseer te word, is daarom nie dié belangrikste aspek van my digterskap nie, wél as iemand die gedigte lees en dit ’n emotional chord raak."

 

 

np-van-wyk-louw-650_240x148_crop.jpg

NP Van Wyk Louw (1906–1970)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Alleen dit: die kind swyg miskien, die skrywer kan nie swyg nie, juis omdat hy skrywer is. Hy kan saam lag, saam huil, hy kan kritiseer, selfs striem; saam juig en saam treur." Lees meer oor NP Van Wyk Louw se lewe en werk.

 

 

bib_klimtol_stede_240x148_crop.jpg

Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden: ’n leeskringbespreking

Chris van der Merwe
Boeke en skrywers

"’n Biblioteek is ’n simbool van die kunste, in sonderheid van die literatuur, as argief van ’n tyd en ook van die tydlose. Iets van hierdie droom word inderdaad verwesenlik in Die biblioteek aan die einde van die wêreld, wat soveel deernis en begrip in die karakterisering vertoon; dis ’n roman wat die volle werklikheid betrek – littekens en liefde, misdaad en verset."

 

 

karenbookofrules_karen_karin_240x148_crop.jpg

The Karen Book of Rules by Karin Schimke and Karen Jeynes: a book review

Louise Viljoen (JBay)
Books and writers

"Karin Schimke and Karen Jeynes, both award-winning writers, pull out all the stops in The Karen Book of Rules and have a field day unleashing unbridled wit, humour, satire, sarcasm, and numerous lists of dos and don’ts on their readers, presenting them with the choice 'to be a karen or not to be a karen'."

 

 

Taalmonument_Arabies_650_240x148_crop.jpg

Persvrystelling: Taalmonument vereer skrywers van nuwe Arabies-Afrikaanse werke | Taalmonument honours writers of new Arabic-Afrikaans works

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

Ter ere van Arabies-Afrikaans se bydrae tot die wording van Afrikaans, is die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) verheug om die top-twaalf inskrywings van die instelling se jongste skryfkompetisie uit te stal.

 

 

stoepstories650_240x148_crop.jpg

Persvrystelling: Mondelings bring skrywers op Stellenbosse stoep byeen

LitNet
Boeke en skrywers

Storievrate en smulpape kan uitsien na ’n reeks skrywersgeleenthede wat weekliks vanaf Maart op een van die mooiste stoepe in Stellenbosch aangebied word. Met sonsondergang op die Bolandse berge sal gaste in ’n intieme atmosfeer aansit saam met hul gunstelingskrywers.

 

 

febPRH650_240x148_crop.jpg

Nuut by PRH/LAPA | New books by PRH/LAPA

Penguin Random House South Africa
PRH/LAPA-Uitgewersportaal

Penguin Random House en LAPA deel hulle nuwe boeke vir Februarie 2021. | Penguin Random House and LAPA share their new books for February 2021.

 

 

Leefstyl

 

ESTELLE-AGTERGROND-kreatief_240x148_crop.jpg

LitNet-blokraai: Kreatiwiteit

Estelle Kruger
Leefstyl

Hierdie blokraai oor kreatiwiteit kan alleen ingevul word, of saam met iemand spesiaal. Die digitale weergawe kan jy direk op die skerm invul. Dit is interaktief – tik die antwoorde op die skerm van ’n rekenaar of slimfoon.

 

 

boekklub3_onderhoud_240x148_crop.jpg

Die Boekklub 3: ’n onderhoud met Louis Pretorius en Albert Snyman

Naomi Meyer, Albert Snyman, Louis Pretorius
kykNET Portaal

"Kringe in ’n bos is byvoorbeeld gekies omdat die eerste episode van die eerste reeks 'Susters van Eva' was en dit maar ’n hoedlig was vir tannie Dalene. Maar dit speel ook in op Tom se psige: die kringe wat hy bly loop."

 

 

Nuwe skryfwerk

 

Mondig_Louis-Esterhuizen_240x148_crop_7.png

dagboek

Louis Esterhuizen
Poësie

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Louis Esterhuizen se gedig hier.

 

 

Elma-de-Vries_op_rots_650_240x148_crop.jpg

ek staan op ’n rots tydens my vakansie

Elma de Vries
Poësie

"ek is vir ’n oomblik ekstaties
mens
in die sproei van ’n moerse golf
vry nou
kortstondig
van my stryd teen die kroondraervirus"

 

 

650-Boom-Canva_240x148_crop_7.png

Onaangeraak

Caren Kearley
Poësie

"ek sou eerder alles net so los
myself ook net so wou los
saam met my spoke en skadu’s onder ’n boom sit
en stil-stil asemhaal
tot alles om my verstof."

 

 

650-Pa-en-dogter-Canva_240x148_crop_7.png

Daddy Issues

Wilmarie Pekeur
Poësie

"Soos my pa wanneer hy by die voordeur uitsluip
Dronk terugkeer en ons almal se ma se goed vloek
En ek hom verwyt oor ek hom moet liefhê"

 

 

650-Kat-Canva_240x148_crop_7.png

Katmens

Jaco Fouché
Poësie

"Dit kom by my op
wanneer ek my bril neersit
en my elfuurtee drink
dat wanneer die kat deur die venster glip ..."

 

 

650-Plaas-Canva_240x148_crop_7.png

die oë van ’n boer

Donker Jonker
Poësie

"die oë van ’n boer
in rooi grond gewortel
in die blou van onse hemel vertak
is van dor kommermodder deurkraak"

 

 

650-Houthuis-Canva_240x148_crop_7.png

Dit wat mens nie kan kies nie

Corlie Liebenberg
Fiksie

"My oë vang die ruiker voor in die kerk. Dis vrolike blomme. Soos hy was. Hy het meer as een maal gesê dat wanneer hy eendag doodgaan, maak nie saak wat die oorsaak is nie, hy tog net nie wit blomme wil hê nie."

 

LitNet-Voertaal-Wie-is-ons.png

 



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

 

tuisblad_facebook200.gif

tuisblad_pinterest200.gif

tuisblad_twitter200.gif

tuisblad_instagram200.gif

 

 

KONTAK

mail.png[email protected]

phone.png021 886 5169

icon-facebook.pngicon-twitter.pngicon-youtube.pngicon-rss.png

nuusbriefborge.gif

© 2021 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

No comments:

Post a Comment