Friday, July 23, 2021

VivA bied aan: 'n taaldiens vir korporatiewe kliënte

 

View this email in your browser

In ʼn era van blitsvinnige, gedigitiseerde kommunikasie, het ʼn maatskappy gewoonlik net een geleentheid om ʼn kliënt se aandag vas te vang. Juis daarom bestee maatskappye baie geld aan die ontwikkeling van ʼn korporatiewe identiteit en professionele grafika, maar baie korporatiewe entiteite vergeet dat kliënte meer as ʼn mooi prentjie wil hê voor hulle in ʼn produk gaan glo.
 

 

 

Hedendaagse kliënte is kieskeurig, en hulle vereis harde inligting oor produkte en dienste. Sulke inligting word gewoonlik steeds in taal aangebied. Maatskappye moet terugvoer gee aan direkteure en beleggers, en hierdie inligting word steeds in ʼn teks verpak. ʼn Maatskappy wat met kliënte praat in skitterende prentjies en slordige taal, is soos iemand wat by ʼn uithanggeleentheid opdaag met duur aandklere en onversorgde vingernaels.
 

 

 

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans bied nou aan ons korporatiewe kliënte die geleentheid om korporatiewe tekste deur VivA te laat redigeer en vertaal. Hierdie professionele, betaalde diens vorm deel van Teksredaksieportaal, en word deur VivA se eie personeel onderneem.
 

 

Ons bied onder andere die volgende dienste:

  • Redigering van korporatiewe Afrikaanse tekste, insluitende briewe, AJV’s, agendas en notules
  • Vertaling van korporatiewe tekste uit Engels na Afrikaans
  • Redigering en vertaling van advertensiekopie
  • Redigering en vertaling van kontrakte, memoranda van ooreenkoms, bepalings en voorwaardes
  • Redigering van akademiese tekste, soos handboeke, artikels, verhandelings en proefskrifte
  • Redigering en vertaling van die inhoud van webblaaie en ander digitale koppelvlakke

Let daarop dat ons hoofsaaklik in Afrikaans werk, en dat ons vermoë om hierdie dienste in Engels te bied, baie beperk is.
 

 

 

Ons tariewe vir die diens is markverwant, en die proses behels ʼn formele ooreenkoms tussen VivA en die kliënt. Bepalings en voorwaardes geld.
Skakel met Marlie Coetzee, VivA se uitvoerende bestuurder, by navraag@viva-afrikaans.org om meer te wete te kom.

 

 

Twitter

Facebook

Website

LinkedIn

 

 

 

Ons e-posadres is:
navraag@viva-afrikaans.org






This email was sent to bekkieburger777@gmail.com
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
VivA · Cnr Surrey and Dover street · Randburg · Johannesburg, Gauteng 8000 · South Africa

No comments:

Post a Comment