Wednesday, February 24, 2021

Toekomsmens Isa Konrad Lesersindruk

 

Met die eerste oogopslag is hierdie boek vreemd-anders. Met die dat ek myself hierdie jaar uigedaag het om nie links en regs te veroodeel nie, het ek nie gedink ek sou my vooropgestelde idees van kunsmatige intelligensie moet konfronteer nie. Wat ‘n ontnugtering! Nie net is my woordeskat op die proef gestel nie, maar my sienswyse van slim tegnologie is oor die afgrond van alle waarskynlikheid gedryf. Dit is maklik om hierdie verhaal van Kel de Jongh in 2057, en Agnus Baumer  in 1944 as wetenskapsfiksie te klassifiseer. Vir my was dit ‘n vuishou in my maag. Ek is nou nog disnis as ek aan die moontlikheid dink van ‘n robotregering. 

In 2020 het ons almal in die wereld wye web beland, hetsy vir vermaak, geselskap of inligting oor die jongste COVID19 statistieke. Whatsapp, Instagram,Twitter en slimfone is niks vreemd nie. Maar wat is die moontlikheid dat ons oneself gaan oorbodig maak in ‘n wereld van hierdie einste tegnologie? 

Isa Konrad het die gawe om heen en weer deur tyd en plekke te beweeg met absolute grasie. Ek het nie agtergekom dat sy my in ‘n oorlog in gaan laat lees nie. Aangesien ek ‘n sterk aktivis daarteen is, in my beperkte klein wereld, moes ek my idee van oorlog ook evalueer. Daar is oral bewyse dat die toekoms met kunsmatige intelligensie besaai is. Is ons gereed vir hierdie verandering? Ek weet nie of dit in my leeftyd sal realiseer nie, maar dit is nie te ver weg nie. 

Die pandemie het ons gedwing om na kuber-moontlikhede te gryp. CD’s word vervang deur geheustokkies en digitale musiek platvorms. Musica maak al sy musiekwinkels toe. Hierdie revolusie vergemaklik die lewe in alle opsigte, maar in dieselfde asem is dit ook heelwaarskynlik lewensgevaarlik. Ons is dalk te slim vir onsself. Emosies en siele word verruil vir produktiwiteit en geld. Die sogenaamde merk van die bees is nie so verregaande as wat ons dit sou wou afmaak nie. Dit is dalk nie die yslike 666 op jou voorkop getatoeër nie. Dalk die selfoon in jou hand? Ek dink nie die vraag is of dit gaan gebeur nie, maar eerder wanneer. Hoe gaan ek en jy ons plek in hierdie wereld van tegnologie regverdig? Is ons dalk oorbodig as gevolg van ons eie genialiteit? Miskien is Toekomsmens ‘n wake-up-call. Of is dit wetenskapiksie? Ek dink net dit sal heerlik wees om nie skottelgoed te was, of om die skottelgoedwasser te pak nie. Ek is egter nog nie gereed om die reuk van gesnyde gras en die klank van reën op my dak te verloor nie. Ek sal wel seker maak dat daar iewers ‘n sakkie geroosterde koffiebone weggesteek is. Miskien meer. Net vir ingeval.    

No comments:

Post a Comment